Wat gaan aan met lam pryse????
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Wat gaan aan met lam pryse????
Dagse manne.
Ek het die week n moerawiese skok gekry toe ek lam bestel.
A1 / 2 R59.95 plus Btw
A3 - 5 R 48.95 plus Btw.
Wat gaan aan, wat kry die boere nou wat slag???
Nog n vraag, eks in Pretoria, is daar in n kom ons se 400km radius skaap boere wat my met lam kan voorsien vir n
beter prys?
Ek lees graag. Eks in die bos tot maandag, so as ek niemsaam gesels nie, gooi maar, sal maandag opvang.
Groetnis.
Robbie.

- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Robbie ek is hier in Vryburg.
Ek het nie self lammers om te verkoop nie maar het darem so paar contacts vir skaap.
Hoe werk jou vervoer van die lammers sal jy die vleis self aan ry?
Ek het nie self lammers om te verkoop nie maar het darem so paar contacts vir skaap.
Hoe werk jou vervoer van die lammers sal jy die vleis self aan ry?
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Ja ek sal met die koel trailer kan laai, seker so 50 op n slag, maar die pryse is flippen van die pad af!!!!
Wat moet ek vra vir lam as ek R68.40 per kg moet betaal?
Wat moet ek vra vir lam as ek R68.40 per kg moet betaal?
-
Proudprado
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Robbie, toe ek so twee maande terug in die Karoo was, het die boere amper R55/kg vir lam gekry. Die slagbare lammers was skaars op daardie tyd en dit gaan maar oor vraag en aanbod, dink ek.
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Ek sal gou by hulle hoor wat is die prys wat hulle nou kry.
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Robbie as jy jou somme maak en Vryburg se kant toe moet kom wat sal jy kan betaal per kg?
Ek vra maar net want dat ek net vir hulle n idee kan gee wat hulle behoort te kry.
Ek vra maar net want dat ek net vir hulle n idee kan gee wat hulle behoort te kry.
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Robbie
Dis maar soos ons altyd voel as ons in die stad kom en goed moet koop,kyk hoe lank moes ons met R40 tevrede wees-alles gaan op en styg (so nou en dan 'n special) ma as vleispryse val moet ons dit ma vat en net aanhou.
Henry

Ysterkat
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Die prys is nou R52 per kilo hier by slagpale
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
ja dis tyd dat ons bietjie meer kry,2maande terug was die prys baie swak.maar dis ook net nou duur omdat niemand het niecassie_calvinia wrote:dis darm lekker as die pryse so hoog is!
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
As ons moet lammers produseer vir R42 per kg van so paar maande terug breek ons amper nie eers gelyk nie, ons insette is net eenvoudig te hoog. Teen daai pryse en jakkalse wat vreet en 2 been jakkalse wat steel kan ek jou belowe klim nog 'n klomp van ons uit die skaap boerdery. Winburg was op 'n tyd 'n sterk skaapboerdery distrik, nou kan ek die boere wat nog skape boer amper op 2 hande tel hier by ons.
Ek is jammer vir die verbruiker, maar so kon ons ook nie aangaan. Ek laat slag op die oomblik vir R51 per kg.
Groete
Ek is jammer vir die verbruiker, maar so kon ons ook nie aangaan. Ek laat slag op die oomblik vir R51 per kg.
Groete
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Robbie daai is nie slegte pryse nie. By Swariko afslaers het "pakkies" lam lewindig vir R51/kg+BTW verkoop laas week dan moet jy nog slag en vervoer maar jy kry dam n paar rand vir die vel en afval ook.Ongelukkig weet jy nie heeltemal wat jy kry as jy n klomp lammers saam koop nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
SPAR en sulke plekke se pryse seker naby of oor R90/kg toe ek laas sien.Wonder hoeveel die arme boer gekry het?Die boer moet of direk aan die publiek kan verkoop of aan n slaghuis,die retail winkels jaag die pryse kwaai op in my opinie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Skaapboere gaan minder word en nie meer nie-agv redes wat 222 hierbo noem-slagplase eet ons ook lekker met graderings-op Robbie se pryse sal ek A3 koop as ek moet want 2/3 pryse moet eintlik selfde wees. Ek eet nie lam nie en slag 4/6 tand hamels vir myself en as jy 'n B graad karkas vat kry jy meer vleis vir selfde prys as jy moet koop-kry 'n vleissaag en jy breek gelyk binne 6 maande as jy nie te lui is om te saag en pakkies te maak nie!
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
G Force, met respek gese, kom ek gee jou binne inligting. Ek besit n Spar. Ek koop lam aan vir die pryse soos hierbo genoem. Dan doen ons bloktoetse waar ons die karkas opbreek en teen verskillende snitte prys. My winsgrens op n totale karkas is 20% voor verliese agv verskeie redes.G-force wrote:SPAR en sulke plekke se pryse seker naby of oor R90/kg toe ek laas sien.Wonder hoeveel die arme boer gekry het?Die boer moet of direk aan die publiek kan verkoop of aan n slaghuis,die retail winkels jaag die pryse kwaai op in my opinie.
Uit daai 20% moet ek personeel, huur, water en ligte, n kleinhuisie vol ander uitgawes dek. Baie mense vra my altyd : Hoe kan jy R99 p/kg vir tjoppies vra as jy net R56 betaal vir lam, niemand moan oor die skenkels, kookvleis ens op die lam wat onder kosprys verkoop word nie.
Ek verkoop heel lam en lam pakke nou vir R69 per kilo.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Ek as skaapboer het reeds meer as die R52/kg nodig om aan die huidige kosteknyptang te ontsnap maar is in die gelukkige posisie dat die grootste deel van die verbruikersrand in my sak beland.Smitstertjies wrote:G Force, met respek gese, kom ek gee jou binne inligting. Ek besit n Spar. Ek koop lam aan vir die pryse soos hierbo genoem. Dan doen ons bloktoetse waar ons die karkas opbreek en teen verskillende snitte prys. My winsgrens op n totale karkas is 20% voor verliese agv verskeie redes.G-force wrote:SPAR en sulke plekke se pryse seker naby of oor R90/kg toe ek laas sien.Wonder hoeveel die arme boer gekry het?Die boer moet of direk aan die publiek kan verkoop of aan n slaghuis,die retail winkels jaag die pryse kwaai op in my opinie.
Uit daai 20% moet ek personeel, huur, water en ligte, n kleinhuisie vol ander uitgawes dek. Baie mense vra my altyd : Hoe kan jy R99 p/kg vir tjoppies vra as jy net R56 betaal vir lam, niemand moan oor die skenkels, kookvleis ens op die lam wat onder kosprys verkoop word nie.
Ek verkoop heel lam en lam pakke nou vir R69 per kilo.
Onthou, die boer se prys is R52 + btw=R59 dus is Smithstertjies se prys baie billik.
Hy koop 'n karkas wat nog vogverliese het, nie 'n lang raklewe het nie en bewerk moet word teen koste.
Die koringboer se gedeelte van 'n gesnyde wit brood is die 2 korsies en een sny. Wynboere kry minder vir die wyn in die bottel as wat die kurk kos.
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Baie dankie vir dit,ek het nie SPAR getuiken nie,dis net wat ek kan onthou wat ek daar betaal het.20% Wins is maar naelskraap,goedgaan.Smitstertjies wrote:G Force, met respek gese, kom ek gee jou binne inligting. Ek besit n Spar. Ek koop lam aan vir die pryse soos hierbo genoem. Dan doen ons bloktoetse waar ons die karkas opbreek en teen verskillende snitte prys. My winsgrens op n totale karkas is 20% voor verliese agv verskeie redes.G-force wrote:SPAR en sulke plekke se pryse seker naby of oor R90/kg toe ek laas sien.Wonder hoeveel die arme boer gekry het?Die boer moet of direk aan die publiek kan verkoop of aan n slaghuis,die retail winkels jaag die pryse kwaai op in my opinie.
Uit daai 20% moet ek personeel, huur, water en ligte, n kleinhuisie vol ander uitgawes dek. Baie mense vra my altyd : Hoe kan jy R99 p/kg vir tjoppies vra as jy net R56 betaal vir lam, niemand moan oor die skenkels, kookvleis ens op die lam wat onder kosprys verkoop word nie.
Ek verkoop heel lam en lam pakke nou vir R69 per kilo.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Ons boere moet dalk soos in Engeland begin om weekliks hulle produkte na die "dorpsmark" te neem en direk aan die publiek te verkoop, lyk my dis al hoe mens sekere middelmanne kan uitskakel. Ek praat hier van die middelmanne wat geen risiko dra nie en die meeste van die wins in hulle sakke steek!
Ek weet dis ongelukkig nie so maklik haalbaar nie....
Ek weet dis ongelukkig nie so maklik haalbaar nie....
Aim small, miss small
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
G-Force
Die probleem is groot as jy jou vleis pakkie-vir-pakkie koop by Spar. Woolies of waar ook al.
Dit is relatief goedkoop as jy heel of halwe lam op 'n slag koop. Ek het nog niks van 'n lam ge-eet wat nie lekker was nie.
Ek kan regtig kies wat ek van die lammers, wat ek self slag wil eet, en die skenkels en nek verdwyn heel eerste.
Die probleem is groot as jy jou vleis pakkie-vir-pakkie koop by Spar. Woolies of waar ook al.
Dit is relatief goedkoop as jy heel of halwe lam op 'n slag koop. Ek het nog niks van 'n lam ge-eet wat nie lekker was nie.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Manne, ek is baie dankbaar vir die werk wat ons boere verrig.Ek is immers self n boerseun wat op n plaas groot geword het. Maar ongelukkig is dit die realiteit van die ketting. In elke fase is daar n ou wat waarde toevoeg, en dit is wat die pryse so opjaag.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Ek verstaan dit en stem 100% saam.Ek het self n klompie skape saam n pel van my op sy plaas.Wat ek probeer se het is dat as die "gewone" end-user dit betaal,wie maak die meeste geld?Smithstertjies het darem mooi kom beduie wat sy kostes is en dit is vir my baie billik.Ek wil net he die boer moet geld maak,dis al.wlm wrote:G-Force
Die probleem is groot as jy jou vleis pakkie-vir-pakkie koop by Spar. Woolies of waar ook al.
Dit is relatief goedkoop as jy heel of halwe lam op 'n slag koop. Ek het nog niks van 'n lam ge-eet wat nie lekker was nie.Ek kan regtig kies wat ek van die lammers, wat ek self slag wil eet, en die skenkels en nek verdwyn heel eerste.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Jis manne
Gister lammers op veiling gehad. Slaglammers R25 en stoorlammers R28/kg op die hoef. Lammers slag so 48% uit. Maak ma self di som.
Groete
Ribbok
Gister lammers op veiling gehad. Slaglammers R25 en stoorlammers R28/kg op die hoef. Lammers slag so 48% uit. Maak ma self di som.
Groete
Ribbok
-
JR68
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Sat Jun 26, 2010 9:26 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Koop AB grade. lekker groot tjops en vleis proe uit die boonste rakke.
-
JR68
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Sat Jun 26, 2010 9:26 am
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Ribbok,ja dit is goed maar ek neem aan die afslaer kommisie moet nog afgaan.
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Wat gaan aan met lam pryse????
Ja sorry ekt dit nou nie geskryf nie want dit het nie n invloed op eindverbruiker nie maar wel op produsent. ek het dit net opgesit om te se wat pryse op die ope mark is.
Groete
Groete