Windheuwel.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Windheuwel.

Post by Hugov »

More manne.

Ek deel graag so paar kiekies van die naweek se jag.
Voor ons begin ek gaan my persoonlike fotograaf bietjie aantree oor al die gras in die fotos... Tjop!

Ons was 5 manne wat vrydag oggend 6:20 by die plaas uitgeslaan het, Petri Muller (marno) se broer het ons daar ingewag. Ons het gou seker gemaak almal is gemaklik met die roere en toe vat ons die pad. Oorspronklik op die lys was 2 SWB en 6 Blesse..... Het met 3 SWB en 9 Blesse huis toe gekom.

Ons het eers die 2 SWB gaan probeer vasmaak en ons het binne 45 min hule op die cruizer gehad
Ek het met my 416 Ruger gelaai met 350gr Barnes TSX gejag wat 2350 loop. En die ander manne met my 3006 gelaai met 180 gr Barnes TSX teen 2400.
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4164_zps1ac3b3e4.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4173_zps236b01e4.jpg[/image]
Daarna het my "kameraman" ;) ook sy deel gedoen met 2 mooi blesbokke!
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4196_zps98fd4eb6.jpg[/image]
Ons moes op paar skote mooi werk met die wind wat die 180 gr heelwat geskuif het.
My kleinboet het n bitter mooi skoot van 300m geskiet wat 2 voet voor die bles gemik is en mooi in die engine kamer gevang het.
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4186_zpsf7eebdd8.jpg[/image]
Ek was gelukkig genoeg gewees om na middag ete hierdie man te kon plat trek wat 17 en 7/8 duim gemeet het.
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4182_zps4d9c81ee.jpg[/image]
Ons het teen 2 uur die middag besluit om die roere te bere met 7 bokke in die koelkamer.
waarna ons so mini bigbore skiet gehou het.... die 400 gr Frontier game ranger praat mooi van n skietbankie af ;) Marno het die aand by ons aangesluit vir n braai en paar koues.

Die volgende oggend het ons wakker geword met n meer senior misbank wat nie vinnig sou skuif nie. My groot vriend Johnny sou net saamkom vir die kuier maar ons kon sy arm draai om n mooi bles ooi te kap in die mis, dit was n great skoot in taai omstandighede, hy het haar in die kuil gekap en ons het die barnes op haar boud uitgesny.
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4189_zpsa3006335.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4195_zpsbe5e5aa4.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/Barnestsx180gr_zps8a5bbc61.jpg[/image]
Die mis het teen so 10:30 pad gevat en kon ons die laaste paar bokke afhaal.
Ek het die mooi 16 duim wit bles met my 3006 geskiet. Eerste skoot met haar in 3 jaar en ek weet nou hoekom ek haar nooit sal laat gaan nie!
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4199_zps875b4fcb.jpg[/image]
Oppad terug kamp toe, het ek my boet gevra of hy n SWB vir sy verjaarsdag wil klop die man het nie lank gewonder nie, dit was sy eerste swb en daai glimlag gaan lank by my bly.
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w361/Hugovandenberg/IMG_4205_zps22c77afc.jpg[/image]
Dit was n woes lekker trip en ek sal verseker weer saam Petri en Marno hulle gaan draai by Windheuwel.

Groete H
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Windheuwel.

Post by Smiley »

Hugo, kan sommer sien julle manne het dit geniet. Geluk met prag diere.
stan man

Re: Windheuwel.

Post by stan man »

baie mooi jag en ek mis klaar die jaar se jag.

jou boet sal daardie eerste swb nooit vergeet nie.
my eerste swb was ook saam met my boet.dit was ook onbeplan,maar hy het liggies aan my arm gedraai en toe is die koei op die bakkie.sommige gebeurtenisse sal jy nooit vergeet nie.

baie geluk aan julle almal.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Windheuwel.

Post by Riaan Beeslaar »

Mooi gegooi Hugo
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Windheuwel.

Post by marno »

Hugo my maat julle is meer as welkom.

Ek wil ook net sê dit is bitter lekker om manne uit te vat wat kan gooi en kan "compensate" in baie sterk wind op redelike afstande.
Post Reply