Meteor Jag 2013

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
DanieDuP
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Thu Dec 13, 2012 10:34 am

Meteor Jag 2013

Post by DanieDuP »

Ek deel graag die hoogte punte van nog 'n baie suksesvolle jag by Meteor.

Ons is so groep van 10 mans wat probeer om elke tweede jaar saam te gaan jag in Suid Wes en dan die ander jaar 'n lekker Noord Kaap jag. Die jaar was dit weereens Namibië se beurt en ons het vertrek die laaste week van die skool vakansie om die manne wat nog op universiteit is te akkomodeer. Span van 10 in drie bakkies elk met venter-waentjie agterna het die oggend 5h gery van Somerset Wes in die weskaap.

Eerste dag lekker rustig gery en gebraai langs die pad en die aand sommer by Molopo lodge naby Askham oorgeslaap want die volgende dag gaan ons die Kgalagadi park bietjie besoek en skootpalsing bespreek op die gemsies en springbokke wat so mooi naby staan ;D . Was baie lekker dag in die park en ons was bevoorreg genoeg om leeus, luiperd, hyaenas en selfs kameelperde op te spoor, bo en behalwe nou die algemene wild.

Maandag oggend vroeg is ons in die pad vanaf Molopo tot by die Rietfontein grenspos sodat ons eerste in die ry kan wees by die grens. Alles goed verloop met permitte en gewere en ons stop voor 9h by Aroab gou vir koppie koffie en bietjie goedkoop Namibiese brandstof. Ons het so net voor 12 op die plaas Meteor aangekom nadat ons die sleutels by Tannie Brenda by die slaghuis gaan haal het en die verwerking van die vleis sommer met haar ook uitgeklaar het. Op die plaas het ons weer ietsie lekker op die kole gegooi en sommer paar koue's ook want ons sou eers die dinsdag begin jag aangesien die wind bietje geroer het. Dit het ons ook kaans gegee om gou lekker al die gewere in te skiet en sommer paar gongs op langafstand bietjie te tuister.

Dinsdag oggend is ons yt sommer net so toe dit daglig raak. Ek self was eerste aan die beurt want die my pa het nog nie kaans gehad vir jag die jaar nie en dit was al my 4de keer die jaar. Ook moes ek my broer bietjie raad gee aangesien dit sy eerste bok sou wees. Sommer vinnig vinnig in die kamp in en ons kry die gemsbokke. Die bokke is maar wild en wil gejaag word en man het nie lank kaans nie net soos dit hoort in die kalahari. Ek staan met die .270 gelaai met 130gr nostler partitions en die eerste skoot van die trip loop. Mooi agter die oor en my mombakkies is af.

http://i981.photobucket.com/albums/ae295/DanieDuP/602971_10152075049971562_1236073473_n_zps7ad2e199.jpg

Ongelukkig nou dragtigge koei gewees wat die PH nie vir ons uitgewys het nie, maar moeilkik om te sien so ver se hy, maar die bok was mooi gesond en lekker vet en swaar.

Van hier af het die jagtrip net goed verloop en amal kon hulle kwota vol skiet binne die eerste twee dae en ons het beplan om 4 dae te jag.... Ek het verder nog paar springbokkies gekry wat amal met die .234 en 87gr Vmaxe geskiet was. Moes een van die ander jaggroepe se kwesbokke ook verlos wat se voorbeen al af was maar glo my hy het gehardloop of daar nog niks fout is met hom nie.

Hierdie was my grootste ram vir die trip
http://i981.photobucket.com/albums/ae295/DanieDuP/602971_10152075049966562_699046289_n_zpsf40c1438.jpg

Hy het paar lan tone gehad van so in die sand hol
http://i981.photobucket.com/albums/ae295/DanieDuP/1075499_10151748353370280_1616672653_o_zps3a77c8c5.jpg

http://i981.photobucket.com/albums/ae295/DanieDuP/1072490_10151748353095280_309425518_o_zpsa6ef8043.jpg

Daar was ook tofee geskiet, moet se ek was lekker jaloers
http://i981.photobucket.com/albums/ae295/DanieDuP/1072474_10151748351880280_297271604_o_zps92cbf7f2.jpg

Die laaste twee dae kon ons lekker ontspan en wegkom van die ratrace en bietjie dinge doen soos sundowners op die duine, bietjie met die haelgwere speel en sommer net al die SA jagters lees wat ons nie by uitkom nie.

Hier volg paar fotos

http://i981.photobucket.com/albums/ae295/DanieDuP/1040252_10151748505560280_204810002_o_zpsfac310ab.jpg

http://i981.photobucket.com/albums/ae295/DanieDuP/1074746_10151748507860280_53760073_o_zps1012b9f1.jpg

http://s981.photobucket.com/user/DanieDuP/media/1074646_10151748355675280_2136717369_o_zpsa3d9353f.jpg.html

Was 'n baie lekker en suksesvolle trip sonder enige kwesbokke wat ek moet se nogal prestasie is aangesien meeste van die manne slegs eenkeer jaar jag selfs minder. Daar is min plekke wat my hart so rustig kan maak soos die kalahari en daai rooi duine.

Groete

Danie
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Meteor Jag 2013

Post by Beer (Christo) »

So Namibie jag is nog op my bucket lys!
stan man

Re: Meteor Jag 2013

Post by stan man »

dankie vir die deel.
en baie geluk.
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Meteor Jag 2013

Post by Sarel »

Klink na 'n lekker suksesvolle jag, en pragtige foto's
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Meteor Jag 2013

Post by KalahariKlong »

Dit lyk nou regtig lekker. Ek gaan vroeg vroeg my 2014 jag beplan...
Mooi gemaak.

Groete
KK
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Meteor Jag 2013

Post by Rfourie »

Lyk baie mooi
Waar is die plaas, kostes, kontakbesonderhede? Het hulle n website? Kan niks op die internet kry nie.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Meteor Jag 2013

Post by JPS »

Ja nee hy is op my bucket list ook.

baie geluk, mooi bokke daar, daai een gemsie het werklik lekker Laaaaaang spiese...

mooiloop
JP
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Meteor Jag 2013

Post by Marc »

Dankie vir deel, wat n lekker storie. Hopelik kan ek binnekort ook so jag mee maak :)

Geluk ook met julle prag bokke
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Meteor Jag 2013

Post by Smiley »

Pragtige wereld om te jag. Baie mooi bokke geluk.
User avatar
DanieDuP
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Thu Dec 13, 2012 10:34 am

Re: Meteor Jag 2013

Post by DanieDuP »

Rfourie

Jy het 'n pm
Post Reply