Paar vrae vir julle Langafstand manne

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Skywalker
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am

Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Skywalker »

Dagse manne, ek en my vriend het onlangs vir ons elkeen n geweer “opgebou” as ek nou so kan se vir die lang afstand skiet. Soos in signature onder aand is my geweer se details, wat nie daar is nie is dat dit n 1:10 draai is. Baie mense stry met my oor die Howa se draai en se dit is n 1:12 maar ek het dit self gemeet en dit is wel n 1:10

Voor iemand my kop af byt ek beplan nie om n kudu op 950m te “Snipe” nie ons wil papier en staal skiet en nou en dan n verder skoot in die mielie lande vat op n vlakvark of ystervark of wat okal, wat ek wil se is ek ken die limiete van die .308 as dit by kinetiese energie en “hydrostatic shock” kom. So vir die ver afstand ding is dit bloot vir die kuns en die sport daarvan.

Met dit uit die pad uit, ek het al baie op die forum gelees van ouens wat raad vra om te begin met lang afstand skiet en hoe hulle moet maak en so an. Ek het n baie user friendly ballistic calculator afgelaai en volgens my insette is hy heel akuraat. Ek het my geweer eers n paar weke terug ontvang (na my lisensie kaart 3 keer glo geprint was) so ek is nog besig met load development en al daai lekker dinge. Nou my pel het ook sy eie navorsing gaan doen en n oom wat hy baie vertou kan ek nou maar se het gese hy moet NET 150gr skiet teen 40gr S335 as n begin, en wel kyk sy grouping op 100m en daar is 3 skote in.(Die foto wat onder aan is)

Op die oomblik is ek nie veel gepla oor die herlaai nie maar meer oor die punt keuse, ek het gelees dat n mens die beste ballistic coefficient punt moet skiet wat jou geweer toelaat, toe het ek dadelik gekyk wat die beste is op papier MAW watse spesifikasies die beste is. Dit het my gevat na die Nosler 168gr E-Tip met n ballistic coefficient van .503 en die 180ge E-Tip met .523, nou soos ek se my pel skiet nou NET 150gr Nosler se Ballistic hunting tip met n ballistic coefficient van 0.435. Nou ek het die kwessie vir hom verduidelik soos ek dit volgens die spesifikasies verstaan maar hy se die E-tip gaan jou loop opneuk en jy gaan hom vinniger klaar skiet wat sin maak want hy het nie die lood in die middel wat vorm volgens die loop nie as ek dit so kan verduidelik, maar is dit helemal die waarheid?

Ok so voor julle verveeld raak my vrae is:

Sal die 150gr punt sy job doen op 900m? Bedoelende sal hy stabiel genoeg bly op 900m om nogsteets “sub moa” groupings te kry? Ek weet ek gaan dit in elkgeval moet toets maar julle ouens het dit al gedoen en julle weet wat werk en wat nie werk nie, en ek het my huiswerk gedoen en die meeste van die ouens se hulle is happy met die 168gr gewig gewys en nie “brand” gewys nie en dan is daar ander wat se 155gr en ander dan weer wat se 175gr. Gaan die 180gr met die goeie ballistic coefficient ooit 800m haal en transonic bly? Waar moet ek begin gewig gewys of is dit maar direk afhanklik van wat my geweer wil he?

Ander ding wat ek ook gelees het was dat party punte beter gan groepeer op 200m en 300m as op 100m…..Nou hoe die m@er werk dit en wat moet ek dan doen my geweer op 200m zero en nie nader skote skiet nie??

Vir nou is dit my vrae

Enige raad of informasie sal baie warder word.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer

Self Defence
Beretta 90-Two 9mm

Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by LUAN »

Eerstens daai nosler E-tips is vrek duur as jy net papier wil skiet. Die E-tips se bc is glad nie so hoog soos Nosler "claim" nie.

As jy net teiken gaan skiet of peste kyk na Kompetisie koeels. Lapua scenar 155gr, Sierra palma matchking 155gr, Sierra of Nosler match 175gr. Berger se 168gr target hybrid het n hoe bc van .519 as ek dit nie mis het wat great is. S&O het nou juis bergers ingekry.

Daai lading van 40gr S335 gropeer dalk mooi maar ek reken hy sal maar stadig wees hier by 900m veral met n 150gr koeel. Kyk maar liewers na n lekke 155gr match koeel as jy die gewig wil skiet. Jou balistiese program sal vir jou se wat is sy spoed op al die afstande.

http://www.bergerbullets.com/products/target-bullets/
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Capt. Yoda »

Kyk na die koels soos Luan se ek glo ook hulle sal beter werk as daai e-tips en is dam bq goedkoper ook.A monometaal koel sal nie jou loop vinniger op skiet nie maak nie saak of hy lood in het of nie.Daar is n teorie dat party koels beter doen op langer afstand waar hy meer tyd kry om te stabiliseer. Bryan litz het ook so rukkie terug iets daar oor geskryf ivm berger se Hybrid koels as ek dit nou reg het.Die US manne verwys na die koel "goes to sleep" en dit is waar die koel dan nou basies op sy gemaklikste/beste spin.Dit is maar n 50/50 teorie en baie slim manne se dit is nie so nie waar ander weer se dit is so.
Onder die LR seksie het ons ook so rukkie terug BC en spoed bespreek.Lees dit dalk daar was oor n paar goeie punte gepraat.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Hein (Haan) »

Onthou as jy koeels vergelyk dan kyk mens nie wat doen hulle by die loop nie maar daar ver waar jy hulle wil skiet.
As ek jy was sou ek van die +-160gr klas koeels vergelyk het met die +-180gr koeels.
Sit dit in die balistiese program teen die spoed wat jy hulle teen kan skiet en vergelyk dan so.
Onthou ook met n rangefinder en balistiese program is die val van die koeel nie n probleem nie kyk wat maak hulle in die wind.
;)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7988
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Arnold »

Hier is dalk ietsie interesant om te lees
http://www.appliedballisticsllc.com/Art ... Swerve.pdf
User avatar
Skywalker
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Skywalker »

Jo ouens dankie baie dit is die hupstoot wat ek wou gehaad het.

Ludwig dankie vir jou opstel ook wat jy terug skryf dis lekker om te weet daar is mense wat wil help.
Soos jy se, ek het gespeel met die calculator en gesien hoe dit gan maak met die verskillende greine. Ek het na die A-Max gekyk maar jy se ek kan nie baie naby skote probeer nie, is daar iets waarna ek kan kyk om altwee mee te doen (verskiet en jag) ek probeer nou nie kortpad vat nie maar ek sal liewer n paar rand meer betaal aan iets waarmee ek altwee kan doen of sal julle dit nie aanbeveel nie?

Soos ek se die 600 700 800 900m skote sal verkieslik nie op n trofee bok wees nie mar as ek wil moet ek dit kan doen.
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer

Self Defence
Beretta 90-Two 9mm

Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by LUAN »

Probeer die 180gr baliistic tip dalk? Sy bc is nie die hoogste maar lyk of hy nog goed werk op langafstande en sal nogsteeds goed werk op wild met nader jagskote op n stadiger spoed as n 150gr. Dis nou as jy van hulle nog in die hande kan kry.
http://www.6mmbr.com/308win.html
User avatar
Skywalker
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Skywalker »

Ludwig wrote: Dis onmoontlik vandag om 'n koeël te ontwerp wat ewe goed terminaal presteer teen impaksnelhede van 3000fps tot 1300fps, 'n hoë BC het en kompetisie vlak akuraatheid lewer.
Yes ek hoor wat jy se dis hoekom die Nosler so belowend vir my lyk volgens hulle website, so ek sal mar n happy meduim moet kry of met die voorgestelde 2 aparte punte gebruik.

Ja Luan punte is so skaars soos hoender tande
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer

Self Defence
Beretta 90-Two 9mm

Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Plaashaas »

Skywalker

Ek het dieselde kettie en plan as jy. My oplossing is Nosler 168gr CC op ghongs en papier en 168gr Nosler Silver Tip (hunting) vir jag.

Sterkte
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Supacow »

Plaashaas

watse voordeel het die silwer bt bo die gewone?
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Piet Breedt »

Skywalker, luister na Ludwig se raad oor die 155gr Sierra Palma Match koeels. Laai dit met 42 tot 43gr S335 en jy het n wenner. Dit werk in my .308 baie goed en in meeste ouens wat ek ken se .308's
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Sangoma (IAN) »

As daai 155gr Palmas nie werk nie dan gan ampe niks werk nie.....

Jy gan dalk n scope met bietjie meer vergroting ook wil he vir daai ver skote
User avatar
Skywalker
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am

Re: Paar vrae vir julle Langafstand manne

Post by Skywalker »

Plaashaas het jy al bietjie getoets wat die 168 maak? As jy my bietjie kan se wat hulle maak sal ek bly wees.

Dankie Piet en Sangoma ek sal viseker die 155 probeer julle is nie die eerste mense wat dit vir my se nie.
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer

Self Defence
Beretta 90-Two 9mm

Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
Post Reply