Moeilike kliente
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Moeilike kliente
Manne,
Sukkel julle ook so met kliente as dit by betaling kom?
Voorbeeld 1:
Ek gaan jag by 'n klient. Hy het my pryse en bankbesonderhede.
3 weke na ek hom herinner, word ek eers betaal.
Voorbeeld 2:
Ek en Ge gaan jag by 'n klient teen 'n laer koste as wat ons gewoonlik voor jag. Hy het ook 'n paar bokke wat hy wil oes, en ons doen dit so tussen die jakkalsjag deur vir hom teen geen ekstra koste nie.
Elke keer wat ek die faktuur stuur, word ek vertel dat hulle nog iets kort of dat die faktuur verander moet word.
Dit hou nou al vir 3 weke aan, en ek het sopas die 4de aangepasde faktuur gestuur.
Ek hoor van julle.

Goed, beter, 6millimeter!
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2330
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Moeilike kliente
Geno wrote:Manne,
Sukkel julle ook so met kliente as dit by betaling kom?
Voorbeeld 1:
Ek gaan jag by 'n klient. Hy het my pryse en bankbesonderhede.
3 weke na ek hom herinner, word ek eers betaal.
Voorbeeld 2:
Ek en Ge gaan jag by 'n klient teen 'n laer koste as wat ons gewoonlik voor jag. Hy het ook 'n paar bokke wat hy wil oes, en ons doen dit so tussen die jakkalsjag deur vir hom teen geen ekstra koste nie.
Elke keer wat ek die faktuur stuur, word ek vertel dat hulle nog iets kort of dat die faktuur verander moet word.
Dit hou nou al vir 3 weke aan, en ek het sopas die 4de aangepasde faktuur gestuur.
Ek hoor van julle.
My maat dit is altyd n moeilike situasie en kan ongemaklik raak en verhoudings opmors. Ek het by my eenvoudig besluit betaling voor werk gedoen word en op so n basis weet almal waar hulle staan, ek raak aan niks voor ek nie n bewys van betaling het nie. In julle rigting is dit definitief moeiliker maar sal voorstel dat julle dalk n deposito sisteem inwerk om ten minste die basiese kostes te dek.Op die manier het julle darm al n beginpunt.
Daai veranderinge aan facture is n manier om tyd te wen (enigste rede)
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Moeilike kliente
Geno
Ek deel jou "pyn"!!
Ek onder vind dit taamlik gereeld, jy kry n oproep kom help my asb ons moet so so en so want as so en so oop maak 8uur moet ons die goed reg he, julle geval sit julle heel aand in die stoel op die bakkie ek sit heel and agter die rekenaar.
Van my kant af as jy vra vir n order nommer of iets dan word daar gese "daar is nie nou tyd nie asb help ek stuur more oggend vir jou die order nommer"
Volgende oggend is alles reg vir hulle en daar gan hulle. Dan laat weet hulle stuur die invoice ons reel betaaling, soos jy se jy maak van jou kant af seker alles is reg: rek no, hulle vat no, adresse, pos adresse alles...
dan kom die einde van die maand en daar gaan die einde van die maand en as jy dan van jou kantaf begin navra doen dan gebeur die volgende 9 uit 10 keur...
Jou vendor application is nog nie verwerk nie. (Maar jy het n vendor nommer...)
Ons het n niewe persoon in rekeninge en hulle soek die volgende....
en so kan ek an hou vir n halwe dag...
Dis n pyn om deur alles tegan om jou betaaling tekry, maar as die foon ly moet jy op aandag staan!!
Op die einde van die dag is die goue reel van besighied seke maar koning
"die klient is altyd reg"
Sterkte daar my maat!! Byt maar so bietjie ekstra op die tande....

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Moeilike kliente
Geno, daai is n boggerop. Altyd die geval met betaling na dienste gelewer, soos die normale gebruik is in baie industrië. My slegte skuld van mediese fondse en pasiënte is is iets wat meeste mense naar sal maak. Die staat se Workmans Compensation Commisionar skuld my al oor die 100K...
Dit is dan ook so dat daar geen manier is om totaal en al van die probleem ontslae te raak nie. 'N paar maniere wat werk as jy eers jouself in aanvraag het:
1. Vooraf betaling sovêr moontlik. Dit is nou nie rêrig van toepassing op julle waar aantal jakke bereken word nie.
2. Betaling binne 24h insentive, in die vorm van afslag.
3. Komtrak met die klieët wat n heffing stipuleer indien betaling laat is.
Ek kon myself aanvanklik nie indink dat ek ooit skuldeisers op iemand sou sit nie, maar na die kolektiewe koste van 100 mense se R200-R3000e bereken is, het ek baie vinnig my simpatie met hulle verloor

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Moeilike kliente
Come hunt in the Karroo, In all the years I've been doing this, I have only had one client that I had to fight for my money. Good people here.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Moeilike kliente
die drie grootste leuens in die wereld
1. jou tjek is in die pos
2. bokkie ek belowe ek sal nie in jou mond
3.gee my net 2 min
ek haat dit om vir geld te vra maar n grap is net n grap tot op n punt miskien moet julle begin skape laai as julle klaar is

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13590
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Moeilike kliente
https://warosu.org/data/lit/img/0042/83/1384838106983.gif375fanatic wrote:die drie grootste leuens in die wereld
1. jou tjek is in die pos
2. bokkie ek belowe ek sal nie in jou mond
3.gee my net 2 min
ek haat dit om vir geld te vra maar n grap is net n grap tot op n punt miskien moet julle begin skape laai as julle klaar is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Moeilike kliente
Sukkel julle ook so met kliente as dit by betaling kom?
Een kort antwoord, JA!
Maar gelukkig nie met almal nie. Daar is kliente wat nie skroom om te betaal nie.
Een kort antwoord, JA!
Maar gelukkig nie met almal nie. Daar is kliente wat nie skroom om te betaal nie.
Too many to mention ;-)
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Moeilike kliente
Ja!
Geno, dis hoekom ek niks vleis laat uitgaan as daar nie betaal is nie. Jy moet maar net nie ry voor jou geld of eft gedoen is nie.
Vat sommer jou ipad of tablet saam as die ou dalk sukkel met n koneksie help hom gou pella.
Dis maar hoe ek werk, ook paar houe gevat in die proses tot ek besluit het klaar is klaar.
Sterkte.

Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Moeilike kliente
Geno wrote:Manne,
Sukkel julle ook so met kliente as dit by betaling kom?
Voorbeeld 1:
Ek gaan jag by 'n klient. Hy het my pryse en bankbesonderhede.
3 weke na ek hom herinner, word ek eers betaal.
Voorbeeld 2:
Ek en Ge gaan jag by 'n klient teen 'n laer koste as wat ons gewoonlik voor jag. Hy het ook 'n paar bokke wat hy wil oes, en ons doen dit so tussen die jakkalsjag deur vir hom teen geen ekstra koste nie.
Elke keer wat ek die faktuur stuur, word ek vertel dat hulle nog iets kort of dat die faktuur verander moet word.
Dit hou nou al vir 3 weke aan, en ek het sopas die 4de aangepasde faktuur gestuur.
Ek hoor van julle.
Geno,
Amper elke keer probleme met spesiale "tariewe". Nou is dit volprys of verniet. Niks tussen in nie. Behalwe vir die Mafia..... Kyk hoe het dit ontplof.
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Peruvs72
Re: Moeilike kliente
Dis altyd die mense wat jou die meeste bel en jou die vinnigste daar wil he wat die swakste betaal. Ek gaan uit my pad vir die kliente wat my die vinnigste betaal en die res moet maar wag.
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: Moeilike kliente
Geno ek het 2 weke terug so probleem ondervind met n man wat nie wil betaal nie al het ek vir hom 5 jakkalse geskiet en sy vang hok gaan plaas waar ek tekens van rooikat krapmerke teen n boom gekry het en op die 4rde dag vang hy sy rooikat in die hok nadat hy al 7 maande gesukkel het sonder sukses. Hy bel my so ewe met die nuus en se hy is baie teverede met my dienste maar ek wag nou nog vir my betaling. Hy sal maar volgende keer sy eie probleem moet uitsorteer.
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Moeilike kliente
Hi Geno,
Ek kan net saam met Mac stem. In die Karoo vra die boere vir jou nou wanneer kry ek jou rekening vir die jag. Van die boere het my al gebel en gesê ek het nog nie jou rekening gekry nie.
Ek het vandat ek hier is nog net een probleem gehad met 'n boer wat moeilik betaal het. Hy het boonop nog my bakkie se deur ook beskadig. Toe ek hom skakel vat hy nie meer my oproepe nie en antwoord ook nie sms'e nie. Ek het dit toe maar afgeskryf en die deur reggemaak. Na so drie maande kry ek hier middel van die nag 'n sms van 'n inbetaling en sien toe dat dit hy is wat betaal het.......val amper van die bed af.
So in kort selfs met hom wat ek so gesukkel het is my persentasie boere wat wel betaal het op 100%.
Ek kan jou egter sê dat my skoonseun 'n elektriese kontrakteur in Gauteng is en hy het al amper 'n paar keer onder gegaan agv ouens wat net nie wil betaal nie. Altyd volgende week of einde van die maand maar hulle sê ongelukkig nie van watter jaar nie.
Seën uit Mosselbaai. Pragtige dag hier!!!!
Johan

- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Moeilike kliente
Ja, elke 2de perd in ons land besluit sommer self hy het nou n maand rekening by jou. Die bank het sy oortrokke fasiliteit gestop en nou het hy besluit jy is nou sy nuwe krediet verskaffer. Verskonings is ook legio, jy het mos nie rekening saam gegee nie, hy het ook nie die een in die pos gekry nie en sy epos werk mos nie... En sê nou net vir iemand hy moet eers betaal voor jy goedere aanstuur dan is jy nou goed sleg... Dis om van siek te word. Ek spandeer n tyd van my lewe om vir mense te verduidelik eks nie n kredietverskaffer of n bank nie, as jy nie geld het nie en die bank wil ook nie vir jou leen nie hoe de hel wil jy vra vir n produk of diens as jy weet jy gaan nie betaal nie?
En dan is daar natuurlik die classic, die perd wat skuld maak met die Bybel onder sy arm... en hoe durf ek nou iemand na sewe in die aand bel om hom te herinner hy skuld R30 000 nou al vir 5 maande, eks heeltemal "out of line"....

- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Moeilike kliente
My ervaring is dat die wat KAN betaal die mense is wat meer probleme gee teenoor die "minder rykes" wat sommer dadelik wil betaal !!!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Moeilike kliente
Pappabeer, die ergste van als is dat in my besigheid betaal ek die Compensation Commissioner amper 40k per jaar, en dan betaal hulle nie die dokters nie. Dit maak my siek. Hier in Bronkhorstspruit vat geen dokter meer compensation commissioner gevalle nie, met die gevolg dat as een van my werkers aan diens seerkry ek kontant betaal. Ek doen nie eers meer die moeite om te eis nie. Maar boeta, as daai jaarlikse aanslag van die commissioner kom moet jy maar 11.1.11 en betaal.Pappabeer wrote:Geno, daai is n boggerop. Altyd die geval met betaling na dienste gelewer, soos die normale gebruik is in baie industrië. My slegte skuld van mediese fondse en pasiënte is is iets wat meeste mense naar sal maak. Die staat se Workmans Compensation Commisionar skuld my al oor die 100K...
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Moeilike kliente
Jip, dis n lieflike verloor verloor situasie. Geen privaat praktyk sien die gemors nie, maar bv party takke van Medi Clinic doen wel, en indien jy daar skofte doen is jy natuurlik genoodsaak om hulle te sien. Die totale agterstallige skuld teen einde van die laaste finansiële jaar was net kort van R14 biljoen wat nooit uitbetaal is nie.Smitstertjies wrote:Pappabeer, die ergste van als is dat in my besigheid betaal ek die Compensation Commissioner amper 40k per jaar, en dan betaal hulle nie die dokters nie. Dit maak my siek. Hier in Bronkhorstspruit vat geen dokter meer compensation commissioner gevalle nie, met die gevolg dat as een van my werkers aan diens seerkry ek kontant betaal. Ek doen nie eers meer die moeite om te eis nie. Maar boeta, as daai jaarlikse aanslag van die commissioner kom moet jy maar 11.1.11 en betaal.Pappabeer wrote:Geno, daai is n boggerop. Altyd die geval met betaling na dienste gelewer, soos die normale gebruik is in baie industrië. My slegte skuld van mediese fondse en pasiënte is is iets wat meeste mense naar sal maak. Die staat se Workmans Compensation Commisionar skuld my al oor die 100K...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Kwagga Smith
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Sun Dec 25, 2016 10:25 am
Re: Moeilike kliente
Ek het in die jag seisoen van 2016 Feb-Nov R1.35mil skade geloop met jagters wat nie betaal.
Sent from my S40 using Tapatalk
Sent from my S40 using Tapatalk
Kwagga Smith African Hunting Safaris
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Moeilike kliente
Ek kom agter die gemiddelde man neem 60 tot 90 dae om my te betaal. Nou kry vir jou n bank masjien en voordat jy die plaas verlaat laat die klient jou betaal vir dienste gelewer. Ek is wragtag nie n fanansierings maatskappy nie!
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Moeilike kliente
Indien van toepassing - Let them sign a surityship, a real macoy! I will be on site, 24 hours after paperwork is done. That works for me. Het 'n baie deurdagte dokument laat opstel en geen probleme nie
Sent from my iPad using Tapatalk

Sent from my iPad using Tapatalk
- Bushwack
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm
Re: Moeilike kliente
ek het ook al verloor, maar jy was iewers 'stupid' as jy daai geld verloor het...wat het gebeur?Kwagga Smith wrote:Ek het in die jag seisoen van 2016 Feb-Nov R1.35mil skade geloop met jagters wat nie betaal.
Sent from my S40 using Tapatalk
ek het wel vervalste dollars gekry waarmee ek betaal was...
Patrick Reynecke
Dream...Discover...Experience...
Dream...Discover...Experience...
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Moeilike kliente
Die beste besiheid wat ek met mense nog gedoen het, was hier op Jaracal. Een geval gehad wat n man gesukkel het om my te betaal, en dit was gou opgelos met die manne wat hom geken het.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Moeilike kliente
Dit sê baie van diè forum, Heinz, maar jy sal altyd jou varkasems kry!
Sent from my iPad using Tapatalk
Sent from my iPad using Tapatalk
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Moeilike kliente
Vir my is daar 'n wesentlike verskil tussen 'n "moeilike" klient en een wat net eenvoudig oneerlik is en geen integriteit het nie. Eersgenoemde praat oor die standaard van diens en die produk, maar laasgenoemde is eenvoudig skelm en moet vasgevat word.
- Sean3006
- Sr. Member

- Posts: 478
- Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm
Re: Moeilike kliente
Hi Geno
My suggestion would be to ask for a 60% deposit upfront. Balance on completion of job.
Apply this to new clients or those that have a history of being slow payers.
Good luck.
My suggestion would be to ask for a 60% deposit upfront. Balance on completion of job.
Apply this to new clients or those that have a history of being slow payers.
Good luck.
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP