Nog n lekker trippie

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Nog n lekker trippie

Post by Heinf »

Hi Manne ..

Ek was gelukkig genoeg om weer n jag naweek te kon geniet saam twee van my goeie vriende.

Ons was die naweek van 19-21 Julie op n plaas in Thabazimbi omgewing en wereens kon ons baie lekker kuier en darem so bietjie suksesvol lood gooi ook.

Hier in so 4 foto's van die naweek.

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/014.jpg

Die varkie het met my .243 rekening gedoen en ek moet se die hornady 80grein gmx punte werk baie mooi. die vark is op n redelike lang afstand geskiet, 237meter met die range finder en die punt is deur die vark se blad been en ons het die punt onder die vel aan die ander kant van die nek gekry.

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/028.jpg

My tweede rooibok vir die seisoen en ek moet se my grootste een tot dusver. Hy word dan ook my eerste shoulder mount .

Vat maar gerus n raai op die horing lengte.

Ek plaas die volgende foto net om my skoot plaasing te wys. Het nie afstand gemeet van die skoot nie maar ek skat dit so 100m in die bosse in van waar ek die skoot gevat het. daar was geen "dup" of enige terugklank wat n raakskoot aangedui het nie en die spoorsnyer het gese dit was mis , maar ek ken ook mos nou darem al my 30-06 en ek weet hy skiet waar ek mik. so toe ek soostoe loop om te gaan kyk waar die bok gestaan het was daar n mooi duidelike bloedspoor. Jammer vir die bloed op die foto!

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/018.jpg

Die laaste pic het n net prober om n foto te neem wat n storie vertel. kyk maar en laat weet wat julle dink van die foto.

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/031.jpg
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Nog n lekker trippie

Post by FCLoretz »

Dankie Hein,

Mooi fotos dankie vir die deel.

Jou rooibok lyk naby aan 24,5"
Last edited by FCLoretz on Fri Aug 02, 2013 11:29 am, edited 1 time in total.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Nog n lekker trippie

Post by Swede »

Hugo

Mooi gedoen en geluk ;D

Indien jy 'n foto van die herwinde 80gr GMX het sal jy dit plaas. Watse lading het jy gebruik en wat was die vleisskade met die betrokke koel?
johank
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Tue Mar 19, 2013 7:42 am

Re: Nog n lekker trippie

Post by johank »

Wel gedaan. Daai 2de foto is regtig baie mooi.

Groete
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Nog n lekker trippie

Post by FHM »

Netjies Hein, dankie vir storie se deel ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Nog n lekker trippie

Post by 2vierniks »

Die skoot is perfek geplaas!
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Nog n lekker trippie

Post by LongWolf »

mooi man mooi.
henti
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon May 10, 2010 9:59 pm

Re: Nog n lekker trippie

Post by henti »

Mooi geskiet
stan man

Re: Nog n lekker trippie

Post by stan man »

mooi gegooi,en baie geluk.
die skootplasing is baie netjies op daardie 23.5duim rooibok
en die natuur is nogal mooi op die plaas waar jy gejag het.dit is vir my lekker om in so n digte boskaas te kan skiet. hier in die vrystaat is ons mos maar gewoond aan vlaktes.
Post Reply