My Jaar van Eland Jag

Post Reply
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

My Jaar van Eland Jag

Post by Cornelius »

Middag Mede Jagters,

Ek was bevoorreg genoeg om verlede jaar 4 Elande te jag. Ek deel graag my trotse oomblikke met julle.

Groete
Cornelius
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Cornelius »

Vierde foto
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by DWB »

Baie Mooi! Geluk
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by 375fanatic »

geluk man daai is darem lekker vleis
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Frederik »

Word ek nou lus vir eland.
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by F.L.A.S.H »

Ek wag nog my beurt en jy skiet sommer 4 in een jaar sies hehe spot net mooi man
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by win270 »

Pragtig, Cornelius!! Watse kaliber is daardie? Het jy die vleis self verwerk of verkoop? Eland is darem 'n gawe bok om plat te trek!!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2487
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Flip Nel »

Baie geluk, gaan jy bietjie die jag stories vertel.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Ian »

Jou gelukkige mens. Mooi gedoen.
Jonie
Full Member
Full Member
Posts: 229
Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Jonie »

Uitstekend man , dit is wat ons almal van droom

groete
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by PWV »

Nee, Cornelius. 'n Jagter vertel die storie ook. Dit help nie om net die pragtige trofeë hier te vertoon nie. Ons wil die hele storie hoor!
Groetnis
Akkedis
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Sun Dec 08, 2013 8:57 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Akkedis »

Nes jy daar sê, groot voorreg. Baie geluk.

Groete
Akkedis
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Cornelius »

My Jaar van Eland Jag

Verskoon maar as dit deur mekaar is - nie een van sterk punte om stories te skryf.

Mei 2013 – Vaalwater / Thabazimbi
Soos tradies dit inhou vir die afgelope drie jaar gaan jag ek en my groot vriend Michiel net buite kant Vaalwater. Ons het gewoonlik twee jagte per jaar op die plaas waar net ek en hy op die plaas jag. Vir 2013 het ons hemde laat maak met Koedoe Bulle op want ons was uit om ons eerste Koedoe bulle te skiet. Ons verlaat PTA Sondag middag 19 Mei om te sorg dat ons vroeg die Maandag oggend in veld kan wees. Maandag oggend breuk aan – ek laai Michiel af en hy is te voet opsoek na sy Koedoe. Ek ry verder en kry Koedoe’s langs die pad en ry verder aan op te voet die Koedoe’s na te sit oor die koppie. Met die nader stap, stap ek my vas in n vlakvark wat glad nie bewys is van my en tot 20m van my af nog steeds na my toe aanstap – ek lig die 375 en daar le die vark. Met die wat ek besef ek gaan nie gou weer die koedoe trop sien.
Die Maandag het gekom en gegaan. Dinsdag oggend breuk aan en ons is weer vroeg in die veld. Geen suskses met die Koedoe’s die oggend. Ons braai toe maar vinnig n wilds pattie in die veld, eet ons hamburgers en begin weer om ons bokke te soek. Die keer stap ek saam n gids. Ek en die gids besluit toe om weg te stap van die groot pan om te hoop dat die bokke na die pan sou beweeg aangesien die wind reg werk vir ons terwyl ons in Noord Oostelike rigting stap.
Ons het skaars 40min gestap toe sien ons n rooi beweeging regs van ons. Ons staan n ruk en besef dis Elande. Met die wat ek besluit ek moet vat wat die veld gee (ek het al teveel terug gehou en uitgemis op n geleentheid in die verlede) en ook sonder enige kennis wat die veld my nog gaan bied vir die res van die jaar. Dis ryg en ons kruip nader aan die Elande – uiteindelik so 60m van hulle af. Dis 14:30 en ek le aan op die koei wat met haar agterstewe na my staan. Met die is daar genoeg tyd om te kyk vir nog Elande maar ons sien net die koei – en dis n mooi koei. Ons wag 10min en het al gefluit sodat sy kan draai vir n skoot sonder sukses. Eweskielik besluit sy dis tyd om te beweeg en sy draai dwars met n efense “quartering away” dit was n split sekonde toe trek ek die skoot. Perfekte skoot sy spring en ons sien haar val so 5 tree van waar sy gestaan het. Sonder dat ek besef het ek oorgehaal en my dop van die vorige skoot is in my gatsak. Sekondes gaan verby en n bul maak sy verskyning na die skoot. Net daar en dan besluit ek om die bul te skiet (die eienaar van die plaas was ook opsoek na Eland vleis). Ek is nog reg op die stokke en die bul staan plank dwars. Ek trek die skoot – bietjie agter maar nogsteeds belangrike organe getref. Ons stap so 50m en daar le die bul. Twee Elande in n kwessie van 10-20sek alles te vinnig gebeur om presies te kan se.
Met n trotse gevoel bel ek vir Michiel – sy eerste woorde aan my. Het jy hom gekry? Ek antw hom toe dat ek Eland geskiet het met baie min “detail”. Met die wat hy vra of ek bok gekry het want hy het twee skote gehoor en weereens bevestig ek net met n ja. Ek skakel toe die boer sodat ons kan begin laai. Na die oproepe en wag begin ons met die foto’s en gewoonlik kyk ek dan na die dier in baie “detail” en waardeer die voorreg en unieke einskappe wat elke dier het. My 300gr Rhino punt is nie deur op die koei en sit op die vel aan die ander kant – sonder enige moeite sny ek die vel efens en daar het ek my punt (99.5% gewig retensie). Die aand om die kamp vuur voel dit nogsteeds of ek in n droom was. Dit was n besonderse dag in lewe en n dag wat ek nooit sal vergeet.


Junie 2013 – Baltimore
Donderdag 13 Junie vroeg die oggend kom ons aan op die plaas net buite Baltimore. Skaars op die plaas toe is ons in die veld om seker te maak die gewere is in. Ek skiet twee skote met my CZ 375 H&H en is reg vir die jag. Die manne saam my op die jag is baie rustig en besluit toe dat ons eers die middag veld toe sal gaan. Die middag breuk aan 13h00 en ons is in die veld. Ek en die gids stap opsoek na Blouwildebeeste / Rooibok / Eland of Koedoe koei. Ons het al so twee ure gestap toe sien ons beweeging aan ons regterkant. Met eens sien ek n klomp Eland seker so 200m van ons af. Redelik oop gedeelte op die plaas en hulle stap na ons toe. Die wind is perfek. Ek le aan op die stokke en wag vir die oomblik opsoek na n koei. Die Elande is nog so 100m van ons af maar beweeg nog en staan nie stil. Die gids tik my op die skouer – nog Elande en hulle stap ook in ons rigting en seker so 70m van ons af. Ek soek n koei en bly op haar. Met eens draai hulle plank dwars, ons fluit en sy staan. Ek trek die sneller met n perfekte skoot sy hardloop vir so 15m en ons sien haar val. Ek is weer reg om te skiet maar die keer maak ek veilig. Ons roep die res van die manne om te kom help laai. Met die wag kyk ek weer na die koei en sien dat sy Livingstone bloed in haar het met die dwars strepe oor haar lyf. n Baie mooi koei en nog n trotse oomblik. Die res van die jag span was net so suksesvol en het ons lekker stories uitgedeel om die kamp vuur die aand.

Vrydag 14 Junie. Die hele jag span staan rustig op en beplan die dag. Ons is so 8 uur in die veld en het afgespreek om so 11 uur terug te wees by die kamp vir mddag ete. Die oggend gestap en niks gesien wat ons mag skiet nie. Het wel n groot Koedoe bul gesien maar die boer wou hulle nie laat skiet die jaar. Terug by die kamp besluit ek om deel van die Eland van die vorige dag se fillet aftesny en te braai voor ons verder gaan jag. Min dinge so lekker soos vars wilds vleis.
Die middag gaan net ek en een van die ander jagters uit. Die ander is klaar gejag. Ons spreek toe af om Blouwildebees of Eland te skiet aangesien dit die beste waarde vir geld is. Ons laai die ander jagter af en ek merk op dat daar vars Blouwildebees spore is. Ek vat n kans en se vir hom hy gaan vinnig reg kom. Dis skaars 30min en die skoot klap toe het hy sy Blouwildebees gekry. Ek en die gids stap toe verder enigeste mense in die veld vir die middag. Baie ver sien ons n beweeging in die bos maar geen skoot – was n Gemsbok gewees. Ons stap verder en die wind draai efens. Half vier die middag vang iets by oog – n groot Eland koei so 50m van ons af. Ek gryp die gids aan sy hemp en wys vir hom die Eland. Die koei staan met haar agterstewe na ons (net soos eerste Eland). Ons wag weer vir n lang ruk en sy is glad nie bewus van ons. Sy is baie rustig en begin draai na die linker kant. Sy staan mooi dwars maar met n tak voor haar. Ek gee so twee tree regs en daar het ek n skoot. Ek le aan oor die stokke raak rustig en trek die sneller. Met eens spring sy weg en net so vinnig gaan staan sy weer, daar val sy 10m weg van waar sy gestaan het. Ons kan haar hoor val maar kon nie alles sien. Reg vir n opvolg skoot stap ons nader net om te sien dat dit n goeie skoot was sonder enige leiding.

Met al drie my Eland koeie het ek die hart getref met groot sukses. Die 300gr Rhino maak goeie skade en die punt het mooi wond kanaal gemaak. Ek het met die bul te agter geskiet om hart te tref maar dis waar die CZ 375 H&H kommbinasie met die Rhino punt goed genoeg gewerk het om binne 50m die bul te kry.
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Roger »

Baie mooi, baie geluk!
Too many to mention ;-)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by PWV »

Dankie, Cornelius. Dit is so goed ek beleef die hele jag saam met jou. Dit is wat die stories vir jagters so lekker maak.
As jy net sê, "ek het 'n vark geskiet", is dit niksseggend. Maar as jy die storie vertel van hoe jy beweeg het totdat hy lê, dan beleef ons dit sam met jou.
Groetnis
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2487
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Flip Nel »

Baie dankie vir die Stories, Ek geniet dit
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by theedge »

Baie geluk maat - netjies gedoen
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Stefan764 »

Lekker man! Eks self weer lus vir een van die grotes die jaar.....

Moet die 450Rigby inlyf...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 722
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Jaco vdW »

Baie mooi Cornelius! Lekker om die stories te lees. Ek het 2 jaar gelede my eerste eland geskiet, en dit is werklik n ervaring om die groot bok te jag. Dit was n jag wat my seker my lewe lank sal by bly. Die 375 is darem net die roer vir n eland!
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by MichielC »

Mooi ge-jag Mater !! en geluk !!
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Cornelius »

Dankie vir almal se boodskappe!

Ek wil nog eendag n groot ou bul skiet wat enige iets van 9 jaar en ouer is!

Groete
Cornelius
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2487
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Flip Nel »

Cornelius wrote:Dankie vir almal se boodskappe!

Ek wil nog eendag n groot ou bul skiet wat enige iets van 9 jaar en ouer is!

Groete
Cornelius

As daai groot blou bull agter die bome uitstap gaan jou hart eers bokspring glo my ;D
Daneel
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Mon May 21, 2012 4:13 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Daneel »

Baie mooi storie.
Jy het seker nie meer plek in jou vrieskas oor met 4 Elande nie.
Wat maak jy met al daai vleis?

Groete
Daneel
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: My Jaar van Eland Jag

Post by Cornelius »

Daneel,

Ek was gelukkig dat die eerste boer vleis gevat het. Hy jag nie self en het Eland vleis gesoek. Die ander het ek verkoop maar ek het nog heelwat braai wors, patties, maalvleis en steaks. Ek hou daarvan om nog vleis te he vir die nuwe jag seisoen dan kan mens dit wat jy gevat het van die bos weer geniet in die bos. Ek het my vrou nou al so geswaai dat sy self vra vir wildsvleis en ons eet tenminste so 4 keer n week wildsvleis. Min dinge so lekker!
Post Reply