Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

henried wrote:Julle doen niks verkeerd nie! As dit is, is dit nie met opset, maar laat die die rekenmeester en Tax experts hier op antwoord.

Julle kan baie trots wees op wat julle regkry met die Kersfonds, en dit in 2 maande!
Sover my kennis strek, is daar geen wetlike beperking of voorskrifte vir wat ons doen nie. Ons is 'n vrywillige organisasie en die kompetisie is intern vir lede. Daar hoef niks geregistreer te word nie en die reels en trekking is deursigtig en onafhanklik.

Jean, stem saam met jou en Jaco rakende hierdie kompetisie. Jou woorde het my weer laat kyk na die ding. Maar ek stem ook saam met Robbie. Ek is gatvol verskoning gevra omdat ek wit is en nou ook omdat ek 'n jagter is. Ek gaan dit nie meer doen nie. Ek haat konflik, maar ek gaan nie meer my passie en belangstelling wegsteek omdat ek bang is idiote agter keyboards, gaan my kritiseer en beskuldig nie. #$%^# hulle! 8)

Ons moet nou net keer dat die anti-jag geveg nie hierdie draad oorneem nie. Begin eerder 'n nuwe draad daaroor indien nodig! :police: Byvoorbaat jammer vir my aandeel daarin! :-[
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jean Marais »

Eugene wrote: Sover my kennis strek, is daar geen wetlike beperking of voorskrifte vir wat ons doen nie. Ons is 'n vrywillige organisasie en die kompetisie is intern vir lede. Daar hoef niks geregistreer te word nie en die reels en trekking is deursigtig en onafhanklik.

Jy's 100% korrek hier.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Manne kom ons kom terug tot die punt.

Ons het R30 000 ampetelik verby gesteek en met die PM's wat ek reeds gekry het is ons al oppad na R 35000 toe en die volgende 6 bottels wyn wag daar op die eienaar van kaartjie 700.

Ek dink nie ek is verkeerd om te se hierdie is die grootste kompetisie wat ooit hier op Jaracal aangebied is tot datum nie. Daar is reeds saam met aansporingspryse 30 pryse en gaan ek nog vyf stelle roep CD's (1 van Louis102 en 1 van Jason) as pryse byvoeg. Die pryse huidglik te wen se waarde is rondom R 50000 en gaan hier baie gelukkige manne hier wegstap. Ek kan ook se dat hierdie kompetisie hier is om te bly en pryse vir volgende jaar is al in die pyplyn.

Aan al die borge 'n woord van dank en sal ek sodra ek kans kry hopelik vanaand nog fotos van pryse kom laai maar onthou dat elkeen van julle welkom is om hier te kom vertel van julle produkte.

Aan elke deelnemer, 50 sover, baie dankie vir julle bydrae, elkeen maak 'n verskil in hierdie kinders se lewens.

Die beplanning is dat die trekking in Pta gehou word en ons die trustees van Loeriehuis betrek by dit met klein funksie en oorhandiging van tjek, fotos en video sal gemaak word. Ons sal egter nader aan die tyd meer inligting deurgee.

Ons het werklik groot pryse hier, koop jou kaartjies en staan 'n kans om te deel daarin.

Groete
Jaco
User avatar
Jan Thuynsma
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Jan 09, 2012 4:54 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jan Thuynsma »

Jammer Jaco om die nou weer af te dwaal, maar ek voel met te veel publisiteit sal die fonds insameling 'n sirkus raak soos meeste ander insamelings, ek gee oor dit reg is en vir 'n goeie saak , ek soek nie erkenning of 'n hoeha daaroor nie.

As ons kan help dat die ontvanger van die geld meer bloodstelling kry sal kan goed of sleg beteken want dan kan hulle druk kry omdat hulle nie anderskleuriges toelaat nie. of hulle kan soveel additionele hulp kry dat hulle dalk nog so huis iewers anders kan begin o nog 'n paar kinders 'n geleentheid te bied wat hulle nie andersins gehad het nie.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by BRNO (Pierre) »

Jan Thuynsma wrote:Jammer Jaco om die nou weer af te dwaal, maar ek voel met te veel publisiteit sal die fonds insameling 'n sirkus raak soos meeste ander insamelings, ek gee oor dit reg is en vir 'n goeie saak , ek soek nie erkenning of 'n hoeha daaroor nie.

As ons kan help dat die ontvanger van die geld meer bloodstelling kry sal kan goed of sleg beteken want dan kan hulle druk kry omdat hulle nie anderskleuriges toelaat nie. of hulle kan soveel additionele hulp kry dat hulle dalk nog so huis iewers anders kan begin o nog 'n paar kinders 'n geleentheid te bied wat hulle nie andersins gehad het nie.
Ek was al by heelwat van die Loeries se fondsinsamelings, golfdae ens., en daar is geen manier dat hulle bekommerd is oor blootstelling nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

More

Ons staan tans op 621 kaartjies en die fonds op R 31550 nommers weg van die volgende wyn pakket af, kom ons maak 'n verskil.

Groete
Jaco
Last edited by Jakkalsgat on Fri Nov 22, 2013 7:56 am, edited 3 times in total.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Beretta »

Jaco
GO MY MAAT GO JY DOEN N GOEIE JOB
Beretta
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Triple2 »

Ek wag net vir SARS om ietsie terug te gee, dan sal ek 10% daarvan hierin bele!!
Groete
Devan
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Beretta

Dankie

Devan

Dankie vir jou deelname alreeds, as jy nog lood in die lig wil sit is ons dankbaar

Ek mis egter nog klomp name hier.

Groete
Jaco
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Hilux01 »

Nou ja daar is my tweede inskrywing ook gedoen...hou stuif duime vas :laugh:
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by tafjak »

Jaco

Jy mis my naam seker daar, ou agteros kom darem ook in die kraal. hahaha

Mooiloop en hou aan met die skitterende job van jou en die span!

Mooiloop
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Kom ons kyk vir 'n oomblik na van die produkte wat by ons borge beskikbaar is en begin ons met Jungle Julian wat verskeie pryse geborg het:

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/junglejulianskiettoerustinggongrame-001_zps8257d2f5.jpghttp://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/Junglejulianskiettoerustingwangstukke-001_zps656d455a.jpghttp://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/junglejulianskiettoerustingskietstoel-001_zpse96b0699.jpg

Julian baie dankie vir jou ruim bydrae

1 x Skietstoel
2 x Wangstukke
1 x 9mm reaktiewe teiken
1 x .22 reaktiewe teiken
1 x 150mm gong
1 x 200mm gong
gong staander

Manne ons vra ook ondersteun vir Julian sy produk is werklik van hoogstaande gehalte.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Smitstertjies »

Jakkals, weereens dankie vir jou onbaatsugtige werk.

Net so n klein storietjie. My dogtertjie (3 jaar oud) is in die kleuterskool hier in Bronkhorstspruit. Hulle is besig om elke dag te oefen vir hulle jaarlikse skoolskonsert. My vrou het gister skelm gaan loer terwyl die kleintjies op die verhoog oefen vir die groot dag.

Terwyl sy so agter die saal se muur uit loer sodat ons dogterjie nie agterkom haar mamma kyk vir haar nie, toe se sy pluk n klein handjie van agter aan haar rokspant. My vrou se dit was die mooiste blouoog dogtertjie wat toe haar aandag trek. Die dogtertjie vra my vrou of sy groot asb vir haar sal cheer as sy op die verhoog saam met haar maatjies in die konsert dans. My vrou se toe natuurlik. Die dogtertjie vra toe my vrou of sy die aand met die konsert spesiaal vir haar sal kom kyk. My vrou was effens stomgeslaan en se toe weer "natuurlik" My vrou vra toe die dogtertjie maar gaan haar mamma en pappa nie kom kyk nie? Die dogtertjie antwoord toe " Ek is n loerie kind tannie, ek het nie mamma en pappa nie"

Nodeloos om te se was my vrou gisteraand baie emosioneel toe sy die storie vertel. Sy se die loerie kind het gestraal op die verhoog toe sy saam met die maatjies kon dans en iemand nogals net vir haar kyk.

Die geld wat ons hier insamel sal nooit n mamma of pappa vervang nie, maar dit skep wel n geleentheid vir n kind soos die om in te skakel by n top kleuterskool en darem ook "wanted" te voel.

Groetnis

Martin Smith
Last edited by Smitstertjies on Sat Nov 23, 2013 10:13 am, edited 1 time in total.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Ons volgende borg is Monrique en hier is van sy beskikbare produkte.

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/IMG-20130605-WA0000_zpsfbc53e0d.jpghttp://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/20130323_085926_zps1da32cde.jpghttp://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/IMG-20130420-WA0003_zps155f442c.jpg

En die prys wat hy borg is 'n lapping tool vir teleskoopringe wat al baie mense se akkuraatheid verbeter het.

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/P1080060_zps558bc422.jpghttp://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/LappingTool_zps80b4a5df.jpg

Monrique is 'n verspreider van Burris teleskope en verskaffer van hierdie lapping tools en geweersakke, sy diens en produk is van hoogstaande gehalte.

Monrique, baie dankie vir jou borg.
Last edited by Jakkalsgat on Wed Nov 27, 2013 3:18 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Smitstertjies wrote:Jakkals, weereens dankie vir jou onbaatsugtige werk.

Net so n klein storietjie. My dogtertjie (3 jaar oud) is in die kleuterskool hier in Bronkhorstspruit. Hulle is besig om elke dag te oefen vir hulle jaarlikse skoolskonsert. My vrou het gister skelm gaan loer terwyl die kleintjies op die verhoog oefen vir die groot dag.

Terwyl sy so agter die saal se muur uit loer sodat ons dogterjie nie agterkom haar mamma kyk vir haar nie, toe se sy pluk n klein handjie van agter aan haar rokspant. My vrou se dit was die mooiste blouoog dogtertjie wat toe haar aandag trek. Die dogtertjie vra my vrou of sy groot asb vir haar sal cheer as sy op die verhoog saam met haar maatjies in die konsert dans. My vrou se toe natuurlik. Die dogtertjie vra toe my vrou of sy die aand met die konsert spesiaal vir haar sal kom kyk. My vrou was effens stomgeslaan en se toe weer "natuurlik" My vrou vra toe die dogtertjie maar gaan haar mamma en pappa nie kom kyk nie? Die dogtertjie antwoord toe " Ek is n loerie kind tannie, ek het nie mamma en pappa nie"

Nodeloos om te se was my vrou gisteraand baie emosioneel toe sy die storie vertel. Sy se die loerie kind het gestraal op die verhoog toe sy saam met die maatjies kon dans en iemand nogals net vir haar kyk.

Die geld wat ons hier insamel sal nooit n mamma of pappa vervang nie, maar dit skep wel n geleentheid vir n kind soos die om in te skakel by n top kleuterskool en darem ook "wanted" te voel.

Groetnis

Martin Smith

Dankie Martin,

Ek het nie veel meer as tyd en liefde om te gee nie maar soos Taffie eendag vir my gese het om so aanmekaar te gee is ook maar selfsugtig want hoe meer jy gee lyk dit vir hom hoe meer kry jy.

Dankie vir die deel ook van die ondervinding

Groete
Jaco
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

VAN LOVEREN

As aansporing is daar vir die eienaar van kaartjie no: 600, 700, 800 en 900 'n boks vol wyn met 3 bottels 2012 Chenin Blanc en 3 bottels 2013 Pinotage.

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/P1020735_zps7802ad9e-1.jpg

Dankie aan Marlene Pepler van Namaqua wyne in Bloemfontein
Last edited by Jakkalsgat on Sun Nov 24, 2013 8:38 am, edited 1 time in total.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Safari & Outdoor Pretoria

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/photo_zps8f4b06d6.jpg

R 500 geskenkbewys om jou las bietjie ligter te maak in hierdie winkel vir die goedjies wat ons so broodnodig het.

Ek glo hulle diens getuig van hul bereidwilligheid om daardie ekstra myl te stap vir die klient.

Dankie Stefan
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

CF Roux hierdie man gaan jou stap tot jy sout proe, in die berge en rante rondom Carnarvon sal jy kom werk vir 'n ram soos hierdie Barbarynse bergskaap.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/C86AE67A-0291-44E6-9875-326947A3C760-232-0000005F370AE0F3_zps779418ac.jpg

As jy al vir CF in aksie gesien het sal jy weet hy is nie verniet net sening want soos hy alles vir elke jagter gee wat saam hom jag kan dit nie anders nie. Meeste van ons droom net daarvan om so 'n skaap te jag en saam met CF in hierdie kompetisie kan dit vir 1 gelukkige kaartjie houer 'n werklikheid word.

CF baie dankie vir hierdie groot prys.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

PRYSE

Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.

Die jagpryse is as volg:

1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie n Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl
7) Blesbokjag, 1 x Blesbok, dagjag naby Carltonville, borg - Eddie Cik

Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.

Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 13 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.

Troosprys trekkings

Hiedie trekking geskied op presies dieselfde manier as Jagprystrekking en kan jy wenners kies in rangorde van trekking watter een van die pryse hy kies en weereens kan elke prys net eenmaal gekies word.

1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
4 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrigue
9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian
11 - Numenor Reflex Supressor - borg - Numenor - gereel deur G-Force
12 - Numenor gewone supressor - borg: Numenor - gereel deur G-Force
13 - Spotlight dimmer - borg: Pitsmit

AANSPORINGSPRYSE

1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die eienaar van Kaartjie 600 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
6) Die eienaar van Kaartjie 700 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
7) Die eienaar van Kaartjie 800 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
8) Die eienaar van Kaartjie 900 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
9) Die eienaar van kaartjie 1000 wen 'n jag by Kliplaat (springbok en Koedoe) manlike diere geborg deur Tafjak
10) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:

Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Piet Pille »

jaco- jy wil nie dalk 'n bemarkings-joppie hier by my oorweeg nie. Jy't sowaar 'n kuns om 'n man oortuig om maar daai beursie'tjie nader te trek! ;)

Dankie vir jou bereidwilligheid en moeite vir hierdie goeie saak! Jy't my met jou foto's al klaar weer laat twyfel of my klompie kaartjies genoeg is...
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/logo_zpsff41367e.png

Hier is die skakel en foto van die Thwane Lodge waarvan Marius Barnard die eienaar is. Twane Lodge is die borg van 1 van ons jagpryse, 2 x Bwb Koeie, 2 X rooibok ooie en 2 nagte se verblyf vir 2 persone by hierdie Lodge.


http://www.thwanesafarisafrica.com/

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/PKP_0755_zpsb165b437.jpghttp://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/kersfond%20borge/sl-7_993_730_zpsbcbb7514.jpg

Ondersteun asb ons kompetisie en ons borge.
Last edited by Jakkalsgat on Sun Nov 24, 2013 8:36 am, edited 1 time in total.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Pieter Vorster wrote:jaco- jy wil nie dalk 'n bemarkings-joppie hier by my oorweeg nie. Jy't sowaar 'n kuns om 'n man oortuig om maar daai beursie'tjie nader te trek! ;)

Dankie vir jou bereidwilligheid en moeite vir hierdie goeie saak! Jy't my met jou foto's al klaar weer laat twyfel of my klompie kaartjies genoeg is...
Pieter

Mens kan dit dalk net oorweeg

Groete
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Borge

Sttur asb vir my fotos as julle wil he moet julle goed plaas hier Cassie, Robbie, Berkeley, Ge en al die ander wat ek mis.

jacostander@telkomsa.net

Groete
Jaco
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by tafjak »

Jaco

Wonner of dit moontlik is om die rekening nommer en rek naam bo-aan die bladsy te hou.

Help nie jy vra my nie, ek kan nie eers link plaas nie

Mooiloop
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Bankbesonderhede

E Harmse/Jaracal Kersfonds
FNB Wilkoppies
Rekeningno: 6243 721 2179
Takkode: 250-053


Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking
Post Reply