Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Wie dit mag aangaan,

Die Loerie Jeugsentrum is ‘n kinderhuis geleë te Bronkhorstspruit wat tans 35 minderbevoorregte kinders huisves. Ons onderhou en versorg ook nog 3 studente aan die Noordwes Universiteit (Pukke). Hierdie studente het hier in Loeriehuis groot geword. Ons onderhou dus 38 kinders in totaal. Al hierdie kinders se ouers is weens die ernstige ekonomiese agteruitgang van ons land nie in staat is om hul kinders self te versorg nie. Die kinderhuis is tot stand gebring met die doel om hierdie kinders uit huislike omstandighede te verwyder – omstandighede waar hulle nie net blootgestel is aan wanvoeding nie, maar ook ander gevare wat voortspruit uit swak sosio-ekonomiese omstandighede.

Die opvoeding van ons kinders is geskoei op sterk beginsels, dissipline en liefde. Hulle het so jonk as wat hulle nog is, ‘n blymoedige uitkyk op die lewe. Hul skolastiese vordering is vir die Trustees en die personeel van uiterste belang.

Die Loerie Jeugsentrum Trust is gedurende April 2000 gestig deur agt sakemanne en -vroue wat die welstand van hierdie kinders swaar op die hart dra. Die Trust is ‘n nie-winsgewende instansie en ontvang geen staatsubsidie nie. Gevolglik is die Trust self verantwoordelik vir alle lopende uitgawes soos verbandskostes, voedselvoorsiening, vervoer, lone ens. Die kinders is ten volle van die Loerie Trust afhanklik vir al hul behoeftes.

Dit is die oop harte van die gemeenskap wat ons in staat stel om hierdie kinders en student na behore te versorg, te klee en op te hef en derhalwe is ons afhaklik van skenkings, hetsy finansiëel of andersins om hierdie kinders na behore te voed, te klee en van die nodige lewensmiddele te kan voorsien. Sonder die hulp en ondersteuning van menses al ons nie in ons doel kan slaag nl.: OM ‘N VERSKIL IN ‘N KIND SE LEWE TE KAN MAAK NIE!

Met hartlike Loeriegroete.

TRUSTEES EN PERSONEEL
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Stefan764 »

Jaco

Baie dankie vir jou en jou span se effort hiermee. Kan nie veel meer as dit se nie.

Die manne wat nogi n kaartjie gekoop het nie, asb, dit gaan net vir n goeie doel. Of dit R50 of R5000 is, gee net, daar is geen beter geskenk wat jy as mens ontvang het nie. Die geskenk om te KAN GEE!!

Dankbare Kersfees Groete
Stef
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Fanta300 »

Waar trek die fonds nou?

Met almal wat bonuse gekry het ++>: behoort ons nou al naby R100 000 te wees :o
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Marc »

Stefan764 wrote:Jaco

Baie dankie vir jou en jou span se effort hiermee. Kan nie veel meer as dit se nie.

Die manne wat nogi n kaartjie gekoop het nie, asb, dit gaan net vir n goeie doel. Of dit R50 of R5000 is, gee net, daar is geen beter geskenk wat jy as mens ontvang het nie. Die geskenk om te KAN GEE!!

Dankbare Kersfees Groete
Stef
Mooi gestel Stafan ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

More

R 57 450 is waar ons vandag staan en sal ons nog 2 pryse vandag byvoeg.

Groete
Jaco
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

R58 250 and still going!

Kaartjie nommer 1204 sal die wenner wees van 'n Blesbok te jag tussen Smithfield en Edenburg geskenk deur Henry 7
Pikkie
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Fri May 14, 2010 4:15 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Pikkie »

Jaco

Ek het ook nou inbetaal en vir jou gemail.

Pikkie.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

R60 750 die Blesbok het 'n baas.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Pikkie

Dankie ek het gekry.

Groete
Jaco
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

LOERIEKLUBBRIEF
KERSGROETE 2013

Dit is voorwaar met harte vol dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader en elke donateur van Loerie, waarmee ons die jaar 2013 kan afsluit! Dat ons weereens kan getuig dat hierdie, net soos al die jare sedert die ontstaan van die kinderhuis, ‘n wonderlike, geseënde jaar was!Ons kon elke dag net sien en beleef hoe die Vader deur mense werk om met opregte liefde die lewe vir die kinders van LoerieJeugsentrum, makliker te maak.

Ons versorg op hierdie stadium weer 38 kinders nadat Audrey en Kelly-Ann Goosen asook klein Maxi Kok weer by ons terug is. Dit is altyd hartseer as ouers hul kinders uit Loerie neem en ons hulle na ‘n paar maande weer moet in neem. Die kinders ervaar dan weer verwerping maar is dan baie, baie dankbaar as ons hulle hier met ope arms ontvang en versorg.

Die kinders was almal pragtig hierdie jaar en het goeie samewerking gegee. Dit is altyd ‘n riem onder die hart wanneer ons moet hoor dat ons kinders werklik baie mooi maniere het en goed gedissiplineer is. Daar word beplan om die Loeries gedurende die eerste week van die vakansie na die warmwaterbron, Die Oog te neem. Die kinders sien al geweldig daarna uit en kan nie meer wag vir ‘n welverdiende vakansie nie! Dit is die oopharte van ons loerie vriende wat dit vir hulle moontlik maak om te kan gaan.

Ons het hierdie jaar twee matrikulante gehad wat beide agtjaar reeds deel van die Loeriegesin was. Ons het reeds afskeid geneem van Natasha Twiddy wat besluit het om by haar pa, wat ‘n Britse burger is, aan te sluit en haar loopbaan dus in Engeland te begin. Ons het ook met dankbaarheid verneem dat Hilderette Soër volgende jaar Junie haar opleiding in verpleging kan begin en daarom sal ons dan vier Loerie studente hê wat van ons hulp afhanklik is. Hierdie geleentheid was beslis ook net moontlik gemaak met die hulp van een van ons dierbare donateurs!
Alhoewel Hilderette se studies deur ‘n beurs wat die betrokke hospitaal haar bied, betaal sal word, sal sy nog steeds van Loerie afhanklik wees vir finansiële ondersteuning vir behuising en vervoer aangesien sy nie meer ouers het nie.



Met ons drie Pukke studente het dit ook weer baie goed gegaan die afgelope jaar en hulle eksamen uitslae lyk baie, baie goed. Hulle werk al drie baie hard juis omdat hul baie dankbaar is vir die geleentheid wat Loerie hulle bied en wat slegs deur die oopharte van ons donateurs moontlik gemaak word. Dit is bykans ongelooflik dat Jean en Sunet nou alreeds vierde jaar student is en dus teen die einde van volgende jaar hul studies sal voltooi. Weereens sou ons hierdie Loeries nie kon ondersteun sonder die finansiële ondersteuning van ons donateurs nie.

Ons wil afsluit deur u te verseker dat dit werklik moeilik is om deurmiddel van die nuusbriefie sekere mense uit te sonder om te bedank.Elke donateur en elke skenking, hoè groot of hoè klein is vir ons ewe belangrik! Ons wil dus langs hierdie weg gaan ‘n ieder en ‘n elk wat deel uitmaak van die groep mense wat ‘n verskil in hierdie kinders se lewens help maak, weereens hartlik te bedank vir èlke skenking, èlke verjaarsdaggeskenk, kersgeskenke, sakgeldjies, besoeke en bowenal vir soveel liefde wat al die Loeries deur die afgelope jaar van u ontvang het! Ons dank ons Hemelse Vader elke dag vir mense soos u!

Vriendelike Loeriegroete,

TRUSTEES, PERSONEEL EN AL DIE LOERIES
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by cassie_calvinia »

weet die manne by loerie al waar staan die bedrag?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Marc »

cassie_calvinia wrote:weet die manne by loerie al waar staan die bedrag?
Glo nie Cassie, dink dit moet n verrassing wees :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by cassie_calvinia »

hulle is in vir 'n moerse surprise! wat dink jy verwag hul? R5000? R10 000?
wens ek kon by wees as hulle die tjek kry!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Marc »

Hy sal moet video neem en kom plaas ;D
Last edited by Marc on Fri Dec 06, 2013 11:38 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Johan04 »

More Jaco

Ek het sopas ook n ietsie in gegooi.

Groete

Johan
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Bankbesonderhede

E Harmse/Jaracal Kersfonds
FNB Wilkoppies
Rekeningno: 6243 721 2179
Takkode: 250-053


Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking
Beretta se dogter1
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Wed Dec 04, 2013 8:01 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Beretta se dogter1 »

Ek wil net baie, baie dankie se vir julle almal wat julle harte oop mak en my kersfees droom waar mak vir die tweede jaar in n ry.
Ek het laas jaar die abraham kriel kinderhuis se kersfees wens lysie gekry en dit vir my pa (beretta) gestuur. My pa is my absolute hero en hy weet hoe na aan die hart sulke dinge vi my is. Hy het kontak gemak mt Jaco. Dankie aan Jaco wat tyd uit dag vat en alles ko-ordineer.
Julle is amazing. My aanstaande skoonpa se hart is ook altyd oop en ek wil nt vi hom ook dankie se dat hy bereid om di jag te skenk.
Mag julle almal n wonderlike, geseende feestyd he.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

Kom manne, daar is nog minder as 10 dae oor van hierdie kompetisie! Koop julle kaartjies voor julle vergeet!
Aim small, miss small
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Eugene

Jy is heeltemal reg , tyd loop uit!

Groete
Jaco
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by cassie_calvinia »

ek hoop ek wen die ribbok jag!!!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Mooi Cassie
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

cassie_calvinia wrote:ek hoop ek wen die ribbok jag!!!
Ek gee nie om wie daai jag wen nie, maar ek gaan saam met die wenner vir daai gebraaide skaapnek! ;)
Aim small, miss small
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Carl »

Eugene wrote:
cassie_calvinia wrote:ek hoop ek wen die ribbok jag!!!
Ek gee nie om wie daai jag wen nie, maar ek gaan saam met die wenner vir daai gebraaide skaapnek! ;)
Eugene ek ry deur Hartebeesfontein oppad Calvinia toe! Ek sal jou daar by die N12 aansluiting oplaai ;) ;D
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

Carl wrote:
Eugene wrote:
cassie_calvinia wrote:ek hoop ek wen die ribbok jag!!!
Ek gee nie om wie daai jag wen nie, maar ek gaan saam met die wenner vir daai gebraaide skaapnek! ;)
Eugene ek ry deur Hartebeesfontein oppad Calvinia toe! Ek sal jou daar by die N12 aansluiting oplaai ;) ;D
Laat weet net wanneer en hoe laat, ek wag daar! En my vrou maak regtig die lekkerste padkos.... ;)
Aim small, miss small
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by DWB »

Eugene wrote: Laat weet net wanneer en hoe laat, ek wag daar! En my vrou maak regtig die lekkerste padkos.... ;)
Eugene, dis asof jy die laaste sinnetjie nou vir interpretasie oop gelaat het..? :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply