Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het probeer om die meeste v/d bloed van die ou af te was.
Louis
Sien net een Kees met tande daar, oplet boet.
Freek
Het die ou geskiet terwyl hy reguit na my toe aangeloop gekom het, skoot (pyl) is effens na die linkerkant in, en tyssen die blad en ribbekas deur, ongelukkig nie vitals gekry nie, gelukkig was Krummel by en het ons hom so 1.2km van die plek hekry waar ek hom geskiet het, en was hy BAIE swak agv bloedverlies, het hom toe n genadeskoot gegee.
Beyers
Lyk kompleet of daai vark n lit inni middel het, met n paar extra bene.
Francois
Mooi lekker om vir kees te kry. Pel van my vra nou ander dag of ek al n bob karkas in die veld gekry het? Al karkasse wat ek al ooit gesien het was die wat ek geskiet het. Enige lig op dit?
Skiet nu die dag by n boer n klompie Hartebeeste uit, hy se die bobejane verniel sy pyplyne en waterinstilasies, en as ek van hulle raakloop moet ek kyk of ek n paar kan om kry, skiet toe ook twee naby n vee suiping. Tyd het my bietjie gevang en ek moes die volgende oggend my slagpale gaan haal, terwyl my slagmanne skoonmaak en oppak gaan ek kyk wat van die twee Kese geword het, ek kon geen een van hulle kry nie, sleepmerke vir ongeveer 20 tree by albei, en daarna niks. Redelik Jakkals spore opgemerk, maar dit was al, geen groot kat spore of iets dergliks.
Noem dit toe vir die boer toe hy verbykom, he se my hy skiet ook so af en toe een wat te naby aan die huis kom, en die karkasse is ook klokslag die volgende oggend weg, hy se van sy werkers se die Bobbejane kom haal hul maat in die aand. Ek glo nie, miskien iemand wat n verkaring hiervoor wil waag??
Mooi loop
Francois
Last edited by Francois Marais on Tue Jul 27, 2010 4:38 pm, edited 1 time in total.
Francois,
Ek het ook 'n groot trop bobbejane by my, terwyl ons skaap doseer eendag kom hulle af na die drinkplek en ek skiet een.
Na so 2 ure stap ek en voorman om hom te gaan haal, klomp bloed en sleep merke, maar kees het spoorloos verdwyn.
Sleepmerke was in rigting wat die trop padgegee het...
Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Ek het die ouer voorloper van hom, die Finepix S8100. Hy het n lens van 4.7 -84.2mm. Hy het ook die Makro en Super Makro funksies wat maak dat jy met dieselfde lens wat jy doer kan afneem, ook 10mm vanaf iets baie klein af kan afneem. Ek neem partykeer n mier af, dan zoom en net op sy poot in.
Vir iemand soos ek wat net mik en druk, is dit n baie oulikke kamera, en geniet ek hom baie, maar sal graag eendag een van daai oupa Canon's of Nikon's wil h? met so papperatsie lens.