Selfdoen anealer

Herrie260
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Tue May 20, 2014 11:27 am

Re: Selfdoen anealer

Post by Herrie260 »

Ek het vandag so 50 doppe geanneal en so paar gelaai om te gaan toets. 5 skote geskiet op 200m met ou doppe wat nie geanneal is nie en 5 skote met geannealde doppe ook op 200m. Die annealde doppe se groepering was so 2" laer as die ander. Is dit omdat die nekke sagter is en druk laer is in dop? Of wat is die rede daarvoor. Sal mens weer moet verander aan ladings en tpl met annealde doppe? Ek hoor graag by die manne wat weet.

Dankie
Herrie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by PWV »

Bakgat masjientjie. Moet vir my ook 'n paar bou! ;)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Pvdw »

Hier hijack ek nou my eie post :P

Ek het nou so begin aneal.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=33583
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by RUPERT »

Ek gaan defnitief vir my so n masjien bou maar nou waar kry n mens Templaque nou en by wie? Watse grade Celsius is die regte een.

Kan iemand my dalk help
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Pvdw »

Safarie het gereeld daarvan. Dis so 6-700°F of so rondom 470°C
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by RUPERT »

Dankie Pvdw ek het nounet met die JHB tak gepraat en hulle het niks.Hulle praat dat daar weer n helse tekort aan die goet is.Ek bel maar rond maar baie plekke weet nie eers waarvan ek praat nie.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Pvdw »

Probeer welding plekke. Dis 'n item wat meestal deur hulle gebruik word.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by RUPERT »

Hulle gebruik meestal Tempilsticks.Ek het al van hulle gebel en het nie n idee waarvan ek praat nie.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Pvdw »

Sorry, nou is ek raadop.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by RUPERT »

Ek het nou maar Afrox se Technical advisor ge mail en hoop nou maar die perd weet waarvan ek praat en hopenlik kan hulle help.

Dankie vir die hulp
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Selfdoen anealer

Post by JuanPaul »

RUPERT wrote:Ek gaan defnitief vir my so n masjien bou maar nou waar kry n mens Templaque nou en by wie? Watse grade Celsius is die regte een.

Kan iemand my dalk help
Die regte naam is tempilaq maar niemand het nie. Ek het met Piet Breedt gepraat en almal gebruik 475 F so 2mm onder die skouer van die dop en dit werk goed. Ek het toe die 475 F Tempilstick gekoop maar dit wil nie op die dop merk nie, toe vat ek 'n klein veiltjie en veil die tempilstick fyn tot 'n poeier en gooi BAIE min water by om 'n paste te vorm en verf dit met 'n klein waterverf kwassie onder die skouer los dit vir so paar minute om droog te word en dit werk. Ek hoop dit help julle.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by RUPERT »

Juan Paul

Het jou Tempilstick se poeier ook pienk geword toe jy hom met water meng
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by RUPERT »

Manne ek het JuanPaul se raad gaan volg oor die Tempilstck en dit lyk of dit werk.Die poeier is wit en as jy hom nat maak dan word hy pienk.Sodra hy droog word is hy weer wit en sodra hy die hitte beruik het dan word hy n deursigtige kleur.

Nou gaan ek die masjien bou en behoorlik toets. O ja die stick het my R 131 gekos en skuur werk.

Dankie vir die raad JuanPaul
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Selfdoen anealer

Post by JuanPaul »

Middag Rupert, ja maar soos jy sien word hy weer wit en werk hy , ten minste bied dit vir ons 'n tussen tydse oplossing soos wat ons dit gebruik onder die dop se skouer. Bly ek kon van hulp wees. Ek het die idee uit noot probeer nadat ek een van JP Wessels se anneal gen2 masjiene gekoop het by S&O en ek nerens tempilaq kon koop nie. Manne ek is BAIE tevrede met die masjien en met JP se na verkoop diens.

Juan
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Cobus(Cobb) »

Ek kan kry vir R135, dit is tempelsticks 482F...wie wil hê??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Selfdoen anealer

Post by JuanPaul »

Ek het myne by Maxweld & Braze gekoop vir 'n paar sente minder as R150 vat ingesluit en dit is 475F. Hulle tel nr 011 841 9800 en hulle is in 19 Van Dyk straat Boksburg.
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Selfdoen anealer

Post by JuanPaul »

Sorry dubbel post.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by ZKK »

Ek het geen idee of hierdie sal werk nie, maar dis seker "worth a try"
Ek het in die verlede ook gehoor van ouens wat n motor gesoek het waarvan die spoed kan varieer.
Blykbaar werk naaimasjien motors baie goed

http://www.youtube.com/watch?v=Mj6l5w_T24o

In 2011 het Singer Suid Afrika vir my n kwotasie gestuur van R150 vir n nuwe 90 watt motor.
Die produk kode is HF(S) 09250 of HF(S) 07250
Die persoon met wie ek gepraat het was Ivan: ivan@szsewing.co.za
Ek het geen idee of die e-mail adress nog werk nie.

Groete
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Jaco123 »

Ek is ook besig om een te bou. Ek het die motor gekoop vir R55 en hy is AC. Dit gee 1 omwenteling in 15s. Die probleem is net die vas sit van die pan. As ek klaar is sal ek fotos kom op sit.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Gawie(13mm) »

Oom Pieter was gister op 'n inkopie strooptog. Hy het my met 'n pakkie droë wors kom afdreig om hom te help en dit is die eindproduk. ;D

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by PWV »

Hier het Gawie nou die uitgloeier in werkende toestand bekend gestel.
Die raam wat ek gebruik het, is die dop van 'n ou rekenaar. Die koekpannetjie (20 cm deursnee) het ek by 'n winkel gekoop wat alles verkoop wat ma vir bak gebruik. Die motortjie is by Mica gekoop - word normaalweg gebruik om 'n klein spitbraai aan te dryf. Dan die transformatortjie. Alles vir onder R500.00
En die eindproduk van hierdie apparaat is presies dieselfde as dié van daardie manne wat oor die R3000.00 kos!!!

En as jy hom opstart en hy werk, is dit 'n ongelooflike gevoel!!
Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Pvdw »

Hi oomPW. Netjiese selfdoen eenheid daai.

Wat ek graag wil weet is hoe maak mens die tyd korter of langer?
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Selfdoen anealer

Post by henning »

Jaco123 wrote:Ek is ook besig om een te bou. Ek het die motor gekoop vir R55 en hy is AC. Dit gee 1 omwenteling in 15s. Die probleem is net die vas sit van die pan. As ek klaar is sal ek fotos kom op sit.
Jaco, waar het jy die motor gekoop, kontak besonderhede asseblief.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfdoen anealer

Post by Pvdw »

Henning daai is die draaitafelmotor van 'n mikrogolf. Plekke wat onderdele verkoop sal dit he
ê. Pas net op, mens kry hulle in 30VDC en 230/240AC. Koop die een wat jou behoefres pas.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Selfdoen anealer

Post by henning »

Pieter Willem Vorster wrote:Hier het Gawie nou die uitgloeier in werkende toestand bekend gestel.
Die raam wat ek gebruik het, is die dop van 'n ou rekenaar. Die koekpannetjie (20 cm deursnee) het ek by 'n winkel gekoop wat alles verkoop wat ma vir bak gebruik. Die motortjie is by Mica gekoop - word normaalweg gebruik om 'n klein spitbraai aan te dryf. Dan die transformatortjie. Alles vir onder R500.00
En die eindproduk van hierdie apparaat is presies dieselfde as dié van daardie manne wat oor die R3000.00 kos!!!

En as jy hom opstart en hy werk, is dit 'n ongelooflike gevoel!!
Groetnis
Pieter, vergewe my as ek krap waar dit nie juuk nie maar, dit lyk of die doppie moontlik te warm raak, dus wil ek vir jou noem dat die tempo waardeur die hitte aan die doppie oor gedra word hang af van die posisie van die doppie in die vlam. Ek het gevind dat as die doppie in die blou gedeelte van die vlam is word die hitte stadiger aan die dop oor gedra en dan vinniger as dit op die punt van die vlam is. So die spoed van die motor is nie heeltemal so krities nie omdat jy kan die tydperk wat dit vir die doppie neem om die regte temperatuur te bereik tot n mate beheer deur sy posisie in die vlam.

Dit is juis as gevolg van hier rede dat jy sal sien van die produkte het n houer waar die punt van die brander in gaan dus word die hitte so beheer met n bepaalde afstand vanaf die doppie.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Post Reply