Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Pappabeer »

Silent Hunting wrote:
Marc wrote:
Deeg wrote:Ek sal weer soos laasjaar maak en my kaartjies so in beseringstyd koop. Ek kry bonus die 13e Desember, sal dan betaal.
Ons het amper dieselfde plan, myne is oppad Jaco, byt net bietjie vas ;D

Cassie dis darem maar mooi daar by julle O0

Marc,

Dit is ongelooflik mooi in daardie wereld. Gaan heelmoontlik weer volgende maand bietjie kuier daar by Cassie.

Henk
Vat my saam asb
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Silent Hunting »

Cassie,

Onthou net, ek het die familie vir Des. So ons gaan 17 wees.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by cassie_calvinia »

daai is niks! ek slag net nog 1 by
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by douw »

henried wrote:
Eugene wrote:
cassie_calvinia wrote:manne
die eerste pryshet ongelukkig so 1 of 2 terms aan.
kom self tot hier.
jy eet wat ek eetjou vrou en kind welkom(ingesluit by kos) of 1 vriend
ribbok jag is bitter moeilik.
laat tenminste 3 dae tyd
die weer kan ek nie beheer nie.
ek sien uit na die wenner se koms!!
As ek julle wereld se mense reg onthou, sal dit in oormaat wees en die wenner kan hom regmaak vir skaaprib vir ontbyt, skaapbout vir middagete en skaaptjops vir aandete! Lekker tye! 8)
Klink na 'n lekker plek, "Geen Groente".... :laugh:
Geen groente, beteken seker ook geen hoender nie, maar saam alles kry jy gratis "gout" van al die lipleklekker vetjies!!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by cassie_calvinia »

nee nee nee!
ek darm nie so erg nie!
ek sit hoender op braaibroodjies, plaas van tamatie, en ander goed
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by douw »

cassie_calvinia wrote:nee nee nee!
ek darm nie so erg nie!
ek sit hoender op braaibroodjies, plaas van tamatie, en ander goed
saam met bacon gebraai in skaapvet!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Manne met al die bewyse van betalings wat ek tot op hede gekry het staan ons nou op R 16800 wat 336 kaartjies is die eerste 2 aansporingspryse het al base gekry en die volgende een 'n lekker bottel Whisky wat jy kan drink om die kampvuur as jy enige van die jagpryse wen is 39 kaartjies of R 2000 weg. Tot nou het daar 20 lede deelgeneem en vra ek die manne om mekaar aan te moedig en uit te daag.

Dankie vir elkeen se ondersteuning en onthou as jy bok op die grond wil he moet jy lood in die lug kry, koop jou kaartjie en kom in aanmerking vir hierdie prag pryse.

By die tyd moes almal wat tot dusver deelgeneem het al hulle nommers ontvang het, as jy nog nie gekry het nie kontak my gerus.

Groete
Jaco
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Silent Hunting »

Jaco,

Dankie, ek het my nommers gekry. Al wat ek weet is dat ek lekker gaan jag. Kom manne, koop julle kaartjies. Ons gaan groot.

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jean Marais »

Ek kan net by Jaco aansluit. Manne, hierdie gaan vir 'n baie goeie saak, en as kinders jou na aan die hart lê, gee dan jou ondersteuning. Dit gee net 'n baie klein ietsie van al die voorrregte en seen wat jy geniet aan 'n klompie kinders wat dit nie het nie. Jou bydrae gaan beslis 'n verskil maak.

Dankie byvoorbaat.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by roux cf »

Kom nou manne!

Om n bergskaap gratis te kan jag is n geleentheid wat min ouens ooit sal kry!!!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Beretta »

Ek stem sal nie nee se vir die een nie.
Beretta
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Jaco smaak my jy moet daai bergskaap jag uithaal en hom opveil, ><) gaan baie geld maak so!! :laugh:
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

PRYSE

Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.

Die jagpryse is as volg:

1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie n Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl

Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.

Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 9 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.

Troosprys trekkings:

Trekking 1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
Trekking 2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
Trekking 3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
Trekking 4 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
Trekking 5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
Trekking 6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
Trekking 7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
Trekking 8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrigue
Trekking 9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
Trekking 10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian

AANSPORINGSPRYSE

1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:

Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Beretta »

Blikkies manne hierdie pryse en kompetisie is seker die grootste in Afrika op hierdie stadium of sit ek dalk die pot mis.
Beretta
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by cassie_calvinia »

die ribbok jag gaan jt ook taamlik berge loop. ek self bok moet uitgedra word. plaas mense sal help, afhamgende van werk op plaas.
onthou, ek het nie so grand besigheid nie. maar net karoo.
HOU HOM DAAI DIKTE
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Beretta »

Cassie
Die grend tel nie maar die skaap op die rooster tel wel.
Beretta
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Chris Swart »

Kan ons nie die een 'n "sticky" post maak dat hy heeltyd bo bly nie?
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Pappabeer »

Dankie Jaco, het ook my nommers gekry.

Stuur maar die whiskey, ek het n lang dag gehad
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Piet Pille »

Pappabeer wrote:Dankie Jaco, het ook my nommers gekry.

Stuur maar die whiskey, ek het n lang dag gehad
Selfde diekant, dankie Jaco.

Ek voel soos jy pappabeer- kom ons span saam, dan gaan ons halvies-halvies met daai bottel as een van ons 2 hom vat. ten minste is die kans dan dubbeld so groot en more se hoofpyn helfte so klein ;) :)
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Carl »

Chris Swart wrote:Kan ons nie die een 'n "sticky" post maak dat hy heeltyd bo bly nie?
Stem met Chris.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Hierdie is 'n skrywe gerig aan die hoof van Loeriehuis, die sentrum waarheen die fondse hierdie jaar gaan en voel ek om dit hier te plaas om absolute deursigtigheid te verseker.

Middag Betsie

Jaracal is ‘n internet Forum http://www.jaracal.com/index.php waar jagters lede is en het ons jaarliks ‘n kompetisie wat net oop is vir lede van Die Forum vir die Jagter waar ons staat maak op borge uit die jagters gemeenskap vir die kompetisie waar lede dan kaartjies koop en per gelukstrekking die pryse kan wen. Elke jaar word daar dan op ‘n ander instansie besluit, hoofsaaklik jeugsorgsentrums en word 100% van alle kaartjieverkope uit die kompetisie aan so ‘n sentrum geskenk en hierdie jaar is Loeriehuis se beurt. Ons verwag niks van u of die tehuis nie behalwe dat hierdie kinders bederf word oor kersfees om dit ook vir hulle spesiaal te maak, ons weet dat geen geskenk hoe groot ookal kan opmaak vir die tekort aan ‘n eie gesin nie en veral in hierdie tyd is daardie gemis verseker groter. Ons versoek is dus net dat hulle spesiaal moet voel.

Soos telefonies bespreek is hierdie skakel na die insameling http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=135&t=26594 kyk ook na die volgende skakel waar daar besluit is op Loeriehuis.

Ons dank julle hartlik vir dit wat julle vir ons kinders doen.

Groete
Jaco Stander
082 494 5587
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Aangeheg, e pos ontvang van Loeriehuis:

Beste Jaco,

Baie dankie vir die e-pos en die wonderlike nuus van die skenking wat julle aan Loerie kinderhuis wil maak. Toe ek die e-pos vanmiddag lees was dit wonderlik om te verneem dat julle baie baie beslis begrip het vir die situasie veral rondom die feit dat net mooi niks kan vergoed vir die afwesigheid van ‘n kind se ouer/ouers in hull ewe nie! Dit het ek beslis deur die jare net meer en meer besef!
Maar ja, ons kan hulle maar bederf as mense soos julle oop harte het en veral oor die feestyd wat voorlê! Ons kinders is alreeds baie opgewonde oor die rustyd wat voorlê. Ons het ‘n pragtige groep kinders wat baie dankbaar is vir dit wat hulle ontvang!

Nogmaals duisend dankies want sonder die hulp en ondersteuning van mense vanuit die gemeenskap kan ons Loerie trustees en personeel nie in die nodige behoeftes van die kinders voorsien nie! Ek heg net ‘n kort bekendstellingsbriefie vir jul aandag aan.

Vriendelike Loeriegroete,
Betzy


Bekenstellingsbrief, is reeds voorheen ook op die draad gemaak maar hier is dit weer.

Wie dit mag aangaan,

Die Loerie Jeugsentrum is ‘n kinderhuis geleë te Bronkhorstspruit wat tans 34 minderbevoorregte kinders huisves. Ons onderhou en versorg ook nog 3 studente aan die Noordwes Universiteit (Pukke). Hierdie studente het hier in Loeriehuis groot geword. Ons onderhou dus 37 kinders in totaal. Al hierdie kinders se ouers is weens die ernstige ekonomiese agteruitgang van ons land nie in staat is om hul kinders self te versorg nie. Die kinderhuis is tot stand gebring met die doel om hierdie kinders uit huislike omstandighede te verwyder – omstandighede waar hulle nie net blootgestel is aan wanvoeding nie, maar ook ander gevare wat voortspruit uit swak sosio-ekonomiese omstandighede.

Die opvoeding van ons kinders is geskoei op sterk beginsels, dissipline en liefde. Hulle het so jonk as wat hulle nog is, ‘n blymoedige uitkyk op die lewe. Hul skolastiese vordering is vir die Trustees en die personeel van uiterste belang.

Die Loerie Jeugsentrum Trust is gedurende April 2000 gestig deur agt sakemanne en -vroue wat die welstand van hierdie kinders swaar op die hart dra. Die Trust is ‘n nie-winsgewende instansie en ontvang geen staatsubsidie nie. Gevolglik is die Trust self verantwoordelik vir alle lopende uitgawes soos verbandskostes, voedselvoorsiening, vervoer, lone ens. Die kinders is ten volle van die Loerie Trust afhanklik vir al hul behoeftes.

Dit is die oop harte van die gemeenskap wat ons in staat stel om hierdie kinders en student na behore te versorg, te klee en op te hef en derhalwe is ons afhanklik van skenkings, hetsy finansiëel of andersins om hierdie kinders na behore te voed, te klee en van die nodige lewensmiddele te kan voorsien. Sonder die hulp en ondersteuning van menses al ons nie in ons doel kan slaag nl.: OM ‘N VERSKIL IN ‘N KIND SE LEWE TE KAN MAAK NIE!

Met hartlike Loeriegroete.
TRUSTEES EN PERSONEEL
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13643
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Geno »

Daarsy! My naam is in die hoed!

Manne,
Die bergskaap jag saam met CF is verslawend hoor!
Verlede jaar se jag by hom was een van my lekkerste nog!

Kyk net hoe lekker:


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Slootskraal1/New_20121026_001033.jpg

https://fbcdn-sphotos-e-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash3/565_10151242310787996_688717653_n.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Slootskraal1/New_20121026_084817.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Slootskraal1/New_20121027_132512.jpg


En dan bosvarke en vlakvarke saam met Jaco Prinsloo van http://jrssafaris.co.za/


https://fbcdn-sphotos-g-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash3/644320_10151310584891994_961117097_n.jpg

https://fbcdn-sphotos-a-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash2/313418_10151310600711994_1773424125_n.jpg

https://fbcdn-sphotos-c-a.akamaihd.net/hphotos-ak-prn1/182402_10151310584011994_2139320404_n.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Nee man Geno, jy maak nie reg nie!!!! :'(

Koop manne koop... >:D
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

More

Hier is die skakel en foto van die Thwane Lodge waarvan Marius Barnard die eienaar is. Twane Lodge is die borg van 1 van ons jagpryse, 2 x Bwb Koeie, 2 X rooibok ooie en 2 nagte se verblyf vir 2 persone by hierdie Lodge.


http://www.thwanesafarisafrica.com/

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/PKP_0755_zpsb165b437.jpg

Ondersteun asb ons kompetisie en ons borge.

Groete
Jaco
Post Reply