Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Ratel »

Hierdie is maar menslike verskille wat ons elke dag mee te doen kry tydens gesprekke. Of jy nou in die kooperasie met 'n klomp ouens gesels of by die jagters vergadering om die vuur staan. Dit wat hier op hierdie draad gebeur is maar die menslike natuur. Ek het die ouens al opgesom in die volgende kategoriee.
Die slim janne - vir hom kan jy niks vertel nie en gewoonlik is dit die ou wie hardste praat sodat almal in die gesprek darem MOET hoor van sy onuitputbare kennis. Hulle raak al hoe slimmer na 'n paar wes germaanse bruisdrankies.
Die naafgatte - Hulle ken jy uit deurdat hulle met almal se idees verskil soms sonder dat hulle self weet hoekom hulle nou eitlik nie van 'n idee hou nie. Gewoonlik ook negatief oor alle voorstelle.
Die kaksoekers - Hy sal by 'n gesprek gaan inmeng waarvan hy nie deel was nie net om verder te stir en stront te soek. Ek praat nou nie van op 'n gesonde wyse humoristies wees nie. Hierdie is die ou wie hom uit die voete maak sodra die stront spat.
Die tweegat jakkals - Hulle is volop en sal heelhartig met jou sienswyse saamstem totdat jy die gesprek verlaat en dan jou sleg se en afkraak.
Die eie ek ook bekend as "when we" Hierdie is 'n pyn in die gat want hulle praat net oor hulle self en gee nie 'n flenter om of hulle ander verkleineer, verneder of aanstoot gee nie. Aan so 'n perd is daar nie salf te smeer nie. Almal moet alles doen volgens hulle standaarde anders is daar perde.

Dan is daar ander redelik normale mense wie gelukkig in die meerderheid is en wie maar op die harde manier geleer het om verby te hou by bogenoemde. Ek skat elke ou weet maar waar pas hy in die prentjie.

Ek het by die forum aangesluit omdat ek graag wil leer by manne wat weet. Ek moet se ek leer by almal baie selfs van bogenoemde. Hierdie is 'n bakgat forum en ek hoop nie dit raak soos baie ander forums waar die een niks gun vir die ander nie.

lewe en laat lewe.
Maak 'n verskil
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by PWV »

Geen mens of dit wat hy doen of sê is bo kritiek verhewe nie.
Ek aanvaar die kritiek van baie van die forum-lede.
Daarom vra ek onvoorwaardelik om verskoning.
Die blatante beledigings van sekere persone het egter bly vassteek en dit sal maar moeilik verwerk word.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Eugene »

In die lig van hierdie topic en al die Luke Watson-posts hierbo, wil ek graag ietsie in julle midde los vir nadenking....

As jy verlede seisoen 'n bok of 3 gekwes het en gevind het jou tegniek en oefening is nie reg nie, wat doen jy? Gaan steek jy kers op by manne wat dit reg doen, verbeter jou toerusting en oefen bietjie jou skietposisies, of neuk jy maar aan op jou "verkeerde weë" en maak seker dat jou mede-jagters opkom vir jou gebrek aan voorbereiding, moeite en versuim om jouself te verbeter. Is dit ok om maar te sê: Nie almal kan reguit en akkuraat skiet nie en ek is nie bereid om bietjie moeite te doen nie, so verlaag asb julle persepsies en uitkyk vir my! Hoe voel ons oor sulke "jagters" en wat meer is, hoe voel boere oor sulke jagters?

Strewe ons almal hier, nie maar tog om onsself te verbeter nie? Wil almal hier nie tog maar beter skiet, verder skiet, beter jakkalse inroep en meer een skoot doodskote skiet nie?

Dink nou bietjie oor manne wat net versuim om hulle spelling en gebruik van leestekens te verbeter. Verskil dit regtig van bovermelde......

Asseblief, nie 'n stortvloed verskonings en aanvalle nie, is daar werklik 'n verskil? En is dit te veel gevra dat iemand strewe om homself te verbeter? Myself inkluis....
Aim small, miss small
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Marc »

Pieter Willem Vorster wrote:Geen mens of dit wat hy doen of sê is bo kritiek verhewe nie.
Ek aanvaar die kritiek van baie van die forum-lede.
Daarom vra ek onvoorwaardelik om verskoning.
Die blatante beledigings van sekere persone het egter bly vassteek en dit sal maar moeilik verwerk word.
Oom Pieter, Oom mag nie Oom se misnoë met een, uithaal op 'n ander nie. Oom se visier is op onskuldige mense gerig...skiet die wat dit verdien ><)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by PWV »

Marc wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Geen mens of dit wat hy doen of sê is bo kritiek verhewe nie.
Ek aanvaar die kritiek van baie van die forum-lede.
Daarom vra ek onvoorwaardelik om verskoning.
Die blatante beledigings van sekere persone het egter bly vassteek en dit sal maar moeilik verwerk word.
Oom Pieter, Oom mag nie Oom se misnoë met een, uithaal op 'n ander nie. Oom se visier is op onskuldige mense gerig...skiet die wat dit verdien ><)
Wat jy hiermee bedoel, is nie vir my duidelik nie.
My brein het nog nie, volgens sekere manne, volwassenheid bereik nie. Hoop dit gebeur voor 80.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Jakkalsgat »

Piet-Skiet

Piet ek het jou uitgesonder in een van my "replies", ek is werklik jammer dat ek jou persoonlik, hier voor almal verneder het deur te se jy spel soos 'n Graad 1 kind. Dit was onvanpas en nie opbouend teenoor jou of JARACAL nie.

Verder vra ek aan elkeen wat geaffronteerd voel deur enige opmerking aangaande spelling om verskoning, hierdie is na alles nie 'n taal forum nie.

Groete
Jaco
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by ROBBIE1 »

Dis nou n man op n perd Jaco, gnrl De la Rey!!!

Dankie mater, dis hoe ek jou leer ken het!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Marc »

Piet

Net een opmerking, toe ek hier aansluit was daar geen beter KD as n Terminator nie, in teendeel bewaar jou siel om n ander naam te noem. Tye het verander en deesdae mag n man darem iets anders ook opsit sonder om die waarde van jou roer te erg te skaad. Dis nou ter antwoording van een van jou bekommernisse ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Beretta »

Marc
Dit is nou goed gestel stem saam met jou onthou nog daardie tyd goed
Beretta
User avatar
Nadia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 282
Joined: Fri Nov 11, 2011 5:14 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Nadia »

Ek raak soms bang om enigeiets te se, veral omdat ek 'n vrou is. So nou gaan ek 'n paar dinge maar se.

Ek is duits en beter in engels as afrikaans so jammer as ek nie so mooi in afrikaans kan spel nie en engels met my afrikaans meng.

Soms van die manne hier is nice maar ek was ook al sleg behandel op die forum en dit het my so afgesit dat ek nie eintlik meer belang stel in die jag praaitjies nie. Hoekom vra ek my?! Hoekom is manne deesdae in "attack" mode? Mens kan mos vir ander mense op 'n nice manier dinge se of verduidelik (soos ek nou doen).

Ek het ook al gesien hoe manne kwaad word vir mekaar maar dan doen hulle die selfde ding (of nog erger dinge) aan ander mense.

Ek is seker daar is meer belangriker dinge waaroor julle eintlik moet worry. Ons almal het ons foute en niemand is perfek nie maar hierdie "I'm better than you" attitude is belaglik. Alles gaan deesdae net oor status by so baie van julle. Die een moet altyd 'n beter dit of dat he as die ander.

Ek kan net nie verstaan hoe so baie manne deesdae dink of selfs voel want soms van hulle het geen respek of liefde oor in hul harte nie. Hulle is totally clouded. Miskien weet meeste van hulle nie wat eintlik belangrik in die lewe is of wil nie weet nie.
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Boertjie »

Marc

So is dit nou al reg om die woord punt te gebruik of is nog net koeel aanvaarbaar?

Boertjie
vra maar net
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by tripodmvr »

Is dit nou 'n braaksel of 'n kaping?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Boertjie »

Sommer altwee. Nadia, vir n engelse persoon spel jy beter as n paar afrikaanse mense.

Boertjie
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Jakkalsgat »

tripodmvr wrote:Is dit nou 'n braaksel of 'n kaping?
Oom Marius

Ek dink dis gekaapte kots !
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Marc »

Boertjie wrote:Marc

So is dit nou al reg om die woord punt te gebruik of is nog net koeel aanvaarbaar?

Boertjie
vra maar net
Bly maar eerder by Koeele Boertjie ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by morne smith »

Goeienaand almal
Ek het nou mooi gaan lees wat almal hier gesê het en dink dit is meer 'n kwessie van sooibrand na die feesgety as wat dit braaksel is. As Jakkalsgat se skoonma so mooi is soos sy vrou dan sal hy nie omgee om by die skoonmense te kuier nie(met alle respek Jaco, hoe het jy met jou "persoonlikheid" so 'n mooi vrou gekry?) Ek sien myself as 'n taalpuris en lees baie moeilik aan geskrewe stukke wat besaai is met spelfoute. Ek en my gesin streef dus na taalsuiwerheid, ons is beslis nie volmaakte taalgebruikers nie, maar praat van "grondboontjiebotter en afstandbeheer in ons huis. As my dogters eendag besluit hulle wil hul tale meng is hulle welkom. Ten minste het ek en my vrou die regte voorbeeld vir hulle gestel. As die skoen pas trek dit gerus aan. Onthou ook asb om nie iemand anders te kritiseer as jy nog nie 'n honderd myl in sy skoene gestap het nie. Sodra jy dit gedoen het sê net wat jy wil, want jy staan 'n honded myl van hom af en jy het sy skoene. Gelukkig skei bitter baie water ons jakkals en vlakvark van mekaar wie normaalweg albei in gate woon. 'n Jakkals sal op 'n goeie dag die slimste jakkalsvanger uitoorlê en 'n vlakvark wat kwaad genoeg is sal 'n leeu op sy neus laat kyk. Ons het dus twee gedugte deelnemers hier. Vlakvark jy moet dit tog oorweeg om saam met Jaco te braai, want hy maak vrek lekker pap en sous. Jaco ek het self al deurgeloop deur ouens wat klippe na my gegooi het toe ek die forumlede die kans gegun het om buffels in Bloem te jag deur die kontaknommers van die eienaar per pm te verskaf aan die persone wie ernstig belang gestel het om hulle te kom jag. Nie een van my eertydse kritici het 'n buffel kom skiet nie, maar het baie te sê gehad omdat die eienaars nie wou hê ek pryse moes noem nie, aangesien elke buffel se horinglengte en of sy horings gehad het, haar prys bepaal het.
Wat my sooibrand gee is die volgende.
1
Mense wie nie die goeie raad van ons ouers ter harte geneem het nie. bv moenie aan ander doen wat jy nie wil hê hulle aan jou moet doen nie.
2
Daar moet mos 'n vrek goeie rede wees hoekom daar so baie Toyotas op die pad is en hoekom so baie karoolammers gevang word deur jakkalse. Ek is trots om te sê dat ek 'n nuwe fortuner ry en 'n agt jaar oue cruiser. Skaf vir jou een aan en verstaan dan waaroor gons almal. Ek erken ruiterlik dat ek al negatiewe goed van Land Rovers gesê het in grappies. P arty ouens soos ek is GROOT aanhangers van Toyota en ander weer van Malema. Ons almal het ons dinge.
3
Moet as nie Koos Barnard se integriteit in twyfel trek nie( (nie eers grappenderwys nie). Ek volg sy kommentaar, artikels en rubrieke al vir jare en het baie respek vir hom.

Jaco, dankie dat jy mansgenoeg was om, om verskoning(let asb op die spelling) te vra. Ek dink jy moes eers om jou vulstasie gehardloop het en weer jou artikel gelees het voordat jy jou "submit" knoppie gedruk het.

Ek stem saam met Tau Leef en laat leef. Die forum is nie "hond eet hond of jakkals eet vark of vark gaffel jakkals nie.
Vlakvark, "gatjakkals" is nie mooi nie man. Dit val nie sag op die oor nie en uit al jou kommentaar kon ek geen leidrade kry dat jy disleksies is en dus per ongeluk jakkalsgat se naam omgedraai het nie.
Jy sal seker nie daarvan hou as hy bietjie met jou forumnaam rondspeel en jou bv 'n vlak vark noem nie. Ek noem dit . want ek weet hy sal nie so laag daal nie. Vergewe hom julle, hy tap heeldag brandstof en die gasse vang hom so 'n bietjie nou en dan. As die dampe baie raak dan klim hy in sy Isuzu en gaan skiet 'n paar jakkies of maak varkwors van die bere wat die grensdrade breek.

Mag julle almal 'n baie goeie 2014 geniet.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by PWV »

Net voor die vuurtjie wil dood, word die effens gloeiende kooltjies weer aangeblaas!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Jakkalsgat »

Morne

Lank laas gesien, lyk my ek sal jou moet dophou.

Oom Pieter

Hierdie onderwerp is hier om te bly en ek weet tog Oom sal hom help aan die gang hou. Al wat moet gebeur is dat dit wat iemand wil Hi-Jack moet hy hier kom doen. Kyk nou net hoe onsmaaklik is daai Hawke onderwerp nou waar dit hier moes wees.

Groete
Jaco
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by cassie_calvinia »

die manne wat so 2 gemsbokke gaan skiet, en 2 koedoes,'n eland met springbokke, sal moet 'n ekstra huisverband uitneem vir scope koop die jaar.
so +-20Kx2= R40 000
HOU HOM DAAI DIKTE
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Stefan764 »

hehehe lekker Cassie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by tafjak »

Cassie en Stefaans , het julle al 3grappe iewers vertel? A nee a
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Jakkalsgat »

cassie_calvinia wrote:die manne wat so 2 gemsbokke gaan skiet, en 2 koedoes,'n eland met springbokke, sal moet 'n ekstra huisverband uitneem vir scope koop die jaar.
so +-20Kx2= R40 000
Cassie jy is verkeerd die raad was duidelik 2 keer meer m.a.w R60 000, julle moet leer lees.

Taffie sien sommer die as my grappie.

Groete
Jaco
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by tafjak »

Ou Gat

Okay
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Wouter Roets »

Hallo Mede Forumlede

Ek wil eerstens vir ieder en elk n wonderlike 2014 toewens en ek hoop retig van harte dat hierdie n besonderse jaar sal wees waar ou vriendskappe net nog dieper waarde sal kry en nuwes sal ontstaan soos opslag kosmos langs die pad.

Vir baie van ons was en is Jaracal n besonderse instrument om hierdie juis te kan vermag. Die meeste van ons koester die platvorm en tree diensooreenkomstig op in die verband.

Ek plaas hierdie skrywe van my hier aangesien die spesifieke skrywe soveel aftrek geniet en dit hopelik sal veroorsaak dat dit die bree lede van Jaracal sal bereik. Soos die meeste seker sal kan sien het die jaar ongelukkig nie op n hoe noot hier begin nie. Die gees waarop ons almal roem en wat tot dusver vir Jaracal se sukses verantwoordelik was ontbreek ongelukkig in die afgelope tyd hier in oorvloed. Die bedaagsaamheid en verdraagsaamheid het duidelik verdwyn soos Desmber se bonus en salaris.

Sonder om enige uitsonderings te maak vra ons dan nou van Jaracal se kant af dat ieder en elk so tree terug neem en jou aandeel in die verband in oentskou neem. As jy dan vind dat jy wel n aandeel hierin gehad het vra ons dat jy dan jou optrede wysig. As jy vind dat jy nie kan of wil nie vra ons dat jy dan maar so bietjie verlof neem van die platvorm tot so tyd waar jy dit wel kan doen. Indien jy dan nou nie na die raad en vermaning wil aandag gee nie sal jy vind dat jy op geforseerde verlof geplaas word. Tydelik of permanent van aard sal dan nou net afhang van jouself. Hierdie sal dan nou natuurlik die heel laaste stap wees maar een wat wel gevolg sal word. Hierdie forum sal van die Luke Watson's ontslae raak om sodoende die spangees van Jaracal te behou. Kots en braak is in elkgeval geliefs nie iets wat in die openbaar gedoen word nie!

Ons vertou dan dat almal nou kan voortgaan om die kuiertjie hier met mekaar met die nodige respek en agting kan voortsit en dat n draad soos hierdie die dood kan sterf wat hy verdien.

Groetnis
Wouter
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Bulvegter »

Dankie, Wouter.
Post Reply