Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

En so begin die Woensdag oggend vroeg ons trek na anderkant Thabazimbie , naby Sentrum.
Om so bietjie agtergrond te gee, het ek en my pa voor dit, met die spesifieke geleentheid nooit saam gaan jag nie. Daar was te veel werks verband verantwoordelikhede. Gewoonlik met die vorige 2 kere wat ons dit wel gedoen het, was dit n situasie waar ek die Woensdag sou saamgaan, hy die Vrydag daar aankom, en ek dan weer moet terugkeer huis toe, of om meer akkuraat te wees, werk toe. Letterlik nooit n aand in die bos saam spandeer nie. Met die vorige jagte, was ek nog op skool, en kan eenkeer onthou wat ons saam in n groep was.Dit was laerskool jare. Die ander jagte was of dag jagte, of ek was net nie saam nie.
My kleinboet nou 21, en besig met sy vlieg lisensie, het nog nooit so saam gaan jag nie, of n bok geskiet nie. - 2013 sou dit alles verander.
My pa, oom, boet en 2 neefs ry saam my pa, en ek en my oom ry saam, omdat ons die 2 is met wapen lisensies, en die gewere binne in die "Cab" wil hou. Ek vat voor met Ford se kind, en die Amarok kom agterna. Ek en my oom sit so en kuier, dat ons die afdraai van die N1 mis, en sodoende Vaalwater moet oor Thabazimbie toe, en dit van Pretoria af.
Op die plaas aangekom, word daar eers n ontbyt gemaak, lekker saam die boer ge-eet, so geselsie aangeknoop oor hoe dinge daar werk, glad nie formeel nie, en dit lyk asof ons sal kan saamwerk. 60 meter van die kamp af, is daar n watergat, en die diere wat kom drink, word mooi deur die teleskope bekyk, en skoot plasing sommer ook bespreek en besigtig. Mag natuurlik nie daar geskiet het nie.
So is ons skietbaan toe, en gewere word ge toets. Alles in orde, en vandaar word die manne veld toe gevat. My pa en boet skiet my my 30-06, en hulle is toe eerste uit veld toe. Ek sou graag my boet wou uitvat vir sy eerste bok, maar hy het genoem in die weke tot aanloop van die jag, dat hy dit graag saam met my pa sal wil skiet.
Middag een is slegs my pa en boet saam uit, en dan my neef. Ongelukkig daardie dag geen sukses nie.
Dag 2 volg en ek is dou voor dag saam uit om die manne af te laai, en ry weer saam terug kamp toe. Teen middagete, is al skote wat al geklap het die van die vorige dag op die skietbaan.
Laat daardie middag hoor ons n skoot klap, en die kamp weergalm, van "Daar is dit nou, daar is dit nou".
Die van ons wat agter gebly het bespiegel oor wie ons dink geskiet het. So kom die manne terug, en dit was my pa met n rooibok ram. Soos ek verstaan 150 + een skoot net daar dood. En hulle neem nie foto's nie. Dit daar gelaat.
Die volgende oggend is my pa bietjie "op" geloop, en se dat ek maar eerder saam my boet moet loop. Opgewonde spring ek op, maak reg, klim die bakkie, en daar gaan ons. Moet se, om n dag en n half in die kamp te sit, is ook nie vir my te waffers nie.
10 minute later word ons afgelaai. Nou die idee was dat ek n waterbok bul skiet, en my boet n rooibok of bwb, wat ook eerste te voorskyn mag kom. Ons is skaars 15 minute in die veld en ons kry n trop waterbokke, ongelukkig net koeie. Hulle beweeg ook so dat daar nie n kans is vir n skoot nie. My boet het die geweer vir my gegee, en ek vat voor. Na die waterbokke verdwyn het, se ek vir my boet dat hy nou gaan skiet. Ek gaan nie skiet voordat hy eers geskiet het nie, maak nie saak wat ons kry nie. Hy vat voor met geweer in die hand en daar stap ons, so n rukkie later, handig hy die geweer na my, en se ek moet hom bietjie dra, want waar ons gestap het was dit baie ruig , en hy is nou moeg gedra.Soos ek is , word my geweer baie mooi opgepas, en ek het hom ook laat verstaan dat n tak of klip nie die geweer onnodig moet krap nie, dit is dan my 1ste kind wat huistoe gekom het.Ek laat hom toe verstaan dat hy nou voorvat en jag, so hy dra, en so is daar toe ook ooreengekom. Algaande stap ons, so in die omgewing van 2 ure nadat ons afgelaai is, staan die gids en wys na waterbokke wat so 1 uur van ons staan. Die bos is ruig, en al wat ek sien is so hier en daar n been, en gedeeltelik die onderlywe.So kruip ons al hurkend na n "gap" vanwaar die bokke gesien kan word. Halfpad, wys ek vir die gids, hy en my boet moet alleen nader gaan, omdat ek nie wil geraas maak, en dan natuurlik ook in sy nek blaas om te skiet nie. Hy moet gemaklik wees. So beweeg hulle nader, die skietstokke word opgeslaan, en my boet le aan.Hulle is nou so 15 meter van my af. So oomblik kyk hy na my kant toe en probeer vir my iets se, waarna ek beduie hy moet skiet. Wat vir my soos n eweigheid gevoel het, trek hy die sneller en die skoot klap. Ek staan op, en sien net horings beweeg, waarna ek uiter "DIS N BUL" , hy kyk my aan en laat my goed verstaan ek het beduie skiet. Ek was van selfsprekend bly daaroor. So stap ons na waar die gids dink die bok gestaan het en sien nie spore nie. Voor dit, se ek hulle moet die stokke los waar hulle gestaan het. Ons soek en sien nie bloed of spore nie. Stap in n ander rigting, en sien net die 2 koeie wat saam met die bul was. Beweeg weer terug na die skietplek en so entjie aan, is daar duidelik spore, in die rigting wat die bul gehardloop het. Nou kan ons begin werlik soek, en ek kom agter die gids is nog nie lank n gids nie. Ons stap in die rigting na waar die bok gehrdloop het verspreid uit mekaar, en so 60 meter vanwaar die bul gestaan het, le hy mors dood. Op daardie stadium omhels ek my boet van opgewondenheid, terwyl hy nog probeer uitwerk wat aangaan. Kyk ek het die man nog nooit so gespanne gesien nie, en toe n eweskielike verligting. Die bok het na hom gestaan en kyk, en hy het n mooi skoot van voor reg deur die longe gesit.
Ek leer hom n "Dankie Se" tradiesie, en ek en die gids gaan staan so 40 meter verder in die pad om die boer oor die radio te roep. In die kamp, is daar n gids met n radio ook, en my pa herken toe ons gids se stem, dit was nie 10 sekondes nie toe moes hy die radio gevat het, en die boer laat verstaan dat hy eers opgelaai moet word.Die boer ry verby ons in die pad, ek ons klaar uit, dat hy moet se dis n vark. So het hy dit gedoen ook. My pa ,en 2 ooms kom daar aan, waarna ek hulle na die bok vat. My een oom se woorde was, na die bok op n sekere manier gele het " dis n m0&%$# va... dis nie n vark nie" My pa is se gesig straal van trots wees oor sy jongste. My boet se toe, "jammer pa, daar is ons begroting in sy kanon in" waarna my pa hom laat verstaan dat hy nie n duit omgee oor die begroting nie, hy is net te bly vir sy eerste bok.
Vandaar is my pa die middag uit om n gemsbok te soek, en ek gaan saam die boer, na sy buffel en goue wildebees kampe.
Ongelukkig was hy nie suksesvol nie.
Die laaste oggend is ek vir die eerste keer uit, en kry na so 3 ure n trop blou bwb's.
Al wat my toe n skoot gee, na seker so 30 minute se bekruip, is n jong bwb bul. 130m hartskoot, 5 meter gehardloop, en toe is dit verby.
180 grein Nosler Partition's het ons goed bedien.
Ons het as famielie( die 3 boeties en hulle seuns),dit verskriklik baie geniet, en nodeloos om te se, 2014 se jag is reeds op die lappe.
Wat n voorreg was dit nie om die bos n eerste keer werklik saam my pa en boetie te deel, en dan ook om my boetie te vergesel , terwyl hy sy eerste bok skiet
Daar is nog baie stories en foto's rondom die jag, maar vir eers,eindig dit hier.
My neef het n rooibok ram en vark ook geskiet.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Michiel,
Dankie dat jy julle jagervaring met ons gedeel het. Soos jy seker sal weet is die lekker van die lees daarvan, dat mens in daardie paar minute wat jy die stuk lees,jy jou absoluut inleef daarin en is mens letterlik saam daar en voel dit asof jy saam gejag het. Ek is bly dat julle jag so 'n groot sukses was en dat die bande met mekaar sommer goed versterk is.
Baie dankie weereens, ek het dit baie geniet.
Groete,
JHN

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Baie lekker storie. Dankie vir die deel! Gelukwense aan jou boet.
Groete
Douw
Groete
Douw
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Lekker gelees. Dankie
Jou boetie is nou gehook
Jou boetie is nou gehook
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
+1douw wrote:Baie lekker storie. Dankie vir die deel! Gelukwense aan jou boet.
Groete
Douw
Veiligheid eerste manne!
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Goeiemiddag,
Baie dankie vir die mooi woorde manne.
Groete,
Michiel
Baie dankie vir die mooi woorde manne.
Groete,
Michiel
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Baie netjies maat
- Cornelius
- Full Member

- Posts: 145
- Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Bly darem n mooi Waterbok bul! mooi geskryf
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Dankie mooi storie en bul.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2487
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Baie mooi storie Dankie
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Niks klop 'n lekker familie jag nie. My pa word nou 80, en hy jag steeds elke jaar saam, en skiet self sy eie bok. Dis 'n onbeskryflike voorreg.
Jy's ook bevoorreg om dit nog te kan geniet. doen so voort. Mooi storie, en mooi geskiet.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: Famielie Jag 2013 -Kleinboet se 1ste Bok
Dankie Manne,
Jean , soos jy daar se ,wat n voorreg !!
So aan die begin van die stuk, vertel ek van die diere by n watergat so 60m van die kamp af.
Foto's onder, dit het werlik die 1ste 2 dae heeltyd so aangegaan, maar glo my in die veld was dit glad nie so eenvoudig nie.