Springbok gejag op die voet by VanZyls
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Springbok gejag op die voet by VanZyls
Sal later die hele storie kom vertel.....
[image]http://i1216.photobucket.com/albums/dd374/carelg/VanZyls2014.jpg[/image]

- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Mooi foto en bok ...geluk !!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Baie mooi. Dit bly maar net spesiaal om 'n springbok te voet uit te oorle!
- Carel Kolesky
- Sr. Member

- Posts: 373
- Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Baie geluk-het al een keer te voet daar probeer-moes lee hande huis toe-jys n beter jagter as ek
Gooi kole!
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Mooi gedoen
-
AntonF
- Jr. Member

- Posts: 97
- Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Baie geluk Carel! Sommer 'n mooi groot springbok, en dit nog op die voete. Well done!
Goed, beter, 6millimeter!
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Dankie julle, die storie loop so!
Ons is laasweek 7 manne vir ons jaarlikse Kalahari jag VanZylsrus toe. Daar aangekom die Sondag en begin gesels oor hoe ons gaan jag. Die jagvoertuig was n double cab bakkie so daar is toe net plek vir 3 of 4 manne, dan was daar ook Quad bikes met skietraam op waarmee gejag kon word, en dan natuurlik op die voet as mens sou kans sien vir die uitdaging!
So besluit ek en my vriend Braam toe ons sal die Maandag oggend gaan stap en probeer om n springbok op die voet te jag eerder as om vir die oggend in die kamp te sit. Ons ry toe met Braam se bakkie tot by die grensdraad teen die hoofpad en besluit om vandaar terug te stap kamp toe. Die GPS se ons is 4km van die kamp af, die wind speel mooi saam en ons begin stap, dwars oor die "strate" duintjie op...duintjie af...duintjie op..duintjie af! Bo op elke duin word eers mooi gekyk met die verkyker en dan weer stadig tussen die lang gras deur verder gestap, die veld lyk baie mooi en die gras is baie die jaar! Na so uur se stap weer duin af loop ons amper reg verby die Springbok ram op 9uur, hyt ons klaar gesien en nou staan en kyk ons vir mekaar.....nou wat nou...eks nie naby n boom vir dooie rus nie en die gras is so lank ek kan net vir sy kop skiet...ek beweeg baie stadig en sit die .243 op Braam se skouer,dis seker nie eers 70 meter nie! Booom...dis mis....toe die skoot loop weet ek dis bo oor en is baie dem@er in vir myself, ek het my kans om n springbok op die voet te jag verbrou!!!
Elk geval so stap ons verder en ek vloek myself die heeltyd....hoe kon ek mis skiet op daai afstand!!
Dis nog n uur later en ons is op n duin besig om deur die verkyker te loer...daar onder in die pan sien ons hom le, dis n ou ram 290 meter, hy kyk weg van ons en weet nie van ons nie! Nou is ons eers versigtig, hierdie kan dalk ons laaste kans wees, ons bekruip van bos tot bos en hou hom heeltyd in die oog! 200 meter en ons begin beplan vanwaar en uit watse posisie ek hom gaan skiet....o vrek daar staan hy op...ons vries in ons spore! Hy kyk reguit na ons toe en gelukkig staan ons agter n bos so hys nie seker waar is ons nie! Ek gaan le plat op my maag en kruip regs agter die bos uit en kyk of ek hom nie kan le en skiet nie, die gras is te lank ek sien niks, kruip terug! Sien n kaal boompie links van my en kruip soontoe, nous daar weer ander takke in my pad...kruip terug! So gaan dit vir n hele rukkie, voel soos n uur....die ram begin reguit na ons toe loop en ek se vir Braam staan reg ek gaan weer oor jou skouer moet skiet! Die ram steek vas...seker +/- 80 meter, ek kan net sy kop sien, hy kyk vir ons! Moenie weer bo oor skiet nie Carel is al waaraan ek kan dink, ek vat toe die keer bietjie laer ...op die brug van sy neus....Boooom....hys plat! Ek en Braam smile van oor tot oor, was lekker om weer bietjie die adrenalien te voel pomp terwyl die jag hom afspeel...high five en ons stap nader!
Halfpad oppad na die bok toe...daar vlieg hy op......NEEEEEE!!!! Ek haal oor en weet as ek nie nou skiet nie sien ons daai bok nie weer nie want ons is mos op die voet!! Ek skiet toe sommer terwyl hy hardloop n skoot uit die vuis uit en die skoot is raak, mooi agter die linker blad in en op die regter blad uit...die ram is plat! By hom gekom en sien toe die eerste skoot mooi op die brug van sy neus en kon eintlik nie glo hyt weer opgestaan na die 70gr koeel uit die .243 hom teen 3500fps op di neus geslaan het nie....maar ons sien toe ook dis n regte ou baklei-gat ram gewees...sy kop en nek vol ou skrape en merke en hyt wragtag n goeie laaste fight opgesit!
Hy was die sweet en die moeite werd en ek glo ek sal die jag vir lank nog onthou!
Groete
Carel

chrisman
- Full Member

- Posts: 133
- Joined: Tue Sep 24, 2013 2:05 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Baie dankie vir die mooi skrywe.
Het dit geniet.
Het dit geniet.
Israeli 7.62 (.308)
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Mooi man ! Mooi storie ....Jy gaan darem seker daai horings "mount" ? of kop opstop ? Lekker om na die tyd te kyk na hom daar op die muur en weer die jag "herleef"
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Dis my nommer een trofee wat ek soek.Baie mooi ram.
Bly vir my die mooiste bok.
Bly vir my die mooiste bok.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Mooi storie Carel
Jy praat so reg in my kraal- om 'n springbok so te jag is die "ultimate"! Ek is seker Cor Jacobs sal ook saamstem. Vir ons laaste 4 jaar se springbokjag word daar ten minste 2 sessies uitgesit vir loop en jag.
Ek moet darem byvoeg dat die kriteria vir my is dat daar lekker hoe duine in die kamp moet wees en die strate nie kilometers wyd moet wees nie. Dan is jou kans om lekker naby te kan kom soveel beter.
Snaaks genoeg deel die boere by wie ons vir die eerste keer so wil jag nie altydons sentiment nie..... Die reaksie is gewoonlik dieselfde - 'n diep frons van ongeloof soortgelyk wat jy sal kry as jy vir 'n suide-boer vertel jy eet nie skaapvleis nie en is eintlik vegetaries.....
"Nee wat boet, jy's seker simpel....! Jy gaa jou moer suur stap en niks so geskiet kry nie...." dis die default antwoord. Ironies genoeg is die resultaat gewoonlik bo gemiddeld. Alhoewel mens hard werk vir jou bok en die duine jou kuite kou word mens baiekeer beloon. Ek dink die geheim le in die volgende:
1) Springbokke hier in die suide van Namibie assosieer gevaar met die motor en sy geluid, omdat hulle 99% van die jagkar af geskiet word. 'n Mens te voet is iets vreemds en word nie dadelik met gevaar geassosieer nie- dikwels is hulle nuuskierig en sal nader gestap kom as hulle die beweging sien, soos jyself ook ervaar het. Self nadat die skoot loop, kry jy baie maal 'n 2de en 3de kans want die bokke maal rond en weetnie van waar die gevaar kom nie.... hulle soek net daai bakkie!
2) 'n duin gee die perfekte cover vir jou om naby te kan bekruip. ek sal versigtig teen die duin opkruip en dan die voet van die duine weerskante asook die straat met die verkyker bespied. As daar dan 'n springbok 500m verder gesien word, kruip jy weer terug agter die duin in en loop 500m paralel met die duin voor jy weer versigtig oorloer. Dit doen jy totdat jy regoor die bok is. Die skietafstand is dikwels nader as 100m op die manier en jy het die wereld se tyd om 'n rustige skoot vanaf die duin te skiet. As jy nog 'n bi-pod ook op het en die duine is bietjie kaal op kruin kan jy soos 'n wafferse sniper baie fyn skootjies so skiet.
Ek kan dit ten sterkte aanbeveel vir die wat dit nognie probeer het nie en van 'n uitdaging hou.

- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Pieter Vorster wrote:Mooi storie Carel

Stem saam met Pieter , en baie mooi vertel daar Carel.
Ons jaarlikse Springbokjag is so 2 weke weg, en ek kan self nie wag om weer daar tussen die rooi duine te wees nie. Hopelik kan ons dan ook ons storie hier kom vertel.
Mooi gegooi!!
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Baie mooi - netjies
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Dis 'n challenge!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7547
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Carel
Baie geluk met n great jag en dankie vir die deel daarvan.
Groetnis
Wouter
Baie geluk met n great jag en dankie vir die deel daarvan.
Groetnis
Wouter
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Dankie vir almal, ek moet se ek dink mens kan bietjie verslaaf raak daaraan om n Springbok so te probeer jag...ek gaan definitief elke jaar n oggend sessie uit sit vir stap en jag in die Kalahari!
Groete
Carel
Groete
Carel
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Springbok gejag op die voet by VanZyls
Pieter ek het self in 2005 so snaakse kyk van oorlede skoonpa gekry. Die wind het die oggend sterk gewaai en teen middag het ek drie bokke en hulle 2 geskiet ek was op die voet. Ek skiet 2 keer per jaar in die karoo bokke vir 'n pel en in die dag skiet ek vanaf die voet. Ek dink die bakkie + gevaar ding is baie waar. Ek skiet baie nader skote vanaf die voet as vanaf die bakkie. Oefening maak dinge beter.Pieter Vorster wrote:Mooi storie Carel
Snaaks genoeg deel die boere by wie ons vir die eerste keer so wil jag nie altydons sentiment nie..... Die reaksie is gewoonlik dieselfde - 'n diep frons van ongeloof soortgelyk wat jy sal kry as jy vir 'n suide-boer vertel jy eet nie skaapvleis nie en is eintlik vegetaries.....
"Nee wat boet, jy's seker simpel....! Jy gaa jou moer suur stap en niks so geskiet kry nie...." dis die default antwoord. Ironies genoeg is die resultaat gewoonlik bo gemiddeld. Alhoewel mens hard werk vir jou bok en die duine jou kuite kou word mens baiekeer beloon. Ek dink die geheim le in die volgende:
1) Springbokke hier in die suide van Namibie assosieer gevaar met die motor en sy geluid, omdat hulle 99% van die jagkar af geskiet word. 'n Mens te voet is iets vreemds en word nie dadelik met gevaar geassosieer nie- dikwels is hulle nuuskierig en sal nader gestap kom as hulle die beweging sien, soos jyself ook ervaar het. Self nadat die skoot loop, kry jy baie maal 'n 2de en 3de kans want die bokke maal rond en weetnie van waar die gevaar kom nie.... hulle soek net daai bakkie!
Groete
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.