Stem 100% saam met wat jy hier skryf!!Pieter Vorster wrote:My goeie vriend en mede forum lid, Dewald het 'n baie waar sê- ding nl. "No good deed will go unpunished.."
Nou, ek bly nie naby Pretoria, Jhb, of Stellenbosch nie, en doen uiteraard nie gereelde besigheid met S&O nie, so reken ek is in 'n posisie om 'n redelike objektiewe opinie te mag gee. En ek het self ook my eie besigheid, so het darem klompie jaar ondervinding oor hoe dinge werk..... Hoe meer jy doen, hoe meer 11.1.11 kry jy. Default. Willem (S&O) het bv. op hierdie forum klomp kritiek gekry aangaande die feit dat hy in die eerste plek 'n special vir vadersdag geloop het... hys nie verplig om specials te doen nie..... dis 'n voordeel aan die klient wat hy ekstra lewer. Nou word hy kritiseer??? Amper elke liewe stukkie kritiek wat S&O (Willem) moet verduur spruit voort uit iets anders waaruit hulle iets meer probeer lewer/gee as wat hy hoef. Dit bring mens ongelukkig by die gevolgtrekking dat dit beter is om NIKS ekstra te doen nie, want dan is daar niks extra om oor te kla nie.
Doen S&O ALLES reg?..... Seker nie.
Dra S&O enigsins by om die skiet/jag/buitelewe te bevorder in SA? ......Baie beslis ja.
Dit bring my tot die gevolgtrekking dat ons beter af is MET S&O (en MET Willem op hierdie forum) as daarsonder, so waarom al die lang gesigte/gesanik?
Groete en trek maar 'n baadjie aan... hys koud daarbuite!
Pieter
Maar, dit is omdat hier 'n klomp klakouse is wat niks het om te doen nie, dan doen hulle dit hier!
Groetnis




