Kameelperd jag
-
Marius Botha 10
- Full Member

- Posts: 110
- Joined: Mon Oct 24, 2011 3:20 pm
Kameelperd jag
‘n Ongelooflike ondervinding!!!
Dit het alles so vining en in die vreemste van plekke gebeur. Terwyl ek en ‘n advokaat vriend van my in die hof sit en wag om aangehoor te word, bespreek ons soos baie keer as ons by mekaar is, ‘n paar jagstories en wat ons nog graag eendag sal wil jag. My ondervindings met groot wild is baie meer beperk as vriend John sin. Hy het immers al ‘n buffel in Mosambiek gejag, ook ‘n leeu en luiperd en baie baie bokke oral oor in SA.
So vertel ek vir John dat ek ‘n jaar gelede ‘n geleentheid gehad het om ‘n buffel en ook ‘n kameelperd te jag, maar ongelukkig weens tyd en ook ‘n Ja- broer het dit nie gerealiseer nie. My droom is egter om dit nog steeds te doen en vertrou ek dat die tyd sal kom.
Vertel hy my mos dat hulle ‘n trofee kameelperdbul op die plaas het wat afgehaal moet word omdat die hierdie bul oud is en gevolglik die ander jonger bulle pla. Eers was ek nie regtig geinteresseer nie maar soos die gesprek verloop het my kop oortyd begin werk. So gebeur dit toe dat hy met sy pa bevestig dat die bul gejag moet word en bied my die eerste opsie. Prys was reg, ek was reg maar weereens was tyd ‘n probleem. Sou ek toe vir John sê - hou hom vir volgende jaar , dit is nou te warm ens. Die antwoord was eenvoudig “of jy kom jag hom nou of ek gaan hom jag”. Basies was my keuse vir my gemaak.
Ek het die geleentheid aangegryp en die beplanning het begin. Ek en vriend John reken toe, as synde ervare jagters, sal ons sommer self die slagwerk behartig en die kuip sny. Gelukkig het hierdie gedagte binne 2 ure gewyk nadat ons met ‘n paar ander manne gepraat het. John het die nommer van Chris van ACE Taxidermie vir my gegee en het ek met Chris gepraat. Reëlings is in plek gesit en hy sou toesien tot die slag- en kuipwerk.
Vrydag 27 Sept 2013 is ek, vriend John, my drie seuns en my pa Naboomspruit toe na John hulle se plaas. So teen 17h00 toe ons op die plaas kom was dit nog 31grade en het ons besef maklik gaan dit nie wees nie. Die volk het ons meegedeel dat die ou donker bul vir die laaste week nog nie gesien is op die bykans 1000ha nie. Ons moelikheid was geboek. Chris sou moreoggend 6h00 daar wees met sy span, dit is flippen warm en die bul moet dus vroeg gejag word en dit op 1000ha, sonder dat ons weet waar hy is.
Die aand om die braaivleis vuur het die ph wat ons sou vergesel nog ‘n paar dinge by my seker gemaak soos watter kaliber gebruik jy? Watter grein patrone skiet jy? Ken jy die skootplasing ? Op watter afstand sal jy gemaklik wees? Gaan jy omgee as ek skiet as dinge dalk sou skeef loop? Wel alles was reg en het die opwinding my so bloots gery dat ek skaars kon slaap. 5h00 was ons op en Saterdag 28 Sept sou ‘n groot dag word.
Van die volk is opgelaai en uitgeplaas op strategiese punte om die bul te probeer “spot”. Ons het baie vroeg die kameelperde gekry maar my bul was nie daar nie. Rondgery en later is spore gesien wat gemik het in die rigting van die berg. ‘n Spotter het ons geradio en gesê hy sien die bul bo in die berg. Ons het nader gery en is ek, John en die ph te voet die berg in. Ek het net gebid dat hy nie daar moet wees nie want dit sou moeilik gaan bo in die berg.
En so gebeur dit toe ook – daar staan hy. Hy weet nie van ons nie, die wind waai reg, alles is reg behalwe hy is in die berg. Ek het my roer opgetel en die 93 x 62 se Lynx het die bul nog nader gebring en nog groter laat lyk as wat hy werklik is. Die skoot moes net klap, maar toe begin die bul hardloop, so stadig en met grasie al verder van ons af weg, berg af. Ek was teleurgesteld en het gedink dit is alles verby - dit was my kans en ek het dit nie gebruik nie.
Ons het hom gevolg vir bykans 2 ure en net eenkeer amper weer ‘n skoot gekry.Gelukkig was dit bewolk en het die son weggebly. Ek was egter oortuig dit is nie hierdie bul se tyd nie. Hy het ons gewen.
Die volgende oomblik het een van die spotters ons weer geradio en gesê hy sien die bul en ook vir ons en ons is baie ver van mekaar af. Hy het voorgestel ons klim op die cruiser en ry nader. So gesê en so gedaan. Dit was 8h55 en ons was weer sterk op sy spoor en toe die verbasing – daar staan hy, in al sy glorie saam met al die ander kameelperde.
Die ph het nog gevra is jy reg? toe praat die 93 ‘n taal wat ek baie van hou. Die 286g Norma Oryx het die bul reg van voor in die bors, tussen die prominente knoppe gestamp teen ongeveer 2300 voet per sekonde, en dit alles oor ‘n afstand van +- 90 m. Ek kon sien dit het hom seer gemaak. Die ph het dadellik gesê “Hy gaan nou op sy g#$t val”. Hierdie bul het egter ander planne gehad en baie stadig begin draai en toe hy plankdwars staan hoor ek die ph - ” stamp hom weer” . Die 93 het weer gepraat en hierdie keer was dit duidellik dat daardie lorrie se handrem finaal opgetrek is. Hy het met grasie en in slow motion aarde toe geval.
My gebede is ook stilweg verhoor, want hierdie ou grote, wat oor die 800kg uitgeslag het, het geweet hy moes op plat aarde en net 20 tree van die pad val om alles perfek te laat uitwerk.
Ek was stom van verbasing en totaal oorbluf van die grootsheid van daardie oomblik toe ek langs die ou grote kon staan en die absolute guns en genade wat die Liewe Vader aan my geskenk het, so intens te kon beleef. Dankbaarheid en nederigheid wat ek met ‘n goeie vriend, my pa en al drie my seuns kon beleef en deel.
Waarlik ‘n ongelooflike en onvergeetlike ervaring. Nou wag die Buffel!!!!!!!!!!!
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20130928_092137.jpg?t=1384543813
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/3b317c6b-4d88-4863-be7d-7265ef475232.jpg?t=1384630343
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/DSCN0390.jpg?t=1384544102

Last edited by Marius Botha 10 on Mon Nov 18, 2013 9:18 pm, edited 1 time in total.
M Botha
.22 LR Anschutz
.222 Krico
.243 Brno
6.5 x 55 Howa
.308 Brno
.9,3x62 CZ 550
9mm Luger
410 Boito
12 GA Beretta
.22 LR Anschutz
.222 Krico
.243 Brno
6.5 x 55 Howa
.308 Brno
.9,3x62 CZ 550
9mm Luger
410 Boito
12 GA Beretta
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Kameelperd jag
Aitsa regte ou"stinker"!
regte roer gebruik vir die man! Geluk!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Kameelperd jag
Baie geluk Marius.
Die 9.3 maak mooi
Die 9.3 maak mooi
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kameelperd jag
Julle manne moet jul skrywerstalent gebruik en darem 'n storie bysit - selfs die foto kom nie hier by my uit nie. Vertel, vertel asb.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Kameelperd jag
Mnr Botha
Hartlik geluk met daai fantastiese troefee, daai knoppe op die gesig is regtig iets besonder
Ek het jou gese die manne gaan jou druk vir n groter storie - (mnre ons het Saterdag aand laat die fotos gelaai - storie vertel was laag op die agenda)
Ek is seker Marius sal julle kom inlig, sy drie seuns en sy pa het die uitstappie saam mee gemaak, ek was genooi maar die swottings het weer ingemeng

Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Kameelperd jag
Besondere bul baie geluk.
-
Marius Botha 10
- Full Member

- Posts: 110
- Joined: Mon Oct 24, 2011 3:20 pm
Re: Kameelperd jag
Naand manne,
Thanks vir die belangstelling ek hoop julle geniet my storie wat ek probeer vertel het.
Mariusr - Ja, dit was verseker 'n "stinker" ek het nooit geweet wat dit beteken of hoe dit werklik ruik nie, nou weet ek.
Stanman - Ek is bly om te kan se hulle was saam en net so bly hulle kon dit saam met my beleef.
DWB - Die 93 maak BAIE mooi.
tripodmvr - Ek hoop my storie wat ek nou saam met die fotos gepost het vertel die verhaal en dat jy dit sal geniet.
Hilux1 - Henk, wat kan ek sê "if you snooze you loose" Ons buffels wag!!!!!!!!!
Thanks vir die belangstelling ek hoop julle geniet my storie wat ek probeer vertel het.
Mariusr - Ja, dit was verseker 'n "stinker" ek het nooit geweet wat dit beteken of hoe dit werklik ruik nie, nou weet ek.
Stanman - Ek is bly om te kan se hulle was saam en net so bly hulle kon dit saam met my beleef.
DWB - Die 93 maak BAIE mooi.
tripodmvr - Ek hoop my storie wat ek nou saam met die fotos gepost het vertel die verhaal en dat jy dit sal geniet.
Hilux1 - Henk, wat kan ek sê "if you snooze you loose" Ons buffels wag!!!!!!!!!
M Botha
.22 LR Anschutz
.222 Krico
.243 Brno
6.5 x 55 Howa
.308 Brno
.9,3x62 CZ 550
9mm Luger
410 Boito
12 GA Beretta
.22 LR Anschutz
.222 Krico
.243 Brno
6.5 x 55 Howa
.308 Brno
.9,3x62 CZ 550
9mm Luger
410 Boito
12 GA Beretta
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Kameelperd jag
Baie geluk Marius. Voorwaar 'n trofee om op trots te kan wees!
- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
Re: Kameelperd jag
Baie geluk dis voorwaar n mooi bul. Dis al mooi swart bul.
Gaan jy n Shouldermount of Flatskin maak?
Gaan jy n Shouldermount of Flatskin maak?
-
Marius Botha 10
- Full Member

- Posts: 110
- Joined: Mon Oct 24, 2011 3:20 pm
Re: Kameelperd jag
E-Bird,
Hierdie is so 'n mooi bul dit sou 'n sonde wees om hom slegs as 'n flatskin te hê. Ek wag dus vir my shouldermount. Sodra ek hom gekry het sal ek weer 'n foto plaas.
Groete,