ROBBIE1 wrote:Ek dink daars paar redes om n bok aan die skeen te hang.
1. Bloei beter uit,
2. Pens uithaal is verseker makliker,
3. As iets besmet met mis, is dit n rib, en kan dit afgesny word, nie duur vleis soos die boud nie,
4. Eties lyk dit net nie korrek om n dier aan sy nek te hang nie, dis nie n galg nie!
5. Abattoir voorskrif bepaal dat n dier aan die agterbeen gehang word.
Dis nou maar net 5 wat ek gou aan kan dink.
Robbie as ons op abattoir voorskrifte moes werk tydens jagte, sou die oorgrote meerderheid manne knie diep in die moeilikheid gewees het, maar dis nie heeltemal die norm wat geld nie, gesonde verstand wel, dus is nommer vyf nou nie heeltemal vir my so geldig nie
Hoe dit ookal sy, my afleiding wat ek maak is dat vir ons is dit primêr maar 'n voorkeur of afkeur aan 'n bepaalde metode, lyk dit vir my, wat bepaal hoe om die bok gehak word. Ek moet saamstem mbt die wegkeer van die massa bloed wat mens kry by 'n long en hartskoot dier. Ek het al telkemale waargeneem dat waar 'n bok 'n hart en/of longskoot geskiet is, daar 'n massiewe hoeveelheid gestolde bloed uit die borskas stort wanneer die borskas oopgesny word. Dit maak vir my sin dat dit dalk beter kan wees, in so 'n geval, dat die bok kop ondertoe hang en die bloed so stort, teenoor deur die maagholte en dalk oor die boude wanneer dit kop boontoe sou hang.
'n Saak wat ek wel oor wonder en dit is oor die relevansie van hang en uitbloei (Hier het ek nie 'n kundige opinie nie, ek vra ouens wat meer daarvan weet). Ek kan insien dat wanneer 'n bok geskiet en dadelik keelgesny word, dat dit sin maak om die agterlyf dadelik gelig/gehak te kry, dat die bloed kan uitvloei. As ek egter 'n bok geskiet het en na 'n uur by die slagplek met die bok kom en afslag, watter mate van uitbloei kan nog plaas vind? Om die scenario van die hart/longskootbok hierbo te neem, daardie bloed wat uit die borskasholte stort is al klaar gestol. Gaan 'n bok dus noemenswaardig uitbloei na so 'n verlengde periode van dood tot slag/hang?