My eerste arm mans buffel
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
My eerste arm mans buffel
More Manne
[img width=800 height=600]http://i753.photobucket.com/albums/xx17 ... 010099.jpg[/img]
Lang loop en langer storie agter die foto...
Groete
Benman

Skiet raak en praat die waarheid...
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: My eerste arm mans buffel
Benman
'n Siek bok daai, maar as jy hom skiet word hy mos gesond! Vertel bietjie van die lank loop.

-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: My eerste arm mans buffel
Benman gooi met daai storie maat! Ons wag in spanning!! 
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Chopper
Re: My eerste arm mans buffel
Benman,
Is dit ha pens in die agtergrond? En waar is jou mede jagter "Hunter"??? aitsa die Eg Afrikaanse Blou Buffel Bees!!

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: My eerste arm mans buffel
Benman,
Was daai Bees na aan kalwe of het sy al kalf gehad??
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: My eerste arm mans buffel
Baie geluk.
Raven ek dink dalk dit kan deel wees van die storie kom Benman, jy kan nie ons lusmaak en dan stilbly nie.
Blok.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: My eerste arm mans buffel
DIt is definitief nie die Bees se pens wat daar agter l? nie, ek dink amper daar was 'n barmhartige samaritaan.... maar ons wag vir Benman se storie
R
R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: My eerste arm mans buffel
Spene lyk self bietjie dikkerig.... 
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: My eerste arm mans buffel
Stefan,
EK mag die pot dalk heeltemal mis sit hier, maar ons wag maar vir Benna se verhaal.
R
EK mag die pot dalk heeltemal mis sit hier, maar ons wag maar vir Benna se verhaal.
R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: My eerste arm mans buffel
Manne
Nee, die kalf was nie deel van die storie nie! Ek het darem eers mooi seker gemaak voor dat ek die skoot gemaak het. Ek het reeds van 08:00 die trop te voet agterna gesit om vir my ;n mooi groot Buffel bees te soek. Bulle was maar klein en ek soek toe nou lekke klomp vleis.
Ek het toe nader gekruip en weer lank na die trop geloer. ek het toe die 30-06 uitgetrek met 'n 150gr ultra bonded core lokt. Ek was so vol moed hier val my eerste buffel bees. Slegs 170 meter tussen my en die groot oomblik. Sy staan toe nou kwart na my toe... Ek sien al daai punt deaur die hartkamer plof en die longe saam vat...
Ek druk die skoot af met my hart behoorlik in my keel! Daar was 'n harde bulk met die wildebees wat amper agteroor geslaan het. Die trop vat toe pad agter die twee bome verby oor die nekkie aan die oorkant van my. Ek kon nie sien of die bees val nie. Met my scan van die trop kom ek agter my groot koei is in die middel... met 'n lam linker voorbeen!!!!! Dit was 14:30 die middag.
Ek sit toe onmiddelik die trop agterna want dit is toe aan die berg en rivier kant van die plaas, as sy nou gaan le gaan ek haar moeilik kry.
Elke keer as ek bo op die koppie kom is die trop net op die volgende kop besig om weer oor te gaan en dan verloor ek hulle weer uit die sig. Julle weet mos, as die goed lood kry en gesond word haldloop hulle eers lekker.
Soos ek loop en hulle elke keer te siene kry sien ek sy is nog in die trop, maar die trop probeer baie hard om haar uit te stoot. Ek het nog nooit so iets ervaar nie. Twee tot drie wilde beeste storm haar met hul horings, hul verniel haar.
Na net kort van 7.5km ver stap berg op en berg af sien ek toe die trop weer bo op die volgende berg. Daar is dit toe, sy het iewers gaan le in die digte berg gebied... Dit is toe nou reeds so net voor 5. Uit moedeloosheid skud ek my kop en gaan sit op n' klip om my verkyker uit te haal. My oog vang toe iets wat blink ver onder in die spruit, sowaar, dit was haar rug wat vir een sekond in die son geblink het toe sy omdraai om te gaan le onder 'n bos... wat was di odds?
Nou ja, dit is toe net daar waar ek die finale skoot gemaak het met laaste sonlig...
Die buffelbees sal my by bly vir solank ek jagstories vir my klein kinders kan vertel. Haar horings is in my herlaai kamer op ter nabetragting oor skoot plasing en kaliber keuse... Met my ongeluk het die punt die humerus been solid geslaan en totaal opgebreek, dit het nie eers die brisket gepenetreer nie... Skoot plasing was volgens my goed. Kaliber en punt keuse sal ek verseker anders wil doen volgende jaar.

Goeie storie, sulke dinge gebeer maar een of ander tyd met almal van ons en gelukkig het dit n goeie slot.
Maar nou weet ons almal wat op daai klip le.
Blok.
Maar nou weet ons almal wat op daai klip le.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: My eerste arm mans buffel
moet nie te kwaai wees met die 30-06 nie, die dinge gebeur maar.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: My eerste arm mans buffel
Benman,
Mooi storie agter jou Bees
Definitief een vir rondom die kampvuurtjie.
Ek kan my in dink hoe jy voel toe jy haar deur die verkyker gewaar, dis soos die wereld van jou skouers af.
Ravie
Mooi storie agter jou Bees
Definitief een vir rondom die kampvuurtjie.
Ek kan my in dink hoe jy voel toe jy haar deur die verkyker gewaar, dis soos die wereld van jou skouers af.
Ravie
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: My eerste arm mans buffel
Kerels
Jy is reg jagbehep, die heelal klim met eens van jou skouers af as jy jou verlore bees kry! En wat die 30-0kwes aan betref... Ek het toe sommer daai selfde week vir my 'n ander yster gaan koop, die Remington sendero 300 win mag. Ek stamp die naweek 'n kudu bul op 456m met dai roer, 180gr Core lokt. Hy is die 30-06 se baas in my oe.
Groete
Benman
Jy is reg jagbehep, die heelal klim met eens van jou skouers af as jy jou verlore bees kry! En wat die 30-0kwes aan betref... Ek het toe sommer daai selfde week vir my 'n ander yster gaan koop, die Remington sendero 300 win mag. Ek stamp die naweek 'n kudu bul op 456m met dai roer, 180gr Core lokt. Hy is die 30-06 se baas in my oe.
Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: My eerste arm mans buffel
456m. hel dis ver. my eerste selfoon konnie eers so ver bel nie. loop en jag sien ek nie rerig kans om verder as 250m te skiet nie, sal meer moet oeffen.
ja, ek skiet self met n 300, en hou van hom. wees op die uitkyk 30-06 manne hulle gaan jou bloed soek.
ja, ek skiet self met n 300, en hou van hom. wees op die uitkyk 30-06 manne hulle gaan jou bloed soek.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: My eerste arm mans buffel
Mooi man.Jagbehep! wrote: hel dis ver. my eerste selfoon konnie eers so ver bel nie.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: My eerste arm mans buffel
Ek neem aan die arm mans buffel is al lankal geskiet, want hoe kry jy so gou lisensie vir die 300 
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: My eerste arm mans buffel
Madaka
Nee, bees in begin Augustus geskiet, 17 Augustus gekoop, ek my lisensie op 2 November gekry!
Lekker ne?
Groete
Benman
Nee, bees in begin Augustus geskiet, 17 Augustus gekoop, ek my lisensie op 2 November gekry!
Lekker ne?
Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
-
FDJ
- Full Member

- Posts: 106
- Joined: Mon Nov 23, 2009 9:57 am
Re: My eerste arm mans buffel
Hi Benman
Jy se nie in jou storie oor die wilde bees hoe ver jou 2de skoot was en of die 2de skoot op teiken was nie.As die 2de skoot was waar jy gemik het en die afstand ook redelik ver was,was die eerste skoot dalk die man agter die geweer se skuld ;D
o ja ek skiet met `n 30-06
groete
Francois

.308 Brno , 30-06 Brno
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: My eerste arm mans buffel
Haha! Daars hy nou! 
Benman, ons luister!
Stef
Benman, ons luister!
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: My eerste arm mans buffel
Manne...
Tweede skoot lekke naby, toe gebruik ek maar weer die kluilat, ag ek bedoel die 30-06.... ha ha ha
Groete
Tweede skoot lekke naby, toe gebruik ek maar weer die kluilat, ag ek bedoel die 30-06.... ha ha ha
Groete
Skiet raak en praat die waarheid...
-
FDJ
- Full Member

- Posts: 106
- Joined: Mon Nov 23, 2009 9:57 am
Re: My eerste arm mans buffel
Hi Benman
nou dat jy ge "upgrade" het,het jy mos nie die 30-06 meer nodig nie.My broer is nou in die marke vir een.Laat weet maar of ons die klei-lat van jou hande kan afneem.
Groete
Francois
nou dat jy ge "upgrade" het,het jy mos nie die 30-06 meer nodig nie.My broer is nou in die marke vir een.Laat weet maar of ons die klei-lat van jou hande kan afneem.
Groete
Francois
.308 Brno , 30-06 Brno
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: My eerste arm mans buffel
Daai lat het reeds 'n baas, jammer manne.
Groete
Groete
Skiet raak en praat die waarheid...