Trofee "Papier-bokke"

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Trofee "Papier-bokke"

Post by Stefan764 »

Manne, net n voorstel....

Moet ons nie n Trofee-kamer vir die af-seisoen begin nie?

Mos nie fout om met n mooi groepering te brag nie, JY het hom mos geskiet! Dan kan die manne sommer bietjie laai-data ook uitruil?

Wat dink julle?

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Nico Harris »

Klink na n plan vir my!!!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Raven »

'n mooi groepering is net mooi, as hy opgevolg word met 'n lekker gaaitjie agter 'n jak se blad

Net my 2c

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Cois »

Manne

Groeperinngs is vir die voels, die eerste skoot moet doodmaak, die res mors jy net. ;) ::) ;D

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Stefan764 »

Nee manne ek hoor, ek hoor.... Mar van ons is nie so geseend om 365 dae n jaar die geleentheid het om die jakkies te loop soek as jy die slag so voel (of moet) of sommer net hier by die agterdeur uit te skiet na n muisvoel as jou gat jeuk vir die reuk van kruit nie  ;D !!

Ek voel ook dis nodig, VERAL vir ons ouens wat net van Mei tot Augustus skiet om die tyd van die jaar te gebruik om die goete weer reg te kry vir die komende seisoen. Daars niks lekkerder (en julle manne wat weekliks skiet sal dit beaam) as om jou roer uit die sak uit te haal en te WEET hys reg en JY is reg om daai een belangrike skoot op n bok op PRESIES die regte plek neer te sit nie...

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Raven »

Stefan,

Ek het nou met my 25-06 al so 550-600 skote deur hom, tussen nou tussen bokke, jakkalse en "herlaai gogga", so nou is ek gelukkig met hoe hy skiet, so deesdae gooi ek net lood as die ogies inkom.

Probeer so bietjie loop spaar van hier af, maar ek stem dar is dae wat 'n man se hart brand om bietjie skietbaan toe te gaan, om daai groepe net so 'n rapsie kleiner te forseer  ;D  ;D

Dis lekker as jy weet die skoot gaan raak wees, terwyl jy nog "squeeze" op die trigger.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Stefan764 »

Ja nee Raves nou praat jy!!

Ek is hoeka so 3pm se kant opad skietbaan toe. Het nuwe punte (Hornady 139gr SST) gelaai, wil nou kyk waar group hy. Het op 51gr S365 begin en gat op tot so 53gr. My vorige lading was 52gr met 150PMP punte, hy behoort dam seker nie te ver uit te wees nie?

Mar nou ja, lat ek bietjie verder lees wat gesels julle manne hier op die forum, eks tog nie nou lus vir werk as n man in elkgeval oor n uur kan ry nie  ;D

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by 243Songdaug »

Sal iemand nou bietjie vir ons foto's van hul papierbokke oplaai?

Dis mos altyd lekker om 'n mater se groeperings te sien.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 865
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Wielie Waps »

Jaco
Ek sal die ys breek.
Ons ou spannetjie het nie te goed gevaar by Aliwal nie , maar kon darem by ons laaste baan(Baan 1)
hierdie groepie bymekaar sit. Die manne wat daar was weet dat die wind op daai stadium redelik te kere gegaan het. In my groep was daar 2/22-25nulle, 1/300WM,1/270 en 'n 223.
Image
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Namib »

Hi almal
Image
Image
My papier jekkoltjie,eerste foto 9/10/2010 oggend net na 7 op 100(3)/150(2)220(2)Suidekind was saam.
Toe weer die 24/10/2010 net gaan sekker maak dis die waarheid.1/2 drywers fout 3/4 waarheid(weer was Suidekind saam).Ek is maar iemand wat die goed gereeld doen want dit hou jou skerp en gee goeie self vertroue.Dan as die skoot in die velt nou nog loop is dit net jy wat moet bik of better som maak.

Groete
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by KSV »

Hier is ons Steenbok span se teikens van laas jaar.  Op die bees was ons gelyk met die wenspan en op die springbok het ons bietjie naam weggegooi. ;D

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Namib »

Hi Hein

Ek sien dan niks om die ore nie? :D ;D :D ;DSe gou vir my die afstande sien ek op die teiken maar waar staan,sit of le jy of hoe werk dit.

Groete
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by KSV »

Sal jou more lui. Als by die werk.

Meer punte om die hart as onder die ore. Hehe

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Namib »

Hi Hein

Moet gaan vir goud,nie om die hart nie,in die hart en nie van die kop af nie maar op die ore(baie plek tussen die oor en rooi lyn) :D :D :D. Waar is die 375 se tonels? ;D ;D

Groete
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Boesman »

Partykeer skiet ek beter as ander kere.  :) Hier's voorbeelde.

Image

In die groter gat in die wit sit drie pitte, die vierde een (wat derde geskiet was) in die swart, was 'n geroepte flyer.

Image

En die tweede probeerslag lyk so.  ;D Dit was 100m, ek skiet te sleg vir 200m.

.223 Remington VSSF II
Last edited by Boesman on Fri Oct 29, 2010 7:52 am, edited 1 time in total.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Namib »

Hi Boesman

Vetel biettjie die manne met wat se ammo jy daai mooi groepeering gegooi het.Maak my jaloers as jy vat ek sit baie tyd in my herlaaiery in en jy kry dit uit n box van die rak af.Ons sal nog werk aan daai wat so weg dwaal,nie die geweer maar wel die baas.

Groete
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by 243Songdaug »

HEL!  Julle manne gooi mos mooi.

Sal gou netnou deur my foto's draf en 'n paar van my "Breggers" oplaai.
Dont tell me, show me......
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Boesman »

Namib

:-[ Laat jy my nou bloos :-[ Ja, die drywer kort nog skaafwerk, sal seker maar ophou skaaf as ek dood. In alle nederigheid, daardie ammo is nie eers van die rak af nie, dis op 'n stadium Oom Magnus s'n gewees. Ek het nie die vaagste benul wat die koeel weeg nie, of wat die snelheid is nie, sal nog uitvind. Ek het dit darem effens gesorteer om dieselfdes te probeer saamskaar. Die stempel op die doppie se kop lees 84/12. Ek vermoed (en dink julle sal saamstem) dat die eerste foto se groepering 'n gelukskoot was. Pardon the pun. Die tweede foto skree hardop en in hoofletters 'HERLAAI'.  ;)

;D Moet ek groeperings van my oopvisier .303 ook wys?  ;D
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Arnold »

Ek het die vernier op die buite maat van die groep gestel sodat mens net mooi die grootte kan sien. Die 'c-t-c' mate van die groepering geskiet oor die afstand van 200 meter, is dan 36.19mm.
Die geweer is ?n FN Supreme met Lynx 1.5 - 6 x 42 teleskoop. Die 195gr HV koe?l se trompsnelheid is sowat 2960vps uit die 24" loop met die spesifieke lading.
Image

Hierdie is op 100m van die bank af met my CZ550 308 Winchester, 155gr Nosler custom competition koe?ls, Winchester doppe, BR2 primer, COL 71mm, 2650 fps
Image

Hierdie is op 100m van die bank af met my Howa 223 Rem, 55gr Sierra gamekings, Remington doppe, Winchester primer, 3080 fps
Image
Image
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Stefan764 »

More maats... Gister se toets...

Image

Image

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Stefan764 »

Het gister gaan skiet met ladings van 51.0gr kruit tot en met 52.6gr, met intervalle van 0.2gr

Die beste groups was op die 51.0 en die 52.0gr, maar soos julle sien, is hy nog nie presies op 100m nie.

Gaan nou laer laai (van 50.8gr tot 49.0gr) en dan maar weer probeer...

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by 243Songdaug »

Ek het 'n vermoede dat ek al my goeie skote opgebruik tydens oefeninge en wanneer ek moet kompitisie skiet bly net die pens en bekskote oor.

My Zebra teiken tydens oefening
Image
My 2009 Bosveld en Vlakte teikens tydens die 2009 Noordkaap President skiet
Image
Twee Blouwildebees teikens - natuurlik geskiet tydens oefening sessies!
Image
Image

Die laaste blouwildebees is darem tydens 'n kompitisie geskiet - 'n besonderse lekker dag gewees! 8 x mooi V-kolle en dan natuurlik die laaste een wat ek in die 20's geskiet het oor ek so opgewonde geraak het!!!
Image

Nog 'n kompitisie groepering - 5 deur een gat en vier net regs bokant die 5-skoot-groepering:
Image


En laastens die girl waarmee ek die meeste van die groeperings geskiet het - my 308 Winchester: Op 'n 3-poot wat ek self bou, my kolf is deur Oom Hennie gebou(en deur my aangepas!!!), Optics: MTC Viper 8-32x56 en die pyp is 'n Pac-Nor SS wat op 23 duim afgeny is(Om beter te staan en skiet) - geflute om windgat te lyk! 
Image
Image
Dont tell me, show me......
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Geno »

Hier is twee teikens wat ek met die boog op 30m geskiet het, nie great nie, maar goed genoeg vir my doeleindes.
Image
Image

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Namib »

Hi 243Songdaug

Mooi gegooi,en ek laaik daai girl van jou.Die 3-poot 10/10.

Groete
Chrisjan

Re: Trofee "Papier-bokke"

Post by Chrisjan »

Dit Lyk goed manne, hoe upload ek pictures? Dit laat my nie toe om te browse na die files toe nie?
Last edited by Chrisjan on Mon Nov 01, 2010 12:34 pm, edited 1 time in total.
Post Reply