Wegbreek naweek jagtog

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Wegbreek naweek jagtog

Post by Cor Jacobs »

Hallo manne,

Ek het die afgelope naweek die vooreg gehad om so vinnige wegbreek te maak en n jagtog in te pas saam met my goeie vriende.
Ry Vrydag middag so twee uur se kant hier weg, en vat die pad suide toe. My maters is alreeds op die plaas vanaf Donderdag, en het alreeds n klompie bokke in die koelkamer.
9 Uur die aand, en so 800 km verder, sluit ek by hulle aan. Die staanrib is al amper reg, en ons kuier lekker tot laataand om Saterdag die laaste jagdag in te pas.

Vroegoggend is ons dan uit veld toe, ek wil kyk of ek darem so 3 springbokkies kan kry. Maar dis al laat in die seisoen, en die bokke staan nie naby nie, en dalk was dit die laataand se kuier, maar ek sukkel so bietjie in die begin om iets raak te skiet.
Gelukkig kry ek later my oog in, en my hande stil, en val daar darem so 3 bokkies. Vriend Gerhard skiet sy verste een op 300m, Louis op 289m, en ek was gelukkig om myne te skiet op 354m.
Die plaas soek self volstuise, en die res van die dag gebruik ons dan om vir die eerste keer te volstruisjag. Dis egter n heel nuwe "ballgame" die. Daai voele staan nooit stil nie, en ons kom nie sommer nader as 300m aan hulle nie. Maar aanhouer wen, en ons elkeen trek darem n Groot Voel plat. Vriend Wikus se skoot laat ons monde oophang toe hy sy Vollie neersit op 443m.
Saterdagaand kuier en braai ons vir oulaas lekker saam, en na die heeldag in die son gaan kruip ons maar vroeg in.
Sondagoggend vroeg laai ek my bokke, en vat weet die lang pad huis toe. dis baie ver om te ry vir n naweek, maar die vooreg om saam met my vriende in die veld te wees maak elke kilometer die moeite werd.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Wegbreek naweek jagtog

Post by Johan Nel »

Mooi gedoen Cor, ek stem saam dis nogal wyd om te ry vir een dag se jag, maar nou ja, as 'n man wil, dan kan jy! Dankie vir die deel.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wegbreek naweek jagtog

Post by win270 »

Interessantheidshalwe, vir daardie tipiese Namibiese jagtogte, met watter kaliber en ammunisie skiet die meeste manne springbokke?
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Wegbreek naweek jagtog

Post by Cor Jacobs »

win270 wrote:Interessantheidshalwe, vir daardie tipiese Namibiese jagtogte, met watter kaliber en ammunisie skiet die meeste manne springbokke?
Win270,

ek kan regtig nie vir jou presies antwoord waarmee die meeste manne skiet nie. My vriend Pieter Vorster, ook hier op die forum skiet met sy 270. Ekself jag daar met my 308.
My vriende wat die naweek saamwas het onderskeidelik met n 7mm, 300 en 338 geskiet.

Volgens my beskeie kennis is die meer gewilde calibers die 243, 25-06 en daai klas rond.

Ek het geskiet met Hornady se SST 150gr.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Wegbreek naweek jagtog

Post by Piet Pille »

Dankie vir die storie Cor!

'n Groot voel is ook nog 'n droom van my........... :confused: :confused: :confused: ;)

Jy begin daai 308 van jou nou mooi bestuur. Volgende jaar gaan die springbokke weer swaarkry as ek jou so luister- ek sal smaak my, sommer die week al moet beginne oefen as ek wil kompeteer. ;D

Dalk moet ons volgende jaar dan elkeen standaard 'n vollie inwerk by ons Springbokjag.


P.S. Ek neem aan die volstruise was nie ook almal kopskote soos jou springbokke nie? >:+
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Wegbreek naweek jagtog

Post by Cor Jacobs »

Pieter Vorster wrote:Dankie vir die storie Cor!

'n Groot voel is ook nog 'n droom van my........... :confused: :confused: :confused: ;)

Jy begin daai 308 van jou nou mooi bestuur. Volgende jaar gaan die springbokke weer swaarkry as ek jou so luister- ek sal smaak my, sommer die week al moet beginne oefen as ek wil kompeteer. ;D

Dalk moet ons volgende jaar dan elkeen standaard 'n vollie inwerk by ons Springbokjag.


P.S. Ek neem aan die volstruise was nie ook almal kopskote soos jou springbokke nie? >:+
Pieter,
Eerstens, hou maar aan droom mater... :laugh:
Dan, dankie, ek en die 308 het nog heelwat oefening nodig.. :(
En, jy neem reg aan met die kopskote op die Vollies, daai koppie is klein op 300m +
Post Reply