Mooi Blouwildebees bul!!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Mooi Blouwildebees bul!!

Post by ROBBIE1 »

Die ou grote het maandag oggend die verkeerde pad gekies, en loop toe mooi op my af!

Ons is besig om al die gewone bulle uit te skiet by n boer op Notham (wil goue bulle insit), en na n stewige stappie, gaan sit ek en Jacobus so bietjie in n digte bos.

Ek het skaars gesit toe die koeie en kalwer begin very beweeg. Deur die teleskoop sit en bekyk die afere. Die wysvinger juik, maar daars geen bul nie!!! So sit ons n goeie 20min, wei wei loop hulle lekker so 100m ver van ons af. Daars 9 koeie en 8 kalwers. Ou Jacobus stamp so sag aan my linker arm terwyl ek nog so deur die scope na die troppie loer, en beduie my links agter die koeie, so 30m agter hulle, is nog n beweging. Die bos is groen, dig, en ons wag.......


En wragtag daar kon hy uit!! n Opening van so 5 meter, en hy weet dis n gevaar zone, so hy stap vinnag tot in die trop!

En daar begin die werk toe nou, want hys nie verniet so groot nie, hy bly tussne die koeie en kalwers. 2 Ure en 20 min se agtervolg tot ek n seker skoot kon kry, en toe se ek dankie!

Frikkie is weer so gaaf om vir my die foto te laai, hys bietjie donker want dis binne in n bos weereens, maar hoop julle kan sien!
Last edited by ROBBIE1 on Thu Jan 16, 2014 4:02 pm, edited 1 time in total.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by FCLoretz »

Klink na lekker jagtrip Robbie, Ek wag vir daai fotos
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by Frikkiedbr »

ROBBIE1 wrote:Die ou grote het maandag oggend die verkeerde pad gekies, en loop toe mooi op my af!

Ons is besig om al die gewone bulle uit te skiet by n boer op Notham (wil goue bulle insit), en na n stewige stappie, gaan sit ek en Jacobus so bietjie in n digte bos.

Ek het skaars gesit toe die koeie en kalwer begin very beweeg. Deur die teleskoop sit en bekyk die afere. Die wysvinger juik, maar daars geen bul nie!!! So sit ons n goeie 20min, wei wei loop hulle lekker so 100m ver van ons af. Daars 9 koeie en 8 kalwers. Ou Jacobus stamp so sag aan my linker arm terwyl ek nog so deur die scope na die troppie loer, en beduie my links agter die koeie, so 30m agter hulle, is nog n beweging. Die bos is groen, dig, en ons wag.......


En wragtag daar kon hy uit!! n Opening van so 5 meter, en hy weet dis n gevaar zone, so hy stap vinnag tot in die trop!

En daar begin die werk toe nou, want hys nie verniet so groot nie, hy bly tussne die koeie en kalwers. 2 Ure en 20 min se agtervolg tot ek n seker skoot kon kry, en toe se ek dankie!

Frikkie is weer so gaan om vir my die foto te laai, hys bietjie donker want dis binne in n bos weereens, maar hoop julle kan sien!
Frikkiedbr wrote:Hier is 'n mooi fototjie van Robbie en sy Bulletjie.
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/unnamed2_zpsb75ca430.jpg
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/unnamed1_zpse806ab3f.jpg

Sterkte met daai bosluis byt ;)
Last edited by Frikkiedbr on Thu Jan 16, 2014 4:10 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by tripodmvr »

Mooi lyf en skerp goeters aan daardie bok. Hoeveel het hy geweeg en gemeet?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by RUPERT »

Hel dit is nou vir jou n mooi bul daai.GELUK
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by ROBBIE1 »

Dankie manne, hyt die skaal so op 141kg getrek, sal hom more invat taxidermie toe en daar laat meet dan sal ek se, ek laaik nie van raai en op manier meet nie, los dit vir die kenners!
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by JAGTERSREG-JRM »

Robbie

Ek dink daai man s mooi in Rowland ward.....moeilik met foto ma dink seker so 28/29 duim neee dalk meer na 30
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by douw »

Goed gedoen Robbie, baie geluk!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by Hilux01 »

Sjoe

Dis wraggies n prag dier
Ek hoop om die jaar ook een van daai te laat bakkie ry
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by Frederik »

Mooi bul baie geluk.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5123
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by Pvdw »

Robbie, hoort jy nie by die werk dat ons die skietwerk doen nie!!?? ??? ;)

Mooi Robbie. Lekker om so 'n ou grootte raak te loop.

Peet
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by theedge »

Baie geluk baie mooi dier
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by Roger »

Bitter mooi bul daai, geluk!
Too many to mention ;-)
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by bush hat »

More Robbie !

Man, maar dit is nou 'n prag-bul daardie !!
Baie ou mater !

Wanneer is weer saam ?

Groetnis,
Barry
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by Jaco B »

Baie geluk, n baie mooi bul.
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by WILLEBEES »

Ek raak skoon aan die bewe van opgewondenheid as ek so 'n mooi dier sien.
Geluk ou Robbie!
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by Lourens Potgieter »

Daai is nie Robbie nie...Robbie het 'n snor!!! :laugh:
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by 375fanatic »

Geluk Robbie

dis nou n mooie ek skat hom so 29/30

hier is myne van 29 1/2

nogmals geluk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by DawieKotze »

Netjies Robbie!!

Is dit nou sy biltong en wors wat so lekker goedkoop is?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by ROBBIE1 »

Dawie onder andere, maar hy en sy tjommies sal eers volgende week gewerk word. Ek het maar so paar boere wat ek die kontrak het om elke jaar by uit te dun van Januarie af, om maar net deurlopend wild in voorraad te he, ek kan mos nie "Wildshoekie" wees, en nie altyd vir die man wat n steak soek, iets he nie! Dan kom daar ook so paar losllooitjies deur waar ek iets moet afhaal vir manne, soos nou die een oom wat te veel geld het en wil oorskakel na die goue beeste toe. Maar ek kla glad nie, dis lekker, en dit hou my darm ook biejtjie in shape, la die pens nie te groot raak nie........... Dit was Woensdag middag 15h00 n hele 39grade koel, dink net hoe lekker tap die vetjies uit!!
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by Swede »

Baie mooi!! Vertel bietjie van die kaliber en koel wat gebruik is
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by ROBBIE1 »

Sopas die mate gekry van Big Buck af, 31 5/8".

Hyt voor die 7.64 Mauser ingeloop met PmP 170gr punt (sommer gekoopde amo), ekt nie getree nie maar skat so 100meter ver.
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by WILLEBEES »

Baie geluk ook met jou mooi BWB ou 375!

Robbie - vertel nog bietjie meer asb! Het hy net daar geval of het hy nog diesel in die tenk oorgehad?
Ek glo daai ou gaan seker by Wildshoekie teen die muur pryk!
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by ROBBIE1 »

Nee wat toe daai 170gr hom in die linker oog slaan ( as jy van voor af kyk sal jy sien, ekt die bloed net met sand dood gemaak vir die foto) het hy nie meer krag gehad nie!

Ja hiers 2 sulke din nek rooibokke wat ek vir die ou by wie ek die slaghuis gekoop het sal terug gee, en die ou maar daar opsit, glo hy sal beter lyk en inpas! Vroulief begin nou kla oor al die bokke in die huis, en my boel laaik dit ook niks, sy raak net nie gewoond aan hulle nie!
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Post by WILLEBEES »

Hahahahaha!
My worshond tefie wou ook 'n otter kraam die dag toe ek die rooibok trofee daar aangebring het - ek skaterlag nou nog daaroor!
Sy glo vas daai bok KYK vir haar en sy wil hom met mag en mening verskeur....
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Post Reply