Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5026
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Frederik »

Die jag was 'n baie groot teleurstelling.

Laat ek eerstens begin dat ek die jag gereel het vir my baas om paar kliente uit te vat so ek voel so bietjie af omdat die prentjie heeltemaal anders uitgedraai het.
Almal het duidelik geweet die jag was walk en stalk van vooraf.

Die geriewe is daar maar is baie lanklaas onderhou, die gidse was seker die swakste wat ek nog ooit mee gewerk het.
Daar was 3 een van Zim wat nog nie die plaas ken nie en een ander van Gauteng wat nou 6 maande daar is en die ander een was een wat darem die plaas ken maar bietjie stukkend gerook was.

Paar gespreke met die eienaar vooraf was ek ingelig dat die pryse so mooi is omdat hy nie aan die einde van die seisoen wil voer nie en dit maak heeltemaal sin. Daar is diere en ja jy kan OK daar bly maar dit is nie wat jy sou verwag nie. Ek het nooit vir hom vooraf gese ek is ex PH nie so toe hy vir my se ek sal bietjie moet werk vir die bokke het ek nie gedink dat daar bitter min kans was dat ek my 5 bokkies sou skiet nie.

Ek moet ook se dat ek die ander jagters ook uitgehelp het dat hulle darem ook ietsie kon kry so ek het nie baie eie jagtyd gehad nie maar die laaste oggend was ek op my eie en oop vir koedoe koei, rooibok ram en ooi en vlakvark so ek was nie regtig kieskeurig nie. Maar nou ja my geluk was sleg en op die laaste oggend het die wind baie sleg gemaak op die deel waar ek gejag het. Ek het nie hond of haar gesien in 4 ure nie behalwe wild anderkant die draad.

Die ander groot probleem was dat die plaas in drie gedeel was en Inibos het die middel deel die ander plase is net toegemaak my beesdraad. Nou wat natuurlik ook gebeur is dat hulle nie op die ander twee plase jag nie en ja die diere kom dit vinnig agter en jy sien baie wild rondstaan aan die anderkant van die draad.

Ons het die volgende diere gekry 6 rooibokke 1 gekwes en verloor, 1 koedoe koei en 2 varke dit was nou tussen 6 jagters of gemiddled 4 jagters deur die hele tyd wat Vrydag twee sessies ingesluit het Saterdag 2 sessies Sondag 2 sessies en Maandag oggend net 3 jagters.

En behalwe koedoe bulle wat net op 2 jagters se menu was en sebra wat daar net een was en ooit gesien is nie het al die ander rooibok koedoe koeie en vark gesoek.
Ek verstaan ook nou net vooraf op die jag gese is dat daar wildebeeste beskikbaar was op die buurman se grond maar moes met eienaar se eie geweer en silencer geskiet word.

'n Ander groot punt was dat jy afgelaai word en dan weer opgetel word op 'n sekere uur maak nie saak wat jy skiet of nie skiet nie. Vrydag oggend het 'n jong vark geval en die vark het so met sy pens en al 2 1/2 uur gele totdat die jagter opgetel was. Saterdag toe ek my rooibok ram skiet moes ek met die gids baklei om die pens uit te haal omdat sy baas se die moet binne bly. Hy het toe die pens uitgehaal na ek hom gese die is nou my bok en my vleis so hy maak soos ek se. Die volgende dag moes ek weer vir die ou se hy moet uithaal hy het toe maar weer eers na ek vir hom gese het dit is die jagter se bok en vleis.

Ek moet se ek weet nie wie het meer verloor nie ons of die plaas eienaar want as die bokke daar was sou ons probleem gehad het met die Coldroom en plek vir die karkaste.
Last edited by Frederik on Thu Jun 20, 2013 6:16 am, edited 1 time in total.
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Inibos 13-17 Junie

Post by Gernie »

Dis baie sleg as mens die 'prentjie' in jou kop het en dinge draai glad nie so uit nie.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Gerhardu »

Waar is die plaas as ek mag vra?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Geno »

gerhardu wrote:Waar is die plaas as ek mag vra?
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=89&t=20007
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Jaco Swart »

Wingover wat die post gemaak het was meer as 2 maande terug op die forum so ek dink nie dit pla hom baie nie.

Frederik

Ek dink jy moet vir hulle 'n mooi mail stuur waarin jy jou mismoe uitspreek. Sal graag hule reply wil hoor.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by RUPERT »

Frederik

Jammer om te hoor van jou trip ek onthou jy het baie uitgesien na die trip.As ek nou weer na die pryse en goeters kyk kan ek sien hoekom ek nie geintrereseur was in die paket nie
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5026
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Frederik »

Jaco,

Ons het lank gesit en dink daaroor maar die saak is verby dit kan nie reggemaak word nie. As dit nou 'n produk was wat jy gekoop het en gaan terug ruil sou dit seker 'n opsie wees maar die dat hy wil bokke afhaal omdat hy nie die bokke wil voer einde van die seisoen ??

Solank mense bewus hiervan is sal ons maar vorentoe gaan en streef om iewers anders lekker te gaan jag.
Soos ek gese het wie het nou eintlik verloor ? 'n Oorvol koelkamer of ons wat min gekry het om te skiet.
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by LoveHenties »

Ek is Aug soontoe op pad. Wonder of daar iets oor sal wees???
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Jakes73 »

LoveHenties wrote:Ek is Aug soontoe op pad. Wonder of daar iets oor sal wees???
LoveHenties,

ons was ook laasjaar daar en ek kan beaam dat Frederik die plek nie verkeerd opgesom het nie. Die verblyf is maar afgeskeep om die minste te se maar wat ek wel kan se is dat daar 'n paar monster Kudu's in daai berge en koppies rondloop. Kyk, dis harde jag, maar as jy fiks genoeg is en bereid is om die effort in te sit om ure lank in die koppies en berge rond te klim en klouter gaan jy hulle in die berge kry. My grootste probleem met die Kudu pryse is die feit dat daar 'n enorme R6500 prys verskil is tussen 'n 48" (R3500) en 'n 53" (R10000). Vir my as geleentheids jagter is daar geen manier wat ek daai 5" verskil gaan kan skat nie so ek het dit maar verby laat gaan. Ek het wel 'n mooi Kudu koei daar gekry wat net so kort van 100kg uitgeslag het.

Sal ek my vrou en dogter soontoe vat? ... nie sommer nie. Sal ek kliente soontoe vat ... ook nie sommer nie. Sal ek en 'n klomp pelle weer daar gaan jag? ... heel waarskynlik want die wilds pryse is nie te sleg nie en solank die bier koud is in die aande kan mens verby so 1 of 2 goed kyk wat krap.

Maar as ek my eerlike opinie kan gee ... daar is ander plase met vergelykende wilds pryse wat dalk effe beter verblyf sal bied met beter opgeleide gidse.

Groete
Jaco
wingover
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by wingover »

Daar is altyd mense wat ontevrede sal wees met enige iets. Die belangrikste feit is dat dit wat jy voor betaal en dit wat jy daarvoor inruil terug kry, moet klop. INIBOS is nie n vyfster oord nie en ons vrae ook nie sulke tiepe pryse nie. As jy, jou vrou en of jou baas se vrou goue krane, marmerbladdens, ingevoerde teels van Italia, jacuzzis, persoonlike bediendes en n kombuis groter as my plaas wil hê is INIBOS beslis nie die plek vir jou nie. Hier gee ons vir jou as jagter jou basiese bekostigbare geriewe as jagter en nie n toeris in die Kruger Wildtuin of Suncity, gaan betaal daar jou R1750 p.p.pn. "Sharing" en dit nog sonder vuur maak hout ook.

Wat Frederik vergeet om te vertel is dat ek hom duidelik laat verstaan het van die begin af dat sy groep te groot is en dit het n direkte impak op die tipe verblyf asook die fisiese jag (meer lawaai) Maar die "special" was vir hom meer belangrik. Die Zebra het ek ook voor die tyd gesê dat daar net een oor is. Sover die gidse aangaan stem ek saam dat daar wel baie beter is, maar ongelukkig kan gidse vernaamlik in die omgewing geduurende die jag siesoen, net nie oornag vervang word nie, dit is nie soos n sekuriteits maatskappy wat hulle wagte net kom omruil nie. Ongelukkig werk ons op "TRAIL EN ERROR" Net so kan ek nie net goeie jagters wat kan jag laat jag nie. Vernaamlik in Fredrik se groep, het my gidse moedeloos begin raak want hulle wys vir die jagters die bokke en dan vat hulle te lank om n skoot af te trek! Daai manne staan vroeg op loop die beste part van die dag agter bokke aan vir "bokkerall" Ek as wilboer moet my wild verkoop en as jagters hulle nie geskiet kry nie dan verloor ek ook natuurlik, onthou die jag siesoen is net so lank. Na Frederik se groep was daar manne "WAT KAN JAG" wat al Saterdag oggend hulle Kwotas vol geskiet het en ook n vol koelkamer nie oorvol soos Frederik beweer, want hy het nie die moeite gedoen om te vra of daar alternatiewe is nie. Ek is bereid om die name van die jagters wat kan jag met die hoeveelhede wat hulle na Fredrik se Fiasco hier tussen die bees drade en nonsens wat hy kwyt raak aan te stuur. Sy pa het hom duidelik nie die 3 sekonde reel geleer nie en as hy het moet hy dit gerus oordra aan sy Baas en kliente!!!
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Jakes73 »

wingover wrote:Daar is altyd mense wat ontevrede sal wees met enige iets. Die belangrikste feit is dat dit wat jy voor betaal en dit wat jy daarvoor inruil terug kry, moet klop. INIBOS is nie n vyfster oord nie en ons vrae ook nie sulke tiepe pryse nie. As jy, jou vrou en of jou baas se vrou goue krane, marmerbladdens, ingevoerde teels van Italia, jacuzzis, persoonlike bediendes en n kombuis groter as my plaas wil hê is INIBOS beslis nie die plek vir jou nie. Hier gee ons vir jou as jagter jou basiese bekostigbare geriewe as jagter en nie n toeris in die Kruger Wildtuin of Suncity, gaan betaal daar jou R1750 p.p.pn. "Sharing" en dit nog sonder vuur maak hout ook.

Wat Frederik vergeet om te vertel is dat ek hom duidelik laat verstaan het van die begin af dat sy groep te groot is en dit het n direkte impak op die tipe verblyf asook die fisiese jag (meer lawaai) Maar die "special" was vir hom meer belangrik. Die Zebra het ek ook voor die tyd gesê dat daar net een oor is. Sover die gidse aangaan stem ek saam dat daar wel baie beter is, maar ongelukkig kan gidse vernaamlik in die omgewing geduurende die jag siesoen, net nie oornag vervang word nie, dit is nie soos n sekuriteits maatskappy wat hulle wagte net kom omruil nie. Ongelukkig werk ons op "TRAIL EN ERROR" Net so kan ek nie net goeie jagters wat kan jag laat jag nie. Vernaamlik in Fredrik se groep, het my gidse moedeloos begin raak want hulle wys vir die jagters die bokke en dan vat hulle te lank om n skoot af te trek! Daai manne staan vroeg op loop die beste part van die dag agter bokke aan vir "bokkerall" Ek as wilboer moet my wild verkoop en as jagters hulle nie geskiet kry nie dan verloor ek ook natuurlik, onthou die jag siesoen is net so lank. Na Frederik se groep was daar manne "WAT KAN JAG" wat al Saterdag oggend hulle Kwotas vol geskiet het en ook n vol koelkamer nie oorvol soos Frederik beweer, want hy het nie die moeite gedoen om te vra of daar alternatiewe is nie. Ek is bereid om die name van die jagters wat kan jag met die hoeveelhede wat hulle na Fredrik se Fiasco hier tussen die bees drade en nonsens wat hy kwyt raak aan te stuur. Sy pa het hom duidelik nie die 3 sekonde reel geleer nie en as hy het moet hy dit gerus oordra aan sy Baas en kliente!!!
Francois,

jou reaksie hier bo het my nou totaal en al uit die veld geslaan, verstom om die minste te se. In plaas daarvan dat jy van die opmerkings wat hier bo gemaak is ter harte neem en iets daaraan doen om van jou geriewe te probeer verbeter kies jy eerder om persoonlik te raak met Frederik wat sy eerlike opinie kom gee het. Baie van wat Frederik genoem het is feit en nerens het ek enige opmerking gesien wat totaal en al onvanpas was nie. EK praat uit ondervinding uit want ek het ook al daar by jou gejag.

Hoor nou maar mooi wat ek se en "use it don't use it"... al is jou geriewe "basies" sal jy baie ver kan gaan met 'n blik verf of twee om dit beter te maak lyk en 'n mop en stoflap wat gereeld deur die plek gesleep word sal ook nie onvanpas wees om 'n "basiese plek" netjies en goed in stand gehou te laat voorkom nie. Skoonheid en netheid is maar alles deel van die redelike man se vereistes in my beskeie opinie so dis maar al waarvoor ons vra. In vandag se lewe gaan dit maar als oor die vlak van kliente diens wat jy lewer vir jou klient en as jy jou klient eerder wil aanvat op 'n publieke forum in plaas daarvan om hom gelukkig te probeer hou dan moet jy ons nie kwalik neem as ons nie weer by jou gaan kom jag nie.

Oor jou gidse sal ek myself nie uitlaat nie want ek het geen ondervinding met sekuriteits maatskappye nie maar ek dink jy weet dat jou gidse maar eintlik net plaaswerkers is wat in die jag seisoen as "gidse" optree.

Soos ek gese het, "Use it, don't use it".

Jakes

P.S, O ja, en "EK KAN JAG" ... ons het jou koelkamer lekker vol gepak met Koedoes, rooibokke en varke so my skietvermoe was nie ter sprake nie.
wingover
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by wingover »

Hi Jakes

Ek dink jy vewar my plaas met n ander een want waar my jagters bly is n gras dak met siersteen mure waar gaan ek verf? Die ander ding is. My vrou het die plek persoonlik skoon en netjies gemaak voor al die jagters se aankoms. Ek het vir my jagters wat hier kom jag het dit duidelik gestel dat ek ongelukkig nie n bediende beskikbaar gehad het nie op daai stadium, om agter hulle skoon te maak nie. Die basies goed soos seker te maak daar is hout, water en die braai plek is skoon het my gidse gedoen sodra hulle kans gekry het uit die veld of voor hulle veld toe gaan het (nie een van hulle het n vrou wat kon help nie). So as jy dan in n vuil plek gebly het is dit jou eie toedoen. Hier op die plase is arbeid baie keer ons groot probleem as jy n werkersmag van 3 het en een kry n "slow Puncture" is dit nie soos n ander bedryf waar daar honderde tot duisende werkers werk nie. Ek het intussen nuwe arbeiders gekry (hoop hulle hou) maar jammer dis hierdie Jag seisoen en nie laas jaar sin nie. En as jy sê jy, is n jagter en jy het my koelkamer vol geskied "Good For You and for Me" maar die verwysing was oor Frederik se groep en nie joune nie!!!!
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Jakes73 »

wingover wrote:Hi Jakes

Ou Francois,

Lyk die fototjie van die slagpale op Inibos vir jou bekend asook jou bakkie in die agtergrond? ... dink jy nogsteeds dis nie jou plek waar ek was nie?

Ek wens so ek kon jou en Amanda saamvat na van die ander plekke waar ek gereeld jag en minder betaal vir verblyf maar beter fasiliteite kry ... net sodat jy 'n beter begrip kon kry waarvan ek praat ... maar dit eerder daar gelaat. Soos die Ingilsman se ... "Let's rather agree to disagree"

Sterkte met jou 2014 seisoen

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Jakes73 »

O ja ... en voor ek vergeet ... jy moet so bietjie meer gereeld hier kom kuier by ons op Jaracal man, lyk my ons hoor net van jou elke jaar so voor die jag seisoen begin as jy jou advertensie vir die jaar kom plaas ... :laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Cobus(Cobb) »

Die ding gaan nie goed eindig nie.....ek sien dit kom!!
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Geno »

Ek hou maar net dop op die kantlyn...

http://i.imgur.com/uRrLjfl.gif
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Jakes73 »

Cobus(Cobb) wrote:Die ding gaan nie goed eindig nie.....ek sien dit kom!!
Ek stem Cobus ... ek is ook nou klaar met die gesprekkie.
wingover
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by wingover »

Hi Jakes

Ek het al baie plekke self gaan jag party plekke beter as ander, van hulle gaan ek na terug en ander bly ek van weg dis n jagter se eie keuse maar die hoof ding gaan oor die feit dat daar nie n bediende was nie om agter jou stert skoon te maak nie my vrou het darem julle skottelgoed gewas. Is jy ook nie die ou wat sommer van die bakkie afgeskiet het nie??? Ek boer op my plaas en nie op die forum nie. En probeer nie vind fout by almal en alles nie. Maar dankie jagters soos jy is defnitief nie meer welkom nie
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Jakes73 »

wingover wrote:Hi Jakes

Ek het al baie plekke self gaan jag party plekke beter as ander, van hulle gaan ek na terug en ander bly ek van weg dis n jagter se eie keuse maar die hoof ding gaan oor die feit dat daar nie n bediende was nie om agter jou stert skoon te maak nie my vrou het darem julle skottelgoed gewas. Is jy ook nie die ou wat sommer van die bakkie afgeskiet het nie??? Ek boer op my plaas en nie op die forum nie. En probeer nie vind fout by almal en alles nie. Maar dankie jagters soos jy is defnitief nie meer welkom nie
Jip, dit was ek ... :laugh: :laugh: :laugh: jou ou grapgat !!! In fact, ek wou van jou microlight af gejag het ... ++>: ++>: ++>:

Ek is lankal al nie meer welkom by jou plasie nie want ek het myself 2 jaar terug al daar geban ... dis hoekom jy my nie laasjaar gesien het nie. Was maar een van DIE jagter se keuses gewees ... ><) ><) ><)

Sit so bietjie binne en buite foto's van jou verblyf op jou advertensie sodat die manne vir hulle self kan besluit, moenie dat hulle na my luister nie.
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Katefbessie »

Jakes73 wrote:
wingover wrote: Sit so bietjie binne en buite foto's van jou verblyf op....
Asseblief ek wil dit ook sien!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
wingover
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by wingover »

Sal defnitief foto's oplaai en nie 2 jaar terug sin maar nuwes sodat almal kan sien en vir hul self kan besluit weet nog nie lekker hoe om foto's op te laai nie omdat ek te min op Jaracal boer maar ek is seker jy sal kan help. Dankie
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by ROBBIE1 »

Ek hou net glad nie van die manier hoe die diere aan die nek en bek gehang word nie, heng dit lyk soos die galg voor 1994!! My sienswyse dat die korrekte manier aan die skenkel is, jammer dis my opinie, maar my bok gaan verseker nie so hang!

Is daar nie die jaar weer n special nie?
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Jakes73 »

ROBBIE1 wrote:Ek hou net glad nie van die manier hoe die diere aan die nek en bek gehang word nie, heng dit lyk soos die galg voor 1994!! My sienswyse dat die korrekte manier aan die skenkel is, jammer dis my opinie, maar my bok gaan verseker nie so hang!

Is daar nie die jaar weer n special nie?
Ek stem 100% saam Robbie maar ek gaan versuim om verder iets oor die plaas te se, ek dink daar is al genoeg gese.
hunter74
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by hunter74 »

Bokke wat aan horings/nek hang was net makliker met die vel aan , want jy was nie teen die gryn van die hare nie maar saam met dit. Het dit altyd gedoen met jagters wat bokke in die vel vervoer het.

Groete.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5026
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling

Post by Frederik »

Mis ek nou die lekker forum vandag.

So paar punte en dan los ek die gesprek en lees maar net.
1. Van wanneer af is daar te veel jagters uit in die veld op 1200 hektaar bosveld tussen drie groepe van 2 jagters op die voet?
2. Moes jy toe die wild voer aan die einde van die seisoen??
3. Hoeveel keer het jy nie genoem ons moes by die water sit en wag vir wild nie ?
4. Moet ek nog mooi noem hoe jy jou staff lekker tips en pakkies kos wat ons agter gelaat weerhou nie. Nie te praat van die varkie wat geskenk was nie die ene wat 2 ure in die veld gele het voor hy opgetel was nie met pens en al?
5. Mense van ons groep het ingesluit eienaar van Huntex en die bestuurder van Formalito. Seker mense wat niks van die veld ken nie. Ek sal niks se oor my ondervinding nie die sal jy self kan optel as bietjie tyd op die forum nie.

Daar is seker nog so paar punte wat ek kan bysit maar ek dink die is genoeg.
Jammer dat ek my eerlike opinie gegee het. En dit eers 8 maande later raak sien jy het seker baie goeie verhoudings met mense op die forum. Gebruik dit liewers as constructive criticism.

Wens jou n goeie seisoen toe.
Post Reply