Jag DVD ontstel my
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Jag DVD ontstel my
Ek sit en wonder of ek regtig gebou is om gevaarlike wild jag te doen.....dit is nou nadat ek gisteraand na `n dvd moes kyk om `n jag situasie te kan vind wat ons wil gebruik om in die kluis se skietbaan `n toneel teen `n wit skerm te skyn sodat `n mens `n stormende buffel/olifant/leeu kan projekteer en op die aanstormende dier kan skiet en so `n vaardigheid kan ontwikkel om die .404 Jeffery beter te kan hanteer, ons gaan ook die slee metode gebruik wat op die tipe skiet dae gebruik word om ons vaardighede te oefen..die slee wat met `n motor ingewin word teen `n vinnige spoed om hantering onder druk situasie na te boots....
Terug by die dvd, dit is `n dvd van Mark Sallivan, nie ver deur die dvd het ek al begin naar word, my seun Ruan het aanmerkings gemaak soos,: moet ons die gemors kyk Pa?
My vraag is , is ek die enigste jagter/natuur mens wat so gewalg word deur die tipe dvd ? Het ek `n vereerde persepsie oor wat dit behels om groot gevaarlike wild te skiet, is dit altyd so `n bloedbad en derms wat die resultaat is van die tipe jag?
Ek hoor graag van julle....

.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Jag DVD ontstel my
Gert, ek reken as jy die man se naam gaan search op die forum, sal jy wyd uiteenlopende komentaar van hom raaklees. Hy is verseker ekstreem, maar het tog n manier om die adrenalien te laat pomp. Ek reken nie jy moet jou opinie van groot wil jag op een DVD form nie. Daar is verskeie manne met almal uiteenlopende maniere van dinge doen. Kry nog n paar, of gebruik Youtube, en jy sal sien, van die ouens laat dit maar bra vervelig lyk.
Veiligheid eerste manne!
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Pierre, jy is sekerlik reg, miskien moet `n mens ingedagte hou dat dit maar gaan om die groot wild jagte te verkoop aan voornemende jagters van oorsee. Maar die deel waar die bloed so spat as die diere so raak geskiet word met die .600 kaliber gaan maar moeilik af, maar dit is seker soos dit moet wees, hoe groter die kaliber hoe groter die wond kanaal vir die opvolg skote.
Miskien is dit ek wat my idee oor die tipe jag moet verander, want dit is tog hoe `n dier gedood moet word, so vinnig as moontlik...ek let tog op dat van die diere reeds swaar verwond is en dit lyk of die man hulle redelik oorgehaal kry om te storm dat hy die finale groot skote kan uitvoer dat die bloed so spat...
Ek dink dit is miskien die deel wat my ontstel, dat hulle klaarblyklik(wonde aan lyf sigbaar voor die laaste stormloop) gewond is en gebruik word om die laaste indrukwekkende stormloop te doen miskien om `n adrinalien "rush' te skep op die vertoning. Soos ek kan aflei lyk dit my daar word doelgerig diere gewond om later tot `n stormloop te lei .....ek kan verkeerd wees... ek hoor graag van de ander lede ook...
Miskien is dit ek wat my idee oor die tipe jag moet verander, want dit is tog hoe `n dier gedood moet word, so vinnig as moontlik...ek let tog op dat van die diere reeds swaar verwond is en dit lyk of die man hulle redelik oorgehaal kry om te storm dat hy die finale groot skote kan uitvoer dat die bloed so spat...
Ek dink dit is miskien die deel wat my ontstel, dat hulle klaarblyklik(wonde aan lyf sigbaar voor die laaste stormloop) gewond is en gebruik word om die laaste indrukwekkende stormloop te doen miskien om `n adrinalien "rush' te skep op die vertoning. Soos ek kan aflei lyk dit my daar word doelgerig diere gewond om later tot `n stormloop te lei .....ek kan verkeerd wees... ek hoor graag van de ander lede ook...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Jag DVD ontstel my
Van die beste grootwild DVD' s wat ek nog gekyk het is Ivan Carter se DVD 's
Groete H
Groete H
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Hugo jy is reg, dit is definitief van die beste dvd/videos wat `n mens kan kry, selfs Craig Boddinton lewer baie opvoedkundige video/dvd materiaal.
Ek sal die dvd van Mark Sullivan redigeer en net die stormlope gebruik om op die projektor te wys sodat `n persoon die stormlope kan skiet en skootplasing verbeter so ook die hantering van die groot kalibers.
Ek sal die dvd van Mark Sullivan redigeer en net die stormlope gebruik om op die projektor te wys sodat `n persoon die stormlope kan skiet en skootplasing verbeter so ook die hantering van die groot kalibers.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Jag DVD ontstel my
Ek het al my "tapes" van die man weg gegee! Het geen DVD's van die dr#l nie! Hy walg my!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Jag DVD ontstel my
Elke ou op sy eie miskoek Marius. Daar is wel mense wat van hom hou, en goedkeur wat en hoe hy dit doen.mariusr wrote:Ek het al my "tapes" van die man weg gegee! Het geen DVD's van die dr#l nie! Hy walg my!
Veiligheid eerste manne!
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Pierre miskien maak ek `n te groot ding van die storie, maar ek verstaan nogal hoe Maruis so kan voel, dit is nogal die emosie wat die tipe dvd`s in meeste mense losmaak.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
-
MONTIE
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am
Re: Jag DVD ontstel my
Ek is nou nie mal oor sy manier van doen nie, maar die ou is beslis nie bang nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jag DVD ontstel my
As jy die Mark aap se boek gaan lees (daar is dalk seker 'n paar van hulle) sal jy sien dat hy baie duidelik se, eenskoot-doodskote is vervelig. Ja hy laat diere doelbewus kwes om 'n stormloop uit te lok. Kyk mooi na sy video's, hoe hy mense aanmoedig om na diere te skiet waar die uiteinde net 'n kwesskoot kan wees.
Sy video's is gemik op bemarking, hoe meer sensasie hoe beter. En vaal Jannie wat veel meer van sy rusbank af jag as in die werklikheid slurp hierdie gemors op. Marius ek stem verseker met jou saam.
Mooi loop

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Ek het eenmaal gelees waar iemand bekend sê as jy na Mark se videos kyk dan lyk dit of elke buffel 2 keer storm 
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1832
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Jag DVD ontstel my
MONTIE wrote:Ek is nou nie mal oor sy manier van doen nie, maar die ou is beslis nie bang nie.
Montie, Mark is skyt bang. hy kruip agter n 600 NE weg.
Wil sien hoe speel hy daai game met n 375 of n kaliber soortgelyk.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Jag DVD ontstel my
+1 veral ook Boddinton on buff en olifantHugov wrote:Van die beste grootwild DVD' s wat ek nog gekyk het is Ivan Carter se DVD 's
Groete H
Die Sullivan dvd het n groot groei in die groot wild jagte veroorsaak toe hulle uitgekom het
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Goeiedag Koos, Montie,458Exp, Flip
Ja ek dink definitief die tipe groot groot gevaarlike jag is absoluut gerig op sensasie en bemarking, `n man moet blind wees om nie raak te sien dat daar reeds bloed op die buffels se bors en sykante is, voordat die tweede en laastse stormloop begin waarna hulle plat geskiet word deur die klient maar meer deur Sallivan se .600 dubbel...dis net bloed en grond wat spat ....selfs van die seekoeie wat storm vloei daar reeds bloed van hulle lywe af...so hulle was reeds geskiet, in so `n mate dat hulle weer sal storm om daar die laaste doodskoot effek te gee...die man glo nie aan eenskoot dood skote nie...hy verleng die jag ervaring erg....wring elke onsie opwinding en adrenalien rush uit die jag...die klient kry werklik waarde vir sy dollars...enhy kan gaan vertel van hoe erg hy in doodsgevaar verkeer het en dat net sy skootplasing hom van `n seker dood gered het, hy het immers die video materiall om dit te bewys ....
Ek sal maar oefen om daardie een skoot dood skoot reg te kry , ek wil nie `n sullivan op myself trek nie..ek is maar `n sagte man is dit by bloed kom...
Dankie vir die terugvoer dit word waardeer as ander lede ook insette lewer...teminste dink mense dieselfde oor die tipe jag..en keer min manne dit goed...
Ja ek dink definitief die tipe groot groot gevaarlike jag is absoluut gerig op sensasie en bemarking, `n man moet blind wees om nie raak te sien dat daar reeds bloed op die buffels se bors en sykante is, voordat die tweede en laastse stormloop begin waarna hulle plat geskiet word deur die klient maar meer deur Sallivan se .600 dubbel...dis net bloed en grond wat spat ....selfs van die seekoeie wat storm vloei daar reeds bloed van hulle lywe af...so hulle was reeds geskiet, in so `n mate dat hulle weer sal storm om daar die laaste doodskoot effek te gee...die man glo nie aan eenskoot dood skote nie...hy verleng die jag ervaring erg....wring elke onsie opwinding en adrenalien rush uit die jag...die klient kry werklik waarde vir sy dollars...enhy kan gaan vertel van hoe erg hy in doodsgevaar verkeer het en dat net sy skootplasing hom van `n seker dood gered het, hy het immers die video materiall om dit te bewys ....
Ek sal maar oefen om daardie een skoot dood skoot reg te kry , ek wil nie `n sullivan op myself trek nie..ek is maar `n sagte man is dit by bloed kom...
Dankie vir die terugvoer dit word waardeer as ander lede ook insette lewer...teminste dink mense dieselfde oor die tipe jag..en keer min manne dit goed...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
-
MONTIE
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am
Re: Jag DVD ontstel my
458Exp wrote:Nie so daaroor gedink nie. Ek stem saam met jou.MONTIE wrote:Ek is nou nie mal oor sy manier van doen nie, maar die ou is beslis nie bang nie.
Montie, Mark is skyt bang. hy kruip agter n 600 NE weg.
Wil sien hoe speel hy daai game met n 375 of n kaliber soortgelyk.
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Jag DVD ontstel my
Sullivan is so ruk gelede uit Tanzanie geskop oor sy metode van doelbewus kwes om 'n stormloop te waarborg. Die PH's daar verpes hom.
Terloops, ek het die man ontmoet by Watson Bros in London toe ek my 500 daar laat bou het, wat 'n arrogante narsisis. Hy het toe 'n 700 nitro dubbel bestel, maar daarop aangedring dat dit nie meer as 14 pond moet weeg nie, glo om dit meer hanteerbaar te maak vir sy macho stormlope. (het die tyd gese sy Marcell Thys 600 nitro is nie meer kragtig genoeg nie) Die arme Allan Wey wat die regulering gedoen het, was amper dood. Ons het toe lekker gelag toe Sulliven so paar maande later inkom en vra of die geweer so bietjie swaarder gemaak kan word, so na 18 pond toe!

ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Jag DVD ontstel my
My beskeie mening van hom is ook dat hy n 3 o lay is, wat jagters se name gat maak met swak skote as gevolg van sy adrenalien lus, en dan boonop nog sulke dvd en videos op you tube sit en dit bemark, dis swak smaak en wysnwatter tipe persoon hy inwerklikheid is!
12/10 vir Tanzanie!!!!!
12/10 vir Tanzanie!!!!!
-
Zack Benade
Re: Jag DVD ontstel my
Ek het al die briewe deurgelees en aanvaar elke man se opinie maar ek wil tog hier en daar verskil.
Ek is egter nie 'n groot wild jagter nie en het geen begeerte om 'n olifant, leeu of luiperd te skiet nie. Ek is nie skaam om te noem dat ek van sy video's hou nie. Dis beslig nie vervelig nie.
Ek het my al meer geskaam vir dinge wat in ons jagveld gebeur. Van die verskille of eerder bakleiery self hier op jaracal maak ons jagters se naam meer skade as een Mark Sallivan video.
Ek wil op niemand se tone trap nie maar wat wel na vore kom in al die videos is dat die kliente met die groot gewere maar self swak skiet en verseker verantwoordelik is vir baie gekwesde diere wat Mark moet help van kant maak.
Julle is welkom om van my te verskil.
Ek is egter nie 'n groot wild jagter nie en het geen begeerte om 'n olifant, leeu of luiperd te skiet nie. Ek is nie skaam om te noem dat ek van sy video's hou nie. Dis beslig nie vervelig nie.
Ek het my al meer geskaam vir dinge wat in ons jagveld gebeur. Van die verskille of eerder bakleiery self hier op jaracal maak ons jagters se naam meer skade as een Mark Sallivan video.
Ek wil op niemand se tone trap nie maar wat wel na vore kom in al die videos is dat die kliente met die groot gewere maar self swak skiet en verseker verantwoordelik is vir baie gekwesde diere wat Mark moet help van kant maak.
Julle is welkom om van my te verskil.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jag DVD ontstel my
Ek dink die verskil is dat Mark self duidelik in sy een boek se (ek het dit gelees) dat eenskoot-doodskote vervelig is. Kyk jy ook na sy DVD's sien jy hoe hy mense aanmoedig om te skiet waar die uiteinde beslis net 'n kwesskoot kan wees. As jy ook die man se boek lees sal jy verstaan hoekom hy uit Tanzanie verban is en hoekom so baie mense 'n slegte smaak in die mond kry as hulle sy naam hoor. Hyself beswadder vele mense in sy boek. En maak selfs sulke belaglike aanmerkings soos, dat mense en PHs wat met donkerbrille jag nie in die jagveld hoort nie.
Mooi loop
Mooi loop
-
Zack Benade
Re: Jag DVD ontstel my
As hy dan so sleg is hoekom het hy dan altyd kliente wat saam met hom wil jag?En maak selfs sulke belaglike aanmerkings soos, dat mense en PHs wat met donkerbrille jag nie in die jagveld hoort nie.
Hoeveel PH's is hier in SA met dieselfde track record??
Elke jaar hoor jy van jagters wat doodgemaak word deur groot wild. Met hom as PH sal dinge seker anders verloop het. Miskien het hierdie kliente se PH's donkerbrille gedra??
Wie weet miskien het hy 'n punt beet wat die donder brille betref??
Ek persoonlik dink ook 'n donkerbril pas by 'n visserman en by 'n jagter nie. Dis elke ou se persoonlike keuse.
As ek groot wild sou wou jag sal ek hom eerder langs my wou hê want hy het al meer grootwild suksesvol gejag as almal saam hier op die forum. Iets wat niemand by hom kan wegvat nie is ondervinding.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jag DVD ontstel my
Dis reg Zack, ek sien jy's 'n fan. Soos jy tereg gese het, elke ou moet maar maak of dink soos hy goed dink.
Mooi loop
Mooi loop
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Ek persoonlik dink nie hy is vreeslik suksesvol nie - hy het miskien meer gekweste diereZack Benade wrote: hy het al meer grootwild suksesvol gejag as almal saam hier op die forum. Iets wat niemand by hom kan wegvat nie is ondervinding.
geskiet as meeste ander maar dit maak hom nie in my oe 'n suksesvolle jagter nie. Dis soos
om te sê 'n vlieënier is goed want elk keer as hy 'n vliegtuig laat val kom hy lewendig
uit die noodlanding.
Ek dink as jy goed is doen jy als in jou vermoee om nie in daai situasie te kom nie en
jy plaas nie jou kliente doelbewus in daai gevaarlike posisie nie.
-
Zack Benade
Re: Jag DVD ontstel my
Die groot ding wat ons almal om geriefliksheid vergeet is dat dit altyd die klient is wat eerste skiet.
Nie een keer het hy voor die klient geskiet nie. Wie kwes die dier?
Dis onregverdig teenoor hom om te se hy wond die diere om hulle 'n tweede keer te kan skiet. Hy doen sy werk waarvoor hy betaal word. As die klient of jagter die eerste skoot 100% reg geskiet het was dit onnodig vir opvolg skote.
Die blaam moet eerder deur die klient of jagter gedra word hiervoor??
As hy die klient aanhits om onaanvaarbare skote te skiet hoekom stop die jagter hom nie? Dis al verskeie kere deur gewone jagters hier bespreek dat 'n gids of PH nie vir die jagter moet besluit waneer om te skiet nie. Wat maak grootwild jag anders?
Nie een keer het hy voor die klient geskiet nie. Wie kwes die dier?
Dis onregverdig teenoor hom om te se hy wond die diere om hulle 'n tweede keer te kan skiet. Hy doen sy werk waarvoor hy betaal word. As die klient of jagter die eerste skoot 100% reg geskiet het was dit onnodig vir opvolg skote.
Die blaam moet eerder deur die klient of jagter gedra word hiervoor??
As hy die klient aanhits om onaanvaarbare skote te skiet hoekom stop die jagter hom nie? Dis al verskeie kere deur gewone jagters hier bespreek dat 'n gids of PH nie vir die jagter moet besluit waneer om te skiet nie. Wat maak grootwild jag anders?
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Jag DVD ontstel my
Zack, smaak verskil mos maar.
Ek vat ook baie kliente uit, vra maar vir Johan hulle wat saam was met die Bwb skiet, ons is eers skietbaan toe, die manne het geskiet, tot hulle gewere en hulle reg was. Ek voel, as hy die jagter baan toe vat, en die geweer knyp die ou dat hy flinch, moet hy daai jagter reg kry en af kry daarvan af, voor hy veld toe gaan met hom. Kyk maar op sy videos hoe flinch daai manne, so ou sal nie skiet saam met my nie!!
Luister hoeveel keer se hy vir die jagter shoot, shoot, you must shoot now! Hy kort n kolf op die kakebeen dat hy niks kan se nie, net die bok uitwys en die jagter los om self te besluit.
Dis my opinie, wil jie stry nie asb, se net hoe ek voel, hahahahaha!!!!

henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Jag DVD ontstel my
Die eenvoudige antwoord is dat dit is slegte smaak om n bloed sport sensasioneel te maak.Zack Benade wrote:Die groot ding wat ons almal om geriefliksheid vergeet is dat dit altyd die klient is wat eerste skiet.
Nie een keer het hy voor die klient geskiet nie. Wie kwes die dier?![]()
Dis onregverdig teenoor hom om te se hy wond die diere om hulle 'n tweede keer te kan skiet. Hy doen sy werk waarvoor hy betaal word. As die klient of jagter die eerste skoot 100% reg geskiet het was dit onnodig vir opvolg skote.
Die blaam moet eerder deur die klient of jagter gedra word hiervoor??
As hy die klient aanhits om onaanvaarbare skote te skiet hoekom stop die jagter hom nie? Dis al verskeie kere deur gewone jagters hier bespreek dat 'n gids of PH nie vir die jagter moet besluit waneer om te skiet nie. Wat maak grootwild jag anders?
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim