Flippen lekker Vrystaat jag!!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by BRNO (Pierre) »

Gedurende verlede jaar se kerskompetisie, laat weet Jakkalsgat (Jaco Stander) my dat toe ek n spesifieke kaartjie gekoop het, het ek n blesbok by Henry7 hier op die forum gewen. Wel nou die doelwit was nou nie werklik om iets te wen nie, maar n man kyk mos nou nie n gegewe perd in die bek nie, en vroeg in januarie begin die reelings, of altans probeer ek reelings tref.

Henry word per pm gekontak. Na n paar probeer slae, kom hy terug en se hy is met vakansie, ons kan later reel, daar is nog baie tyd in die jaar. Ek hou weer daarvan om alles vooruit te beplan, maar dog ek sal maar n week of twee kans gee. Intussen het ek ook al verlede jaar vir Jakkalsgat gevra dat ek die jaar graag n swartwildebees wil plattrek, en reken ek kan sommer die blesbok en swb so op een trip gaan haal.

Uiteindelik is daar n datum vas met Henry, en Jaco se kalender klop ook. Die jag is slegs n paar dae na my huweliksherdenking, en mamma kry n blesbok te jag as geskenk. Soos die tyd nader kom gesels ek en Henry gereeld per sms, en Johans, Henry se buurman, begin ook saam gesels. Die kalender loop aan en planne word uitgestryk. Ons ry Woensdagoggend direk na ons gestem het Smithfield se rigting.

Woensdagoggend is ek en Lynette 6:00 in die stemry, en stap 7:30 daar weg. kar is klaar gelaai, net die gewere moet klim. Ongeveer 8:00 trek ons weg op n pa en ma jag in die Vrystaat. Niks jaag ons nie, en na n paar ekstra draaie kom ons ongeveer 15:00 op Henry se plaas aan, waar hy en Antoinette ons hartlik verwelkom. Henry se instruksies was duidelik, as jy vleis, brood en pap eet, bring jy net n dop saam. Woensdag word daar gou geskiet, en daarna braaivleisvure aangesteek. Later die aand toets ek so effe die huis se fondasie :-[ :-[ , maar dis n storie vir n ander keer.

Henry is Donderdag gou Ko-op toe, en na terug kom is ons agter op die bakkie uit veld toe. Die instruksie is skiet vir die kop, die bokke gaan nerens heen nie. Lynette is eerste aan die beurt, en na n effe geop en afryery is die bles weer in die visier, skoot klap, en hy slaan net daar neer.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/214.jpg

Nou is dit my beurt, en sommer vinnig daarna is daar nog twee blesse plat. nie 1cm vleisskade aan aldrie bokke nie. Na n middag ete gaan le ons skuins, aangesien ons die aand saam met Johan en paar ander manne sou gaan trekspringbok skiet. Dit is my eerste geleendheid van die aard, en ek is vrek opgewonde.

Na n braai en vinnige kuier is ons die veld in. Aanvanklik voel dit vir my asof ons geen sukses gaan behaal nie, maar hier teen 10H00 draai die gety, en die bokke kom in. Flippet dit was lekker. Agter op daai cruizer teen die spoed van wind, geweer vashou, moet nie jou vrou langs jou slaan nie, hou die lig dop, hou die bokke dop!!!! Einde van die aand het ekself darrem vyf plat getrek, en 16 in die groep.

Vrydagoggend groet ons almal na ontbyt, en ek en Lynette vat die pad na Springfontein vir die SWB jag. Ons is vroeg, en ry sommer n draai verby Gariepdam waar ons gou middagete geniet, en loop in Maxwell vas, wat met Safari se voertuig oppad is na die nuwe winkel met die trofees wat daar opgesit moet word, voor die opening.

Vrydagaand kuier ons heerlik om die vuur, in n koue winderige Vrystaat. Saterdag oggend almal op, en 8;00 word daar op die teikens geskiet, waarna ons die veld in is. My beurt eerste, en ons ry sommer vroeg in die trop vas. Op ongeveer 250m staan n baie mooi SWB bul vir my en kyk, en na n gewik en weeg loop die skoot. Ons kan dadelik sien sy bek is vol bloed, en reken dit gaan nie lank vat nie. Ongeveer 300m verder deur die vrystaatse geel gras, gaan le die bul. n Finale skoot word gegee, en ek is in n ekstase.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/173.jpg

Eugene kom aan die beurt. Na n lang gewik en weeg, meet en kyk, en deeglike ondersoek, vat hy n skoot op 360m, met n 6myl wind van links. Die bok word mooi getref, an draf wel saam met die ander drie weg, maar kort daarna gaan staan hy, en net daarna gaan le hy. Eugene gee hom ook n finaal, en die jag is verby.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/178.jpg

Jaco doen baie moeite in die veld met pensuithaal ens, en is werklik so rustig, dat enige jagter, ervare of beginner gemaklik saam met hom sal kan jag.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/181.jpg

Selfs waar daar geslag word is hy heeltyd betrokke, en maak seker die kuip en algemene kondisie van die bok bly in tip top kondisie.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/182.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/183.jpg

Saterdagaand word daar lekker gebraai en gekuier, met Jaco wat ons weer met n vreeslike lekker Sirloin bederf.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/227.jpg

Hierdie jag sal vir lank uitstaan as een van my bestes. Baie dankie aan Henry7, JohanS en Jakkalsgat vir al die moeite, reelings en bederf. Ons waardeer opreg.
Veiligheid eerste manne!
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by martinf »

Lekker man
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by Smiley »

Pierre, dit klink sommer of dit ekstra lekker was. Mooi foto's en lekker vertel.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by Lourens Potgieter »

BRNO (Pierre) wrote: Later die aand toets ek so effe die huis se fondasie :-[ :-[ , maar dis n storie vir n ander keer.
Nee daai mag jy nie doen nie......vertel! :laugh:
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by Frikkiedbr »

Deeg wrote:
BRNO (Pierre) wrote: Later die aand toets ek so effe die huis se fondasie :-[ :-[ , maar dis n storie vir n ander keer.
Nee daai mag jy nie doen nie......vertel! :laugh:
Shame is daar nie toilette daar nie Pierre :o
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by FCLoretz »

Dankie Pierre,

Dit is nou lekker lees gewees
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by GreyGhostGear »

Bly julle het dit geniet Pierre!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by BRNO (Pierre) »

Dankie manne. Deeg, eendag om n lang brandewyntjie.

Ek het vergeet om te noem dat Eugene se swb 82kg uitgeslag het, met 24" horings gemeet deur die taxidermie, en myne was 77kg, met 23" horings gemeet deur die taxidermie.

My swb is met n Nosler Accubond 165gr geskiet uit my nil kwes teen 2820fps. hy het darrem 66% van sy gewig behou. meeste van die verlore gewig is agv een pettel wat afgebreek het.
Veiligheid eerste manne!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by Eugene »

BRNO (Pierre) wrote:Ek het vergeet om te noem dat Eugene se swb 82kg uitgeslag het, met 24" horings gemeet deur die taxidermie, en myne was 77kg, met 23" horings gemeet deur die taxidermie.
Daai gedeelte is eintlik 'n absolute bysaak Pierre! Dit was regtig 'n bitter aangename jag gewees! Dis jammer Jaco se sirloin het in die kareebessies geval, maar dit het darem geen afbreek aan die smaak gemaak nie! ;)
Aim small, miss small
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by BRNO (Pierre) »

Eugene wrote:
BRNO (Pierre) wrote:Ek het vergeet om te noem dat Eugene se swb 82kg uitgeslag het, met 24" horings gemeet deur die taxidermie, en myne was 77kg, met 23" horings gemeet deur die taxidermie.
Daai gedeelte is eintlik 'n absolute bysaak Pierre! Dit was regtig 'n bitter aangename jag gewees! Dis jammer Jaco se sirloin het in die kareebessies geval, maar dit het darem geen afbreek aan die smaak gemaak nie! ;)
Jys reg Gena, dit is n bysaak, maar tog lekker om oom by te sit.

Jy praat natuurlik van die sirloin wat oortrek is met die karoobessies, en wat was daai gras wat ook so lekker vasgesit het? Natuurlik sal almal kan sien hoe dreigend die kok met sy mes staan, dus het ons maar stilgebly en geeet: ;)
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/198.jpg+
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/197.jpg
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by Jakkalsgat »

Haha, julle narre!

Pierre en Eugene soos reeds gese maak julle dit maklik vir enige gids om julle tevrede te hou. Was vir my lekker om saam met julle en veral julle vrouens te kuier. Is die eerste keer dat ek sien mens kook 2 dae aan een pot pap, bietjie raad aan Pierre en Eugene se toekomstige jagmaats is dat julle dalk maar takeaways moet vat vir eerste aand se ete, pap was rou en tjops nie eers uit die koeler gehaal nie.

Nietemin lekker naweek en bonus is 2 baie mooi SWB bulle.

Groete
Jaco

Ps: Ek het nog twee sulke bulle oor op dieselfde plaas.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Flippen lekker Vrystaat jag!!

Post by Geno »

Lekker storie Pierre, dankie!
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply