Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Post by win270 »

Is daar enige lede wat al by bogenoemde plaas gaan jag het? Sal graag van julle wil hoor, asook plaas se kontakbesonderhede.

Dankie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Geno »

Wildegansvlei behoort aan 'n vriend van my, Johan De Wet.
Hy is ook op die forum, username Scarecrow0001
Hier is sy profiel: http://www.jaracal.com/memberlist.php?m ... ile&u=6998

5500ha met baie mooi wild, en 'n bitter lekker jagkamp.
Ek was in Januarie op die plaas, asook verlede Augustus.
Johan sal sy trustees en plaasbestuurder se kontakbesonderhede kan verskaf.
Ons het verlede Augustus hierdie draadbreker-buffel op Wildegansvlei geskiet.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Buff/W3.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Buff/W6.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Buff/W4.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by win270 »

Dankie, Geno. Ek sal hom kontak.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Hugo »

Geno

Soos ek Wildegansvly ken op Rooibok kraal is dit n ander storie wat ek nou hoor.

Ek het die laaste maal daar gejag n jaar na oom Hennie se dood, toe was dit net Nicky en haar nuwe kerel op die plaas.

Praat ons van dieselfde plaas?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Geno »

Einste plaas.
Daar was ongeruimdhede, wat Johan opgetel het.
Nicky en die kêrel is lankal weggejaag, en die plaas het 'n wins gewys binne die eerste jaar met die nuwe (huidige) plaasbestuurder.
Omtrent al hulle huidige jagters is return kliente, wat baie beteken vir 'n jagplek.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Hugo »

Ek is moerse bly om dit te hoor, een van die mooiste plase wat ek al gejag het in my lewe, daai tyd was hy nog 7000ha en die wild was tonne!!

Ek het gesweer ek gaan nooit weer terug nie na die ander 2 die plek so in n toestand gelos het.

EK is bly om te hoor die plek is terug op sy voete en sal ook eendag weer wil terug gaan soontoe.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Geno »

Daar is onlangs 'n 1000ha stuk verkoop, is nou 5500 of 6000ha.
Goue wildebeesbul met paar koeie ingesit, en swartwitpense aangekoop.
Die buffels is verkoop.
Boskamp is bitter mooi.
Alle hekke is heel, geverf, en in een stuk.
Lyndrade is oorgedoen.
Paaie is almal oopgesny en geskraap.
Krippe is heel.
Bokke is spekvet, gladnie te wild nie en volop.
Die plek loop soos 'n Cruiser-enjin. Seepglad!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Hugo »

Dis baie goeie nuus!!

Eks baie bly!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by VdWalt »

Geno wrote:Daar is onlangs 'n 1000ha stuk verkoop, is nou 5500 of 6000ha.
Goue wildebeesbul met paar koeie ingesit, en swartwitpense aangekoop.
Die buffels is verkoop.
Boskamp is bitter mooi.
Alle hekke is heel, geverf, en in een stuk.
Lyndrade is oorgedoen.
Paaie is almal oopgesny en geskraap.
Krippe is heel.
Bokke is spekvet, gladnie te wild nie en volop.
Die plek loop soos 'n Cruiser-enjin. Seepglad!
Jy weet ons sit op kantoor!! ??? Jy laat dit so lekker klink
ek wil net die kar laai en ry! Gaan nou Google vir meer info vra.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by win270 »

Nou praat jy, VdWalt! ;-)
User avatar
Scarecrow0001
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Jan 23, 2014 10:33 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Scarecrow0001 »

More almal.

Ek wil graag opvolg na Geno se info oor Wildegansvlei.
Inderdaad het die bestuur op Wildegansvlei in die laaste paar jaar verander. Die negatiewe elemente wat ek daar gehaat het is weg gejaag en ons het nou 'n bestuurder op die plaas wat weet wat hy doen. Hennie (ja toevallig dieselfde naam as my oorlede pa) Koekemoer is my plaas bestuurder en ek kan met reg en trots sê dat die situasie BAIE verbeter het na Hennie oor gevat het.

Voel gerus om hom te skakel vir enige navra: 014 779 0673 of sel: 072 244 6486 (let net dat sel syn maar swak is). Ander kan julle vir Ansie kontak vir pryslys en besprekings ook: 056 212 3184 of epos: ansie@smitkruger.co.za

Ek hoop om in die toekoms meer en meer van ons ou klieënte en baie nuwe klieënte ook op die plaas te sien. Ek wil wel vra vir die wat wel by my gaan jag om enige indrukke met my te deel asb.

Groete uit die VSA,
Johan de Wet
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Hugo »

Dankie Johan,

Ek kan onthou oom Hennie het een of twee maal gepraat van sy seun wat in USA bly. Of dit nou jy was die weet ek nie.

Ek onthou net goeie dinge van Wildegansvlei.
User avatar
Scarecrow0001
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Jan 23, 2014 10:33 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Scarecrow0001 »

Hugo,

Ja die plek het aansienlik verbeter na Nickey en daai trawant kerel van haar daar weg gejaag is. Ek hoop opreg om jou besigheid weer terug te kry. Die plaas is in 'n baie beter toestand as wat ek dit gekry het, en saam Hennie Koekemoer maak ons dit net nog meer so.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Hugo »

Thanks Johan,

Ek dink ek moet volgende jaar soontoe kom. Ek het van 1994 ( Ek dink dalk 1995) daar gejag en die laaste keer was 2002, Ek dink dis to dit al reeds sleg gegaan het daar.

My eerste kudu bul daar geskiet saam die gids James, so kort gat naby wit dam.

Ek hoop rerig om weer daar uit te kom.

Groete daar.
User avatar
Scarecrow0001
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Jan 23, 2014 10:33 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Scarecrow0001 »

Plesier Hugo,

Ou James is nog daar - ouer en dalk 'n bietjie korter maar hy is nog steeds aan die gang.
Hoop inderdaad jy kan weer daar gaan draai.

Groete
Johan Rheeder
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Sep 16, 2014 11:59 am

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Johan Rheeder »

Johan de Wet,

Ek jag nou al 11 jaar op Wildegansvlei soms onder my naam en soms onder my vriend se naam wat al voor my daar begin jag het. Eks spyt dat Wildegansvlei nou weer so gewild raak want dis altyd 'n gesukkel om plek te kry maar eks bly vir jou dat besigheid weer so goed optel. Eks een van die return kliente en gelukkig het ek altyd bietjie voorkeur gekry by Ansie. Die idee dat Hennie nou die bookings doen help ook baie. Ek het laas jaar en hierdie jaar nuwe kliente gevat en hulle almal wil weer terug gaan. Die plaas is in fantastiese toestand en ou Hennie doen baie daar. Ek het hierdie jaar ook die trustees ontmoet daar. Al wat bietjie gepla het was dat die saag in die slagkamer se lem baie stomp was en dit is 'n veiligesheid risiko vir die kliente. Ek moes baie hard druk om die bene deur te kry en met 'n vloer vol vet is dit maklik om te gly en binne in die saag lem te val. Daar was nie spaar lemme nie. Daar was ook nie warm water nie. Die geyser was foutief maar eks seker Hennie sal dit reg he vir volgende jaar.

Ek het altyd saam Willem gejag. Die beste gids ooit en dit was baie hardseer om laas jaar te hoor hy is oorlede. Nou is ek en James 'n span en hy kyk mooi na my en ek ook na hom. Ek het hierdie jaar lekker baljaar en het 4 varke 'n rooibok ooi en 3 Gemsbokke gestamp. Die beste van alles was die 3 Gemsbokke was almal in dieselfde dag. Die eerste een het met sonsopkoms by Vrystaat dam geval daar by die boskamp, en die 2de een so teen elf uur by Mooidam en die 3de een so half 5 oppad terug van Mooidam kamp toe. Net jammer vir die nuwe lyndraad wat daar gespan is want ek en James moes daai merske bul al die pad sleep tot in die pad. Dit was 'n classic shot. 150m skoot van die pad af in die bos in met my trusty 234. James wou nog keer want die skoot was tussen die takke deur, maar toe val hy al klaar. "Eish jy ken daai gun" was al wat hy kon uitkry. Ek was baie trots op die skoot. Al my wild wat ek skiet is kopskote en ek het in 11 jaar nog nie gemis op Wildegansvlei nie. Alles het al geval voor my 243 maar net daai blerrie Eland onglip my elke jaar. Ekt vir James gese hy moet maar vir my een vas maak vir volgende jaar.

Johan, Hennie het genoem dat jy dalk terugkom SA toe. Ek sal like om jou te ontmoet want ek en jou pa het baie fun gehad daar. Hy was maar 'n ou rakker en ons het altyd 'n biertjie saam geniet.

Eks natuurlik volgende jaar Mei maand terug daar en wil min oorlos vir die manne wat na my gaan.

Groetnis en keep it up.

Johan Rheeder
User avatar
Scarecrow0001
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Jan 23, 2014 10:33 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Scarecrow0001 »

Hallo Johan,

Ag man weet jy hoe lekker is dit om te hoor van jagters wat so lekker suksesvol was op my ou plekkie. Bly om te hoor, hoop volgende keer is net so suksesvol. Ek sal James herrinder om jou Eland te gaan vasmaak!

Ja man oom Hennie doen baie goed daar, ek kan maar net noem en hy maak dit so. Hy is inderdaad 'n plus daar. Hy is klaar besig nou met reperasies en sal julle volgende keer weer laat tuis voel.

Ek sal self hou daarvan om jou ook te ontmoet - bietjie sit en gesels oor my Pa en die goeie ou dae toe hy nog met ons was.

Nogmals dankie vir jou/jul besigheid en mooi woorde. Sien uit om jul weer daar te kan hê met net sulke goeie sukses.

Groete,
Johan de Wet
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Jakes73 »

Johan Rheeder wrote:Johan de Wet,

Ek jag nou al 11 jaar op Wildegansvlei soms onder my naam en soms onder my vriend se naam wat al voor my daar begin jag het. Eks spyt dat Wildegansvlei nou weer so gewild raak want dis altyd 'n gesukkel om plek te kry maar eks bly vir jou dat besigheid weer so goed optel. Eks een van die return kliente en gelukkig het ek altyd bietjie voorkeur gekry by Ansie. Die idee dat Hennie nou die bookings doen help ook baie. Ek het laas jaar en hierdie jaar nuwe kliente gevat en hulle almal wil weer terug gaan. Die plaas is in fantastiese toestand en ou Hennie doen baie daar. Ek het hierdie jaar ook die trustees ontmoet daar. Al wat bietjie gepla het was dat die saag in die slagkamer se lem baie stomp was en dit is 'n veiligesheid risiko vir die kliente. Ek moes baie hard druk om die bene deur te kry en met 'n vloer vol vet is dit maklik om te gly en binne in die saag lem te val. Daar was nie spaar lemme nie. Daar was ook nie warm water nie. Die geyser was foutief maar eks seker Hennie sal dit reg he vir volgende jaar.

Ek het altyd saam Willem gejag. Die beste gids ooit en dit was baie hardseer om laas jaar te hoor hy is oorlede. Nou is ek en James 'n span en hy kyk mooi na my en ek ook na hom. Ek het hierdie jaar lekker baljaar en het 4 varke 'n rooibok ooi en 3 Gemsbokke gestamp. Die beste van alles was die 3 Gemsbokke was almal in dieselfde dag. Die eerste een het met sonsopkoms by Vrystaat dam geval daar by die boskamp, en die 2de een so teen elf uur by Mooidam en die 3de een so half 5 oppad terug van Mooidam kamp toe. Net jammer vir die nuwe lyndraad wat daar gespan is want ek en James moes daai merske bul al die pad sleep tot in die pad. Dit was 'n classic shot. 150m skoot van die pad af in die bos in met my trusty 234. James wou nog keer want die skoot was tussen die takke deur, maar toe val hy al klaar. "Eish jy ken daai gun" was al wat hy kon uitkry. Ek was baie trots op die skoot. Al my wild wat ek skiet is kopskote en ek het in 11 jaar nog nie gemis op Wildegansvlei nie. Alles het al geval voor my 243 maar net daai blerrie Eland onglip my elke jaar. Ekt vir James gese hy moet maar vir my een vas maak vir volgende jaar.

Johan, Hennie het genoem dat jy dalk terugkom SA toe. Ek sal like om jou te ontmoet want ek en jou pa het baie fun gehad daar. Hy was maar 'n ou rakker en ons het altyd 'n biertjie saam geniet.

Eks natuurlik volgende jaar Mei maand terug daar en wil min oorlos vir die manne wat na my gaan.

Groetnis en keep it up.

Johan Rheeder
Slaap jy nie buurman? Bly om te sien dat jy ook uiteindelik op Jaracal afgekom het ... :laugh:
User avatar
DriesdlR
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by DriesdlR »

Johan
Ons kom definitief op aanbeveling!!
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by RUPERT »

Is daar dalk n website vir die wonderlike plaas dat n man bietjie kan gaan loer?
Johan Rheeder
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Sep 16, 2014 11:59 am

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Johan Rheeder »

Hi Johan,

Ek sal graag bietjie in somer maande wil gaan en nie om te jag nie maar net te gaan kuier wild te gaan skiet met my kamera maar Hennie het genoem dat julle glad nie gaste vat in die "nie jag seinsoen nie". Ek dink daai jacuzzi sal awesome wees in die somer.

Is dit wat dit is of kan ons dalk 'n plan maak.

Groete ou vriend,

Jakes73 wrote:
Johan Rheeder wrote:Johan de Wet,

Ek jag nou al 11 jaar op Wildegansvlei soms onder my naam en soms onder my vriend se naam wat al voor my daar begin jag het. Eks spyt dat Wildegansvlei nou weer so gewild raak want dis altyd 'n gesukkel om plek te kry maar eks bly vir jou dat besigheid weer so goed optel. Eks een van die return kliente en gelukkig het ek altyd bietjie voorkeur gekry by Ansie. Die idee dat Hennie nou die bookings doen help ook baie. Ek het laas jaar en hierdie jaar nuwe kliente gevat en hulle almal wil weer terug gaan. Die plaas is in fantastiese toestand en ou Hennie doen baie daar. Ek het hierdie jaar ook die trustees ontmoet daar. Al wat bietjie gepla het was dat die saag in die slagkamer se lem baie stomp was en dit is 'n veiligesheid risiko vir die kliente. Ek moes baie hard druk om die bene deur te kry en met 'n vloer vol vet is dit maklik om te gly en binne in die saag lem te val. Daar was nie spaar lemme nie. Daar was ook nie warm water nie. Die geyser was foutief maar eks seker Hennie sal dit reg he vir volgende jaar.

Ek het altyd saam Willem gejag. Die beste gids ooit en dit was baie hardseer om laas jaar te hoor hy is oorlede. Nou is ek en James 'n span en hy kyk mooi na my en ek ook na hom. Ek het hierdie jaar lekker baljaar en het 4 varke 'n rooibok ooi en 3 Gemsbokke gestamp. Die beste van alles was die 3 Gemsbokke was almal in dieselfde dag. Die eerste een het met sonsopkoms by Vrystaat dam geval daar by die boskamp, en die 2de een so teen elf uur by Mooidam en die 3de een so half 5 oppad terug van Mooidam kamp toe. Net jammer vir die nuwe lyndraad wat daar gespan is want ek en James moes daai merske bul al die pad sleep tot in die pad. Dit was 'n classic shot. 150m skoot van die pad af in die bos in met my trusty 234. James wou nog keer want die skoot was tussen die takke deur, maar toe val hy al klaar. "Eish jy ken daai gun" was al wat hy kon uitkry. Ek was baie trots op die skoot. Al my wild wat ek skiet is kopskote en ek het in 11 jaar nog nie gemis op Wildegansvlei nie. Alles het al geval voor my 243 maar net daai blerrie Eland onglip my elke jaar. Ekt vir James gese hy moet maar vir my een vas maak vir volgende jaar.

Johan, Hennie het genoem dat jy dalk terugkom SA toe. Ek sal like om jou te ontmoet want ek en jou pa het baie fun gehad daar. Hy was maar 'n ou rakker en ons het altyd 'n biertjie saam geniet.

Eks natuurlik volgende jaar Mei maand terug daar en wil min oorlos vir die manne wat na my gaan.

Groetnis en keep it up.

Johan Rheeder
Slaap jy nie buurman? Bly om te sien dat jy ook uiteindelik op Jaracal afgekom het ... :laugh:
Ja Jakes. Dankie dat jy my nooit vertel het van die plek nie hoor. Butthead. ::)
Tokka777
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Jun 25, 2012 9:27 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Tokka777 »

Goeie nuus om te hoor hulle is weg van die plaas af het n slegte ondervinding gehad maar het geweet daai kerel het als daarmee te doen gehad! Sal graag hulle weer wil ondersteun
User avatar
Scarecrow0001
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Jan 23, 2014 10:33 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Scarecrow0001 »

Johan Rheeder wrote:Hi Johan,

Ek sal graag bietjie in somer maande wil gaan en nie om te jag nie maar net te gaan kuier wild te gaan skiet met my kamera maar Hennie het genoem dat julle glad nie gaste vat in die "nie jag seinsoen nie". Ek dink daai jacuzzi sal awesome wees in die somer.

Is dit wat dit is of kan ons dalk 'n plan maak.

Groete ou vriend,

Johan Rheeder
Hi Johan.

Ja dis soos Hennie noem tot op hede het ons nie groepe tydens die somer maande nie. Ek persoonlik dink dit sal nie 'n problem wees nie - solank dit nie met Hennie se werk inmeng nie. Ek is jaar einde weer in SA vir 'n paar maande en sal dit dan met Hennie en die Trust bespreek. My gevoel is dat gereëlde klieënte soos julle altyd welkom is.
Indien dinge uitwerk wyl ek daar is jaar einde moet ons dalk so paar dae plaas toe gaan en self mekaar ontmoet.

Groete,
Johan de Wet
User avatar
Scarecrow0001
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Jan 23, 2014 10:33 pm

Re: Wie ken Wildegansvlei plaas, Thabazimbi distrik?

Post by Scarecrow0001 »

Tokka777 wrote:Goeie nuus om te hoor hulle is weg van die plaas af het n slegte ondervinding gehad maar het geweet daai kerel het als daarmee te doen gehad! Sal graag hulle weer wil ondersteun
Hallo,
Ek is opreg jammer dat jy 'n slegte ondervinding beleef het - beide van hulle is geruime tyd nou al weg en die plaas is aansienlik beter af sonder hulle. Hoop om jou weer binne kort op die plaas te sien as 'n gelukkige klieënt met 'n suksesvolle jag!

Groete,
Johan de Wet
Post Reply