My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by GreyGhostGear »

Ek het so effens van 'n passie (mens kan dit seker fanaties noem) vir Koedoe jag op oop plase in die berge van die Oos-Kaap.
Hulle word nou nie so groot soos hulle Bosveld nefies nie, maar die idee van "geen guarantee" op die oop plase en die kans dat jy vir 3 dae nie eers 'n mooi bul gaan sien nie - maak mos die liefde vir 'n "challenge" in 'n man wakker.
Dan kan 'n man nog tussen troppie na troppie Ribbokke ook deur kruip, wat dit meer spesiaal maak.
Die Ribbokke op my vriend se plaas word nie gejag nie (dalk so 1 of 2 per jaar) en hulle is orals - sommer klompie 7duim plus rammetjie raakgeloop.

Koffie en broodjies op die uitkyk vir Koedoes:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20140725-00906_zps85d4e154.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20140724-00905_zpse51e5fc6.jpg

Op dag 3 het ons op 'n kloof se rant gesit met die wind agter ons - in die hoop dat daar dalk 'n Bul aan ons kant van die rant - met ander woorde uit die wind sou staan. Het 'n klip of 2 in die bos gegooi, maar niks.
Ons het al opgegee en begin hard gesels toe die Bul ewe skielik uitvlieg en teen die oorkantste rant uithardloop.
Het hom op so 200/220m van agter in die hardloop geskiet - met sy buckle kon my vrind 'n opvolgskoot skiet.
Die Bul het my toe bietjie laat draf, maar ek kon hom heeltyd hoor en sien en kon hom gelukkig toe met 'n finale skoot agter die kop omdop.
Toe begin die sports - ek kan maar net sê die Bul het so 5 ure na die skoot gehang in die slagkamer.
Kon hom seker nie op 'n slegter plek op die plaas skiet nie - het 6 manne en pale en baie vloek gekos - maar dis maar deel van Koedoe jag in die deel van die wêreld.

Die meneer is 50 duim op die kop en het 168 skoon karkas uitgeslag. Nie sommer aldag wat 'n man hulle sien in die Oos-Kaap nie. Groot voorreg gewees.
A.g.v logistieke was daar ongelukkig nie kans vir great fotos neem nie.

http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/Adelaidebul2_zps077a1438.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20140726-00916_zpsb9aecb19.jpg
Manne het my gevloek:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20140726-00917_zpsa2880166.jpg

50" en 168kg skoon karkas:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/Adelaidebul_zps92396f37.jpg
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1115
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by J le Roux »

Baie geluk, lekker verlang ek ook sommer nou na ribbokjag .
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Eugene »

Baie geluk!
Aim small, miss small
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Dolf014 »

Ek kan jou passie (fanaties) deel met jou. Ek jag koedoes net op oop plase.
As ek so in die veld loop en ek sien die koedoe voor hy my sien, gaan sit ek vinnig en sê vir myself; "game on!!" Dan pomp die adrenalien kwaai.
Ai, Vrydag moet nou vinnig nader kom. Gaan deur Griekwastad se bosse loop.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
User avatar
Peter OMoore
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Fri Nov 26, 2010 9:19 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Peter OMoore »

Baie geluk.

Bly altyd spesiaal om hulle te jag.
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Jakkie07 »

baie geluk.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by win270 »

Klink na interessante jag. Baie geluk!

In watter distrik was dit? Daar is mos ook baie takbokke in daardie wêreld.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by GreyGhostGear »

win270 wrote:Klink na interessante jag. Baie geluk!

In watter distrik was dit? Daar is mos ook baie takbokke in daardie wêreld.
Adelaide distrik. Ja daar is baaaaaie Takbokke.
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by JohanvanZyl »

Baie geluk! Regtig i baie mooi bul en ja dit bly i voorreg!!
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by SmitH »

Baie mooi bul dit is aldag dat jy so n bul in oop veld in die Oos Kaap skiet nie en dis harde werk in die berge . Al baie male gese los hom maar .

Groete SmitH
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by win270 »

Watter kaliber en ammunisie het jy gebruik? Baie mooi bul!!
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by GreyGhostGear »

SmitH wrote:Baie mooi bul dit is aldag dat jy so n bul in oop veld in die Oos Kaap skiet nie en dis harde werk in die berge . Al baie male gese los hom maar .

Groete SmitH
haha, ja dis wat ons ook na die tyd gesê het - gelukkig was dit rondom 12pm- as dit 3pm se kant was is daar geen manier nie.

win270 - Musgrave 308 en 150gr Partitions.
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Roger »

Knap gedaan
Too many to mention ;-)
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by sako 30-06 »

Baie geluk met n uitstekende bul.
Jy is baie bevoorreg om sulke vriende te he.
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by dawiec »

baie mooi Oos Kaap bul daai!
Bluwater
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Mon Oct 11, 2010 8:07 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Bluwater »

Baie geluk.

Dit is n fantastische Oos-Kaap bull.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Carl »

Geluk Petri bitter mooi koedoe.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by ruaanb »

knap gedaan
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by JohanvB »

Uuuhhh...dit was Aug verlede jaar...
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by GreyGhostGear »

JohanvB wrote:Uuuhhh...dit was Aug verlede jaar...
haha, ja nee die biltong is al lank vergete en hy hang nou bo die braai.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Wouter Roets »

Petri

Al was dit verlede jaar kan n mens maar weer vir jou se geluk! Dit is n absolute besonderse bul in lyf en horings vir daai wereld.

Groetnis
Wout
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Carl »

GreyGhostGear wrote:
JohanvB wrote:Uuuhhh...dit was Aug verlede jaar...
haha, ja nee die biltong is al lank vergete en hy hang nou bo die braai.
Nog steeds lekker. Ek het hom gemis verlede jaar!

++>: Seker soos om weer vir Gawie geluk te sê met die WP se Curriebeker.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Wayne »

Mooi Petri, and well deserved, that is a nice bull.
Nice to see that their are still those willing to work for their prize.
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.

Post by Finfan »

Baie mooi bul!
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
Post Reply