Vuurwapen Motivering/Firearm Motivations

Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2327
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Vuurwapen Motivering/Firearm Motivations

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Wil so bietjie deel:

Tans is daar n groot toename tot nuwe jong jagters wat die jagwereld betree, ek kom agter die manne sukksel so bietjie. Ons wat nou al n ent stap met wapen en jag het al baie jare se kennis opgebou en moet dit in die agterkop hou. Baie van die manne verloor n vader figuur en het nie werklik die nodige kennis nie en lees maar hier en daar en vrae vir die wat hulle kan. Die jong mense speel n groot rol in die ontwikkeling en volhoubaarheid van ons sport en liefde. My persoonlike gevoel is dat JARACAL een van die informasie bronne is en is opreg trots om deel te wees van die familie. So bietjie inligting om die aansoek proses te vergemaklik:

1. Bewys van individu (id document & paspoort fotos 2 per aansoek)
2. Bewys van adres
3. Bewys van nodige sekuriteit om die wapen te kan beveilig (stawende fotos en kluis verklaring)
4. Bewys van vorige ervaring (soos jagbrief of twee en fotos)/ indien die manne sukkel prober ek ok ma n plan maak
5. Opleidings sertifikate vir spesifieke opleiding ontvang BV handwapen
6. Opleidings sentrum sertifikaat (vir die manne wat na 2013 sept opleiding ontvang het)
7. Met aansoek vir bevoegtheid is dit baie belangrik om verwysings briewe aan te heg (ten minste 3)
8. Motivering vir die spesifieke wapen en doel


Met geerfde wapen is die volgende noodsaaklik veral indien die lisensiehouer afgesterf het:

1. Brief van eksekuteur wat toestemming gee dat jy mag aansoek doen.
2. Afskrif van oorledene se id asook doodsertifikaat
3. Afskrif van die lisensie
4. Eksekuteur se afskrif van sy id document
Daar is n paar scenarios maar die bogemelde is n goeie begin


Hoop dit maak dit bietjie makliker vir die manne wat ook deel wil word van die groter jag en sportskiet kultuur.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Vuurwapen Motivering/Firearm Motivations

Post by vriell »

Dankie vir goeie bruikbare inligting.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Vuurwapen Motivering/Firearm Motivations

Post by Rudie »

Kobus, dankie jy nou kennis met ons deel, ek is seker daar is iemand wat baie baat hierby gaan vind.
Post Reply