Dagjag en n PB Blouwildebees!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by sako 30-06 »

Donderdag het uiteindelik aangebreek en ek was 04:30 oppad Rugania toe in Rustenburg.
Ek het 06:30 by die hek gestop en Anton gebel om vir my oop te maak.Met die inry by die hek het die Blesbokke en springbokke in die vlakte gestaan.Rugania is bosveld met baie baie ruig bos en baie koppies maar daar is darem hier en daar n oop stukkie.

Ek en my gids Eddie het 07:00 begin loop,op my lys vir die dag was of BWB of n Eland koei.Ons was 10min in die veld toe ek n jakkals sien,met die lig ek die geweer op om te skiet maar die gids stop my ''die eienaar laat nie toe dat daar jakkalse geskiet word nie''. :):

Ons stap toe maar verder en begin ons eerste koppie klim,toe het ek klaar besef my fiksheid wat nie bestaan nie gaan beproef word.Ons het baie eland spoor en mis gekry maar kon hulle net nie opspoor nie.Na bietjie meer as n uur sien ek nog n jakkals en ek raak skoon ongelukkig omdat ek hom ook nie mag skiet nie.Die jag was baie moeilik gemaak met 3 kameelperde wat so 100m lings van ons geloop het en ons gevolg het vir meer as 30min.

Skielik stop die gids en hy wys na Elande,ek sien twee koeie so 50m voor my in digte bos,altwee se nekke en koppe steek mooi uit,ek het n skoot maar die gids beduie hy wil regs om die bos gaan,maar ek probeer my bes om vir hom te se ek wil skiet.Met die begin hy beweeg en die Elande hardloop,ek vra hom toe hoekom wou hy om die bos gaan.Hy se toe want die Eland wat hy gesien het was agter die bome,hy het n ander Eland gesien en nie die twee wat ek gesien het nie. :(

Ons gaan toe weer agter die trop aan,maar die bos is baie ruig en hoor hulle elke keer weg hardloop.Ons gaan voort en soek maar weer.Ek hou myself besig deur op nog twee jakkalse te mik en stap drie keer teen vlakvarke vas.Na wat soos n ewigheid gevoel het hoor ek n geblaas,diekeer het ons die Blouwildebeeste gejaag.Maar die gids se nee,dis n bul wat n koei probeer beindruk.Ons begin bekruip en kry die twee in n oop deeltjie,maar hulle staan agter die enigste twee bome.Ek kan hulle swart lywe sien nie meer as 40m van ons af nie,maar die bome is so ruig dat dit onmoontlik is vir n skoot.Ek probeer bietjie lings maar kry geen skoot,toe gaan ek bietjie regs maar nogsteeds geen skoot.Ek het so rond gekruip vir seker 20min,maar kry net nie n skoot nie.Die bul gewaar ons en hy en die koei begin om die bome beweeg om te sien wat ons is,ek maak reg want hulle beweeg mooi in die opening in.Nog net 2m regs dan kan ek skiet,maar toe blaf n rooibok en die twee maak spore.Ek besef toe dat n trop rooibokke oppad was na die 'vlakte' toe en ons was mooi in hulle pad gewees.

Nou het ek al twee kanse gehad en voel lekker jammer vir my self.Nou vra ek my die gewone vrae wat ek my elke keer vra as ek n skoot nie gevat het nie.Moes ek,wat as ek eerder lings gegaan het in plaas van regs,sou die koeel dit deur die takke kon maak?

Maar ek moet maar aangaan,dis al 12:00 maar ek weier om eers iets te gaan eet,ons gaan jag totdat ons iets kry.Die gids se dis reg en stel voor dat ons naby n hide gaan sit en kyk of die bokke nie daar verby beweeg nie.Na n uur besluit ons om aan te beweeg,ek sien springbokke,n groot waterbok bul,baie rooibokke,mooi nyala bul en nog n paar vlakvarke maar die Elande en BWB'ste het verdwyn.

Net na 15:00 besluit ons om huis se kant toe te stap,die gids verduidelik die BWB'ste beweeg soms na die vlakte toe(mooi oop deel met redelik baie boompies) in die middag.Ek is teen die tyd al baie jammer vir myself,ek is seer en styf,honger en net mooi gatvol.Maar laat middag is gewoonlik my gunsteling jagtyd.Ons kom by die vlakte aan en sien weereens alles behalwe wat ek wil skiet.Die gids se toe ons moet net so om die draai loop,ek sien iets swart so 200m voor ons,kyk dadelik deur die verkyker maar sien dis rooibokke wat in die koelte staan langs die bossies.Na die derde keer sien ek iets wat net n swart kol is,BWB'ste!Hulle is so 250m weg en sien ons darem nie,ek wil dadelik skiet maar die gids wil niks weet nie,hy se ons kan nader kom.Ons gebruik toe die bome tussen ons en hulle om nader te kom,ons is nou binne skiet afstand.Maar die gids dink dis te ver,ons altwee skat die afstand so 180m.Die BWB'ste het ons gesien en kyk reguit vir ons,ek vra die gids om die stokke neer te sit want hulle gaan nou hardloop.Die man kon nie glo ek wil skiet nie.Die bul het skuins na my gestaan en ek het gemik net lings van sy voor been in die bors.Die skoot het geklap,die bul het inmekaar getrek en toe 5m na regs gehardloop,omgedraai en lings agter die trop aan.Maar na nie meer as 10m nie het agteroor geslaan,my bul was plat.Die gids se reaksie,"jo jo jo,ek het nog nooit dit gesien nie,die baas kan skiet".

Ek was baie verlig en ook baie trots want ek het my bul gehad na n baie lang dag se jag.

Weereens het die 150gr Barnes TTSX uit my 30-06 die ding gedoen.Ek dink nie ek sal weer enige iets anders gebruik nie.
Die punt is voor by die bors in en agter die regter skouer by die ribbes uit.

http://i1160.photobucket.com/albums/q488/tienie8110/Blouwildebees_zpsc5a946e4.jpg

http://i1160.photobucket.com/albums/q488/tienie8110/IMG-20140529-00139_zpsd1a39a64.jpg

http://i1160.photobucket.com/albums/q488/tienie8110/DSCN0590_zpsa0f0c172.jpg

Uitgangs wond
http://i1160.photobucket.com/albums/q488/tienie8110/DSCN0591_zps3050e4b0.jpg
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by DWB »

Baie geluk. Dis ñ monster
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by VdWalt »

Baie geluk, lekker storie! Dis n stunning bwb daai.
Het julle aan die huis se kant gejag of aan die ander kant
van die pad?
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by sako 30-06 »

VdWalt wrote:Baie geluk, lekker storie! Dis n stunning bwb daai.
Het julle aan die huis se kant gejag of aan die ander kant
van die pad?
Ons het die heel dag in die geweer kamp gejag maar die bul is geskiet lings van die huis.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by Frederik »

Baie mooi BWB lekker dik horings en groot lyf aan hom. Hy behoort Roland Ward te maak as ek so kyk.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by sako 30-06 »

Frederik wrote:Baie mooi BWB lekker dik horings en groot lyf aan hom. Hy behoort Roland Ward te maak as ek so kyk.
Hy was 26 duim.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2341
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by henried »

Baie geluk, het al baie van die plaas gehoor.
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by Jaco B »

Baie geluk.
Mooi groot bul.
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by Kallie404 »

baie mooi !! Geluk !!
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by Sarel »

Lekker gejag!

Mooi geskiet!

Great Storie!

Maak my sommer lus en vat die geweer nou en gaan loop bietjie in die bos !
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by Spanner »

Lekker storie ja, dis net soveel meer van 'n satisfaksie as jy hard gewerk het vir jou trofee, dit maak die herinneringe soveel soeter !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Dagjag en n PB Blouwildebees!

Post by jamalley »

Baie geluk
Post Reply