Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ai manne ai ai. Bietjie goeie nuus en sommer baie slegte nuus ook. Die ander vark is gekry. Die boer bel my en ek besluit net daar om uit te ry en gaan kyk. Die skoot was net net onder die 400m. Die boer het my 6 mm geskiet. Hy het gese hy het vir die nek gegaan. Van waar hy gemik en en waar hy getref het is die verskik n duim links en n duim laag.
Slegte nuus. Hy se hy het n fout gemaak toe hy die sms gestuur het wat se die vark is 101 kg. dit is in werklikheid 91kg.
Die ander vark wat hy geskiet is 96 kg. sal netnou n foto plaas.
Die 100kg man wag nog vir my.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Hi Deon, ja ons roer die varke. Ons skiet omtrent elke middag hier van 6:00 af tot so 8:00. Ek moet se ek hou deesdae daarvan om ander manne te treat en te vat vir. Vinnige varkskiet. Ek sit by die regte plekke en wys dan die ander jagter waar behoort die vark uit te kom en hoe ver dit is en hoeveel hy moet afmik. Ek geniet om die uitdrukking op die mense se gesigte dop te hou as die varke val. Self het ek nog net 7 varke vir die jaar geskiet, en nie weer n swaar vark soos die een van 96 en 101 kg hier in die begin van januarie nie. Ek het 2 naweke terug die vrydagmiddag 4 varke in n halfuur geskiet waaarvan 2 in die kop was op n naby afstand. Beide was seker om en by n jaar en vir die eerste keer in n lang tyd het ek die 2 se vleis vir myself gehou en kaaswors gemaak. Ek het woensdag op ons privaat gongbaan n vark op 300m geskiet deur net die holdover te gebruik, wat ek vir die 300m gong gebruik.
Dit was n intresante ondervinding gewees.
http://i384.photobucket.com/albums/oo283/Jan-Harm/CopyofVark21b.jpg
Ek het hierdie vark Donderdag met die boog geskiet. 104 kg op die hoef en 61.3 kg skoon karkas.
Hel ek wil ook sulke varke skiet, my grootste was 52kg skoon karkas, verlede jaar Oktober op Matlabas (Sentrum omgewing) geskiet met die 30 nul kwes.
Ek het al bosvarke ingekry van 100kg+, verlede jaar een gekry van 162kg, maar hy was letterlik so vet soos n vark, ons het 60kg vet afgesny en die res gebruik, maar die klient het nie n pyn gehad nie, n masiewe trofee daai!!
Hierdie vark het my oom ini mielies geskiet so 4km onder die Vanderkloofdam.Vark het 85kg uitgeslag.Hulle het hom net geweeg na hy klaar geslag was.Ek het ook darm 'n mooi grote raakgeloop in die mielies tussen Ottoshoop en Mafikeng so bietjie meer as 2 weke terug.Het hom nie geweeg nie maar was 'n meneer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.