Vir hierdie jag het ek my Blaser R93 in 300 Win Mag saamgevat. Die geweer wat met 180gr Barnes TTSX gelaai is, en 'n Swarovski Z3 4-12x50BT op het is vir my die ideaale Kudu Geweer as jy in die Estcourt/Weenen/Bergville Omgewing van KwaZulu-Natal jag. Die geweer is lekker lig, wat hulp met stap, en die plat Trajek hulp as daar lang skote geneem moet word oor 'n kloof of 'n kant van die Berg. Alhoewel 'n hout kolf mooi is, het die geweer 'n sintetiese kolf op, wat vir my baie beter is, want om bekommerd te wees of jou kolf 'n krap kry is nie ideaal nie as jy gou moet maak in die digte bos.
Dit was baie warm, en ons het vinnig begin sweet. Na so twee Uur van stap was ons uiteindelik bo op die berg, en het intussen twee Rietbokke gesien. Ons het besluit om 'n vir 'n klein ruk te wag en iets te drink, terwyl ons 'n strategie beplan. Onder ons in die Koring, het ons nog sewe Rietbokke gesien. Ons het gedink, met die Volmaan wat baie naby is, dat ons weer terug sal kom na die punt op die berg en ons sou wag vir die Kudus as hulle in die Koring inkom as die son sak. In plaas van wag, het ons besluit om die ander kant van die Berg te gaan loer en sien wat daar is. Ons het seker so 100m gestap toe het ons 'n Trop Eland gesien wat nie bewus was van ons nie. Om te vermy dat ons die Elande wejag en dat hulle dan die Kudu's Spook, is ons terug gestap en 'n pad om hulle rond begin stap. Van daar af het ons 'n lekker sitplek gekry van waar ons 'n groot kant van die berg kon sien.
[image]http://i864.photobucket.com/albums/ab202/Umshwati/d0c95a9e-2c4e-46ef-9883-ba757a8bf5fa_zps717016b4.jpg[/image]
Die Foto wys so half van die Berg. Ons het die Kudu Boop links geskiet en van daar af het ons hom regs onder in die valley gesleep. Soos julle kan sien is daar baie rotse.
Ons het van daar af 'n trop Waterbokke gesien, en die selfde Elande, asook 'n paar duikers. Ons het so begin gesels oor hoe ons 'n Kudu van die berg sal herwin, aangesien daar geen paaie is, en daar baie rotse is. Omtrent 17:30 terwyl ons nog oor verskeie Kudu horings praat het ons skielik 'n Mooi ou Kudu Bul gesien uitstap so 600m weg langs die Elande, en dan weer in die Bos in. Ons het vinnig besluit om te probeer bekruip, en het stadig begin in die Kudu se rigting te bekruip. Toe ons nader kom, kon ons 'n geluid hoor wat soos Twee Kudus wat stoot klank. Die wind was reg, en ons het baie stadig nader geloop agter die Geluid, want in sulke digte bos, kan jy nie baie ver sien nie. Na 'n halfuur van bekruip het my vriend skielik neergesak en het die geweer op getel. Deur 'n klein opening kon ek die lyf van 'n Kudu sien maar nie die horings nie. My vriend het toe geskiet. Ek sien die Kudu loop en toe sien ek dis die Mooi ou Kudu wat ons eers gesien het. My vriend het herlaai en voor ek nog 'WhOAAA!!' kon see, skiet hy weer. Teen hierdie tyd was ek baie deurmekaar, en het gedink hy het twee kudu's geskiet. My vriend kon net het die agterste Kudu sien en nie die een wat ek kon sien nie. Die eerste skoot was 'n misskoot, Gelukkig het die agterste Kudu nie geweet waar ons was nie, en het tyd gegee om 'n tweede skoot te skiet. Die skoot, alhoewel hoog, het goed geklap, en na 40m, was die Kudu Dood. Die Kudu was se horings was nie groot nie, maar my vriend is nie iemand wat met 'n tape jag in elk geval. Die lyf was net so groot as die ander een, so hy was nie bekommerd dat hy die 'Kleiner' bul geskiet het.
[image]http://i864.photobucket.com/albums/ab202/Umshwati/e2c4ed7e-4713-4210-8731-8fae2ed0899e_zps5774c260.jpg[/image]
Het die Foto op die Selfoon geneem. Dis die Exit wound wat jy kan sien
'n Goue foto op die Selfoon, en toe het ons die realiteit van wat ons voorle besef. Dit was nou 18:00, en die son het gesak. Ons het gedink ons sal maar die binnegoed uitkry en dan takke op die bok sit, en dan die volgende dag terug kom. Gelukkig was die Maand helder, en ons het besluit om hom eerder nou die bok onder na die pad te sleep. Na 50m van sleep, het ons gou besef wat ons voorle. Ons was boop die Berg en het 'n 1.5km agteruitgang met baie rotse voor ons. Ons het die Binnegoed uitgekry om die Bok te verlig. Met geen water meer nie, was dit my beurt elke keer om die geweer en Skietstokke 100m voor te plaas, en dan weer terug Kudu toe loop, aangesien my vriend die binne goed uitgehaal het. Ons het baie lang gesukkel, en toe ons so 200m van die 'Pad' Kom toe sien ons dit is eintlik nie 'n pad nie, en is net waar die beeste langs 'n heining loop, die pad was nog 300m verder met baie digte bos tussen die heining en die pad. Moedeloos is ons maar angegaan tot die Heining. Ons het besluit om die pad wat die beeste gebruik agterna tegaan en om te kyk of ons die bakkie naby kan kry. So 500m verder het ons gelukkig 'n hek gevind en kon nou terug stap om die bakkie kry. Probleem was, ons moes nou rond om die berg stap, deur die Koring velde om ons bakkie te gaan haal. Die maanlig het dit baie maklik gemaak om te sien, en met die kennis dat ons nie meer 'n kudu moet sleep was ons nogal opgewonde om die jag nou klaar te maak. Die Bakkie was nou so 5km weg, maar dit was lekker om op 'n pad te stap en ons het gesels oor hoe die Jag lekker was, en dat die Herwin van die bok en die moeite voor ons hom gekry het, meer tel as die duime van sy horings.
Toe ons nader aan die Koring velde kom, het ons gekyk of ons nie wild kon sien wat daar eet. Ons is maar normal angegaan, maar het nog steeds saggies gepraat. Skielik stop my vriend en vra, "Wat is daai twee Swart dinge wat daar in die vlei loop?" Ek tel die Binocs op en ken die vorm al te goed; Bosvarke
[image]http://i864.photobucket.com/albums/ab202/Umshwati/c95b9045-5d70-4399-9a18-435cab46d02b_zpsf5287cfb.jpg[/image]
107kg Sog
Met die Varke plat was ons oppad weer rigting bakkie. Dit het 'n ruk gevat, want ek en my maat het verskeie menings gehad oor waar presies die bakkie was. Met die Maanlig, en al die stap, dink ek ons was altwee 'n biejie moeg, maar ons het dit uitendelik gekry. Toe ons weer by die Kudu kom, kon ons sien 'n Jakkals het al begin vreet, en ons was dankbaar dat ons dit nie op die berg gelaat het. Die oplaai van twee varke en 'n Kudu was maklik in verklyking met die Kudu sleep, maar op die oomblik was ek bly dat die nie 'n Grooter bul was nie. Ons het die plaas uiteindelik om 23:30 verlaat, na 'n lang dag.
[image]http://i864.photobucket.com/albums/ab202/Umshwati/6b4217ab-1720-4766-b73e-3d8533cb34a5_zps129a14f1.jpg[/image]
Kudu na 'n lang herwin prosess
Ons het hard gewerk, en vir my was die Jag baie vrugbaar. Ek sou graag aan die prestasie van die Barnes TTSX 'n foto wys, maar ongelukkig, kan ek die goed nooit herwin, hulle gaan altyd deur
Groete
Deon
