Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Eugene »

Gawie(7mm) wrote: Goue reel nommer een wat my vrou my geleer het: Ry met jou eie voertuig; as jy nie hou van die geselskap nie: "dump and drive"

My stukkie wysheid vir die week 8)

Groetnis.
Baie waar woorde!

Niks so onsmaaklik soos 11.1.11 geselskap en jy is verlee oor vervoer nie....
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3969
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by tau »

Gawie(7mm) wrote:
Jake1 wrote:Laat iemand se geweerloop per ongeluk na my wys al is hy nie gelaai nie, ek klim in my voertuig en gaan huistoe net daar, ononderhandelbaar.

Jake1
+100!

Ek staan maar lig in my sokkies, maar ek het 'n redelike "reik-wydte". Dit kan onsmaaklik raak. :o

Goue reel nommer een wat my vrou my geleer het: Ry met jou eie voertuig; as jy nie hou van die geselskap nie: "dump and drive"

My stukkie wysheid vir die week 8)

Groetnis.
Laat Petrie GreyghostGear julle vertel van iemand se loop wat na jou wys........ Ek nooi hom om saam met ons varke te kom jag. Ons ons stop by die bymekaar kom plek klim uit die kar skut hand en ontmoet vir die eerstekeer. EK is nuut op Jaracal en weet nie wat hy doen wat sy huis nommer of sy vrou se naam is nie, ons ken mekaar seker 10 sekondes. Ons stap na die jagluier en toe ek Petrie aan hom voorstel en hulle druk hand in die 05:30 donker oggend klap 'n skoot reg agter ons en die klippe reen op die wereld neer. 'n Mannetjie het agter bekende Kaapse jakkals jagter Spring Geldenhuys sy .300 WM skoon gemaak nadat hy hom uit die sak gehaal het en toe die sneller gedruk om seker die maak die kamer is leeg. God dank die loop wys af, maar ons staan op rooi gravel en dit is net klippe wat om ons reen. Kan julle dink Petrie is geskiet en ek moes mense begin soek of sy mediese fonds nommers etc. EK en die res van die manne is darem bekend aan mekaar.

Ek is altyd veiligheid mal, maar daarna is ek irriteerend. Jy skrik jouself vrek as die oggend stilte so langs jou gebreek word.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by PWV »

tau wrote:

Jy vertel die storie so kalmpies asof dit 'n alledaagse gebeurtenis is. As ek nou daar was sou so 'n ou aan die eerste en beste boom gehang het en daarna lewenslank verbied word om nader as 100 meter aan 'n vuurwapen te kom.
Manne kan maar vir my kwaad word wanneer dit by die hantering van vuurwapens kom. Eerder dit as wat die gevolge is soos in die geval van O.P. en dan net sê, "I am so sorry. It was an accident!"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3969
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by tau »

Oom PW ons het eers na so uur weer begin praat en dink van skok so paar km weg in die veld terwyl ons so stap en soek na varkie onthou ek hoe ek eweskielik vreeslik lelik gevloek het toe ek eers die realiteit van die saak besef het.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Zack Benade

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Zack Benade »

Julle moet maak soos in die army. As daar op jou geskiet word moet jy dadelik vinnig terugskiet. ++>: ++>:

Op 'n ernstige noot.
Ongelukke gebeur baie vinnig. Iemand kon baie seer gekry of self dood geskiet word. Elke man maak iewers in sy lewe 'n foutjie maar dit wil voorkom of dwase meer as 10 maak.
Identifiseer hulle en vermy hulle soos pes.

Wat my die laaste ruk baie pla is dat tydens voeljag (bosduiwe skiet met haelgeweer) daar al meer manne skiet met .22 na duiwe wat op die grond en op die sonneblomme sit.
Ek glo dis iets wat oral in die land gebeur. Dis onaanvaarbaar want 'n ongeluk GAAN gebeur. Net tyd sal waneer bepaal.
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by william007 »

Ek sal se dat n mens n goeie verstandhouding het met die boer waar jy gaan jag ,en dat julle 100% oor een stem met hoe die dinge gaan gebeur en wat dit kos ens

Ek se altyd vra eerder 1000 vra as wat jy wonder en nie sekker is nie,want prys ,wild,akkomodasie ,slaggeriewe,bakkie jag ,stap jag ,al daai klas dinge is belangrik en wat se geriewe daar is.

En dan waar jy gaan jag dat jy die regte jag permitte uit neem vit watter provinsie,of as jy Nam toe gaan dat jy die regte papierwerk het.

As ek uit n eienaar se oog punt kan praat ,moet jy sekker maak jy het jou klient 100% ingelig hoe die jag werk en akkomodasie ens ,en maak sekker by jou klient laat hy verstaan dat as dit bv n stap jag is dat dit moeilik gaan wees of as die bokke wild is dat jou klient dit weet of dat die akkomodasie bv krag het of nie krag het nie ens

En maak sekker dat jou klient die reels en alles verstaan.

En ja ek stem ook saam dat die eienaar moet eerlik met jou wees en nie se daai klas wild is daar as dit nie so is nie
ek sal se eerlikheid is die belangrikste op n jag.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Jake1 »

Met jag het ek nou al telkemale gesien dis daai vreemde ou vir wie jy moet bang wees, ek vat regtig 'n rukkie voor ek in 'n nuwe ou se geselskap veilig voel as hy 'n geweer in die hand het.

Ek kom so rukkie terug by 'n vreemde ou aan wat ek van geen kant ken nie wat sy vuurwapens wil verkoop. Hy bring 2 gewere in hul geweersakke daar aan. Eerste haal ek 'n 3006 uit die sak en hy is sowaar gelaai toe ek die slot oopmaak om veiligheid te bevestig....... Toe ek sy .222 uit die sak haal is die ding ook gelaai. Toe ek hom konfronteer sê hy vir my hy hou hulle maar altyd so gelaai in sy kluis >:+ Ek besef toe dat toe hy die gewere vir my gebring het het altwee lope op 'n stadium in hulle sakke na my gewys. Dis sulke dinge wat my skuins die bl$ksem in maak. Ek kry steeds so snaakse rilling in my rug as ek aan sulke goed terugdink.

Oppas vir daai pel se pel wat jy nie ken op die jag nie, hy irriteer jou miskien die hele naweek(waarvoor jy duur betaal het) met flou grappies, suip miskien te veel of hy skiet jou miskien nog sommer raak ook..........

Ken maar eerder jou jagmaats
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Chevvy SS »

Pvdw wrote:[quoteDan sal ek en jy en oom PW nie saam jag nie...............]
Nou wie suip so, jy of oom PW??[/quote]

Ons altwee vat maar skerp Pvdw.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by PWV »

Chevvy SS wrote:
Pvdw wrote:[quoteDan sal ek en jy en oom PW nie saam jag nie...............]
Nou wie suip so, jy of oom PW??
Ons altwee vat maar skerp Pvdw.[/quote]

Chevvy, jy is besig om 'n vriendskap te ruïneer!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Capt. Yoda »

Ag Oom PW da is mos niks fout om lekker te vat in die veld nie.As die gewere gebere is kan mens jouself mos maar geniet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by PWV »

Capt. Oblivious wrote:Ag Oom PW da is mos niks fout om lekker te vat in die veld nie.As die gewere gebere is kan mens jouself mos maar geniet
Oblivious, ek kan een ding van jou sê en dit is dat jy jou naam gestand doen!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Jake1 »

Capt. Oblivious wrote:Ag Oom PW da is mos niks fout om lekker te vat in die veld nie.As die gewere gebere is kan mens jouself mos maar geniet
+1 Kan nie sien hoekom nie 8)
Frikadel
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Frikadel »

Ek het net een baie goeie vriend saam met wie ek jag elke jaar en ons ken mekaar baie goed. In die oggend emaak ons saam brekkie, gaan jag saam en doen alles saam. Ons het altyd n kwota van so 10 Blessies elke jaar en al kwes hy help ek betaal en andersom.

Jagpelle is die belangrikste, die res van veiligheid, lekker jag en n geen stres jagtog waar jy uitgerus by die huis aankom sal vanself gebeur.

Ek en my pel was laasjaar saam genooi saam met n vreemde groep, nooit weer nie!!
Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
JR68
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Sat Jun 26, 2010 9:26 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by JR68 »

1) veiligheid
2) goeie vriende
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Koos Barnard »

Een ding wat vir my ononderhandelbaar is, is 'n gesuip in die veld. Voor of selfs na die gewere gebere is.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by FCLoretz »

Koos Barnard wrote:Een ding wat vir my ononderhandelbaar is, is 'n gesuip in die veld. Voor of selfs na die gewere gebere is.
Daar stem ek saam Oom Koos.

Ek het niks teen iemand wat 'n biertjie of 2 geniet na 'n lang harde dag in die veld nie, maar 'n man wat 'n kas bier by homself uitsuip elke aand is nie my idee van lekker jag nie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Eugene »

FCLoretz wrote:
Koos Barnard wrote:Een ding wat vir my ononderhandelbaar is, is 'n gesuip in die veld. Voor of selfs na die gewere gebere is.
Daar stem ek saam Oom Koos.

Ek het niks teen iemand wat 'n biertjie of 2 geniet na 'n lang harde dag in die veld nie, maar 'n man wat 'n kas bier by homself uitsuip elke aand is nie my idee van lekker jag nie.
Hiermee stem ek volmondig saam! Self al suip 'n ou 'n bottel of 'n kas bier uit, maar hy gedra homself, het ek nie probleem daarmee nie. Maar hierdie manne wat hulself soos studente gedra as hulle onder mamma se oë uit is, vir hulle het ek nie tyd nie..... Ek kan by die huis drink as ek wil, onder mamma se oë! As ek in die veld is, wil ek jag en die buitelig geniet!
Aim small, miss small
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by 375fanatic »

my vrou het nog nooit n probleem gehad met my jagmaats nie maar vandat sy hulle ontmoet het weier sy dat meer saam met hulle jag

ek kan dit nou nie verstaan nie hoe gee n ou 15 jaar se jag ervarings en vriendskap net so op ek plaas n foto van my jagmaat >:D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Frikadel
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Frikadel »

FCLoretz wrote:
Koos Barnard wrote:Een ding wat vir my ononderhandelbaar is, is 'n gesuip in die veld. Voor of selfs na die gewere gebere is.
Daar stem ek saam Oom Koos.

Ek het niks teen iemand wat 'n biertjie of 2 geniet na 'n lang harde dag in die veld nie, maar 'n man wat 'n kas bier by homself uitsuip elke aand is nie my idee van lekker jag nie.
Nee wat, pla nie solank hy net nie my bok hoef te skiet nie.
Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by FCLoretz »

Frikadel wrote: Nee wat, pla nie solank hy net nie my bok hoef te skiet nie.
Die probleem is as hy met sy babbelaas lyf die veld invaar en hy kwes 'n bok. Dit draai baie keer so uit dat hy dan jou verhouding versuur met die plaas eienaar. Jy word onder dieselfde kam geskeer as die mense saam wie jy jag.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Francois Hugo »

Dankie Win270,

Goeie onderwerp!

Ek stem met die meeste van die manne se menings saam, klink nou soos 'n inbeller van Nikie se se wie! ++>:

Een ding vat niemand nog regtig aangehaal het nie as ek rek gelees het is daardie doef geluid wat man sommer dadelik laat weet dit 'n doodskoot.

Ek haat kwesbokke al gebeur dit in die beste families..... Die belangrikste is die doodskoot vir my.

Groete uit die namakwaland

Francois Hugo
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by win270 »

Is daar dalk punte uit meer onlangse jagervaringe wat julle hier wil byvoeg?
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Forester »

Eerlikheid van die boer is die belangrikste vir my. Daar is eers vir my gesê dat slegs manlike diere beskikbaar is nadat oms in die veld was. Ek het nie 'n probleem daarmee nie, maar sou dit voor die tyd wou weet...
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Stefan Fourie »

Veiligheid en verantwoordelik met jou geweer te alle tye.

Sorg asb dat jou geweer 'n knaldemper op het. Dis meestal 'n "gentleman's agreement", maar ek verstaan al meer boere vereis dit, vind vooraf uit hoe voel die boer daaroor.

Los maar die drinkery vir die aand se braai en as jy drink, sorg asb dat jy op dieselfde "stasie" as jou mede jagters is. Niks so irreterend en ongemaklik soos 'n luidrugtige dronkgat wat hom slim hou, die hele gesprek oorneem en dan aan tafel uitpass nie. Dan is hy nog die volgende dag boggerall werd in die veld ook nie.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by win270 »

Hierdie gesprek is sowat drie jaar gelede gevoer . . . wat het julle intussen verder teengekom wat ook onder hierdie onderwerp die moeite werd is om te noem?

Kom ons lewer kommentaar steeds op so 'n vlak dat dit nie persoonlik raak nie. Sal graag verder wil luister . . .
Post Reply