Trofee Kamer

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Trofee Kamer

Post by Ian »

Die naweek wat verby is wil ek vir Ronald Nel, Pieter Swart en hul families 'n bietjie bederf en ek reel om Sondag oggend vir hul Eben Espach se trofee kamer te gaan wys. Ons stop 07H45 op Eben se plaas waar Piet Goosen ons ontvang en vir ons die tabakstoor oopsluit. Daar is twee tabakstore reg langs mekaar waar dit met 'n toegeboude brug mekaar vergesel.

Hier is die eerste tabakstoor se foto's.

Ek het met die eerste twee foto's 180 grade omgedraai om foto's te neem.

Die laaste foto sit ek by een van die Rooikatte wat ek in Hartebeesfonteindistrik geskiet het wat Eben by my oorgeneem het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Ian »

Tabakstoor 2 het ek die Olifant afgeneem en 10 tree terug weer 'n foto en 'n 180 grade gemaak en die res afgeneem.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Ian »

Hier staan Ronald by een van vier Lord Derby Elande wat daar is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Trofee Kamer

Post by DWB »

Liewe ouers! Dis ongelooflik!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Trofee Kamer

Post by JPS »

WOW!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Trofee Kamer

Post by KalahariKlong »

Baie mooi.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Trofee Kamer

Post by kopskoot »

Moet julle sê,dit is nou een van die mooiste trofeekamers wat ek sl ooit gesien het.
Ongelooflik!

En dan glo mense nog die mite, dat geld nie geluk kan koop nie ;D
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Marc »

Dit is menigte trofee jagter se droom, ek kan myself insien met so plekkie van my eie eendag. Wat 'n bevooregte man, baie dankie vir die deel O0
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Trofee Kamer

Post by Boskamper »

Blikkies, dis uitstaande mooi ;)
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Trofee Kamer

Post by DWB »

Ian,

Daar waar die varke staan, watter spesies is dit almal?

Is die man 'n trofeejagter of versamel hy maar net?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Trofee Kamer

Post by BRNO (Pierre) »

Daai rooibok in die springende posisie bo die een venster is vir my baie mooi gedoen. Ek hou baie van die vertrek. Groot voorreg wat die man het.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Trofee Kamer

Post by DWB »

Ian wrote:Hier staan Ronald by een van vier Lord Derby Elande wat daar is.
Ek is seker een of ander outfitter in Cameroon het 'n redelike gatkramp op daai oomblik gekry as ek die meneer se ongelukkigheid op sy gesig so dophou! :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Trofee Kamer

Post by Frikkiedbr »

Baie mooi, wonder wat het gebeur met daai klein kameelperdtjie, shame.
Dis nou 'n museum daai, nie 'n trofee kamers nie.

Dankie vir die deel Ian
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Ian »

Eben is 'n trofee jagter ja. Hy gaan skiet elke jaar sy Lord Derby eland in Cameroon. Ek weet nie watse spesie vark daai is nie. Hy het bv. al die hartebees spesie gekiet. Die mooiste is natuurlik die Kleiner Koedoe. Ek sal later nog 'n klompie foto's opsit.

Eben is seker die fikste persoon wat ek ken, hy oefen elke dag vier ure lank net vir die jagte bo in Afrika.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Trofee Kamer

Post by DWB »

Wanneer werk hy? ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Hugo »

Watse werk doen hy, vra eerder daai vraag.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Geno »

DWB wrote:Daar waar die varke staan, watter spesies is dit almal?
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/ESS4.JPG


Bitter mooi versameling!
Goed, beter, 6millimeter!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Ian »

Hugo wrote:Watse werk doen hy, vra eerder daai vraag.
Hugo

Eben sit nie verniet waar hy vandag sit nie. Hy het in Stellenbosch gestudeer en sy studies betaal deur om perlemoen te duik toe dit nog wettig was 31 jaar terug. Hy besit al die Engen Quick Stops in SA. Soos my pa altyd vir my gesê het: as jy iewers in die lewe wil kom moet jy die geleenthede aangryp wat jou paaie kruis en dit is wat hy gedoen het.

Hier is nog 'n foto van sy Hartebees versameling en dan ook 'n foto van die "Lesser Kudu" vir die manne wat hom nie ken nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Hugo »

Het die man oop poste vir n extra seun?

Ja nee Ian, as jy nie die gap vat nie, sal jy nie weet nie.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Trofee Kamer

Post by kopskoot »

Die man is nie sommer van hier nie. Skuur blykbaar skouers met die grootste name in ons land. Bly in Stellenbosch op sy wynplaas- Libertas, en besit lyk my meeste van die Engen vulstasies in SA , en ook 'n paar Ultra cities.

Hy't blykbaar 'n dogter wat in matriek is, maar jy sal jou storie moet ken, want die man besit blykbaar ook 'n m039se lot Holland& Holland dubbels, en ons almal kan sien, hy weet hoe om hulle te gebruik.

Ja, die is waarvan drome aanmekaar gesit word!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Hugo »

Maar dis n bitter mooi versameling.

Ronnie, ek is trou materiaal.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Trofee Kamer

Post by kopskoot »

Hugo wrote:
Ronnie, ek is trou materiaal.

Weet nie of jy die cut gaan maak,as hy jou adres hoor nie ;D

Ouens soos hulle, kyk neer op inwoners van Sandton, so die Moot sal dalk ook nie lekker gly nie ;D ;D ;D
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Hugo »

Almal wil n huisie in die moot he...
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Hilux01 »

Sjoe

Dis wragtig iets besonder, ek reken dalk een van die groter privaat versamelings in SA? Sal graag wil hoor wat dink ander manne
Laat my Eland en Koedoe daar teen die muur sleg min lyk... :laugh:
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Trofee Kamer

Post by Geno »

Eben Espach is ook een van Rowland Ward se direkteure.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply