Langafstand groepering fotos

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Klopper
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Feb 17, 2012 7:19 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Klopper »

Mooi gegooi Eugene!
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Hein (Haan) »

Lekker Eugene!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Supacow »

Klerksdorp se bokke is nie veilig n hele paar klieks ander kant die heilige streep.

Well done!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Fritz »

Well done Ludwig!
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Hein (Haan) »

Lekker Ludwig mooi geskiet
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Heinz Petersen »

Ludwig, ek was laas Donderdag by Kaapjag se vergaardering en Oom Chris van Niekerk het die gesprek rondom geweer skoonmaak gedoen.
Daar is sekere lope wat na 10 skote skoon gemaak moet word om te groepeer en dan is daar weer die wat net met n lappie deur getrek wil word om te groepeer.
My TOMBI en 308 haal ek ook nie die koper sommer uit nie anders neem dit weer so 20 skote voor hulle wil groepeer.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Marc »

Ek was teenwoordig toe hierdie groepie geskied was, glo my maar die wind was alles behalwe gunstig. enige iets van 8-25mph.

Baie geluk Ludig O0
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Marc »

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Fritz »

Dit maak sin dat elke loop se skoonmaakbehoeftes gaan verskil. As ons bench skiet dan skiet ons 75 skote in die dag, en ek kan duidelik die afname in akkuraatheid agterkom as ek nie skoonmaak nie, ten spyte daarvan dat ek die lading probeer verlaag. My Tikka .30-06 het 'n spesifieke venster van 25-30 skote waar hy buitengewoon goed skiet. Onder of bo daardie venster is 'n gemors en die copper equilibrium taktiek werk nie vir hom nie.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Fritz »

Ek is geneig om met jou saam te stem.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by JPS »

Fritz Hagen wrote:Dit maak sin dat elke loop se skoonmaakbehoeftes gaan verskil. As ons bench skiet dan skiet ons 75 skote in die dag, en ek kan duidelik die afname in akkuraatheid agterkom as ek nie skoonmaak nie, ten spyte daarvan dat ek die lading probeer verlaag. My Tikka .30-06 het 'n spesifieke venster van 25-30 skote waar hy buitengewoon goed skiet. Onder of bo daardie venster is 'n gemors en die copper equilibrium taktiek werk nie vir hom nie.
Fritz,

My Tikka sporter doen presis dieselfde. En is verkriklik moeilik om skoon te maak ook.

Ek gaan bietjie die koper equilibrium teorie toets met die Krieger loop op die 25-06 en kyk of hy dalk daar werk.

Groete
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Arnold »

Ek het nou al seker so 150 na 200 skote deur my 260 AI se loop na die laaste skoonmaak sessie en hy loop mooi ... ook 'n Broughton loop ;)
Ek is eintlik bang om hom skoon te maak na ek so lekker geskiet het by ons vorige kompetisie
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Schalk.vdB »

Eugene

Die begeerte om 'n Coke blikkie op 500 meter raak te skiet is seker nou al realiteit. Jy skiet seker nou seker vir die O in Coke.

Groete
schalk
SR = M
Solid rest is equal to meat
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Eugene »

243RSA wrote:Eugene

Die begeerte om 'n Coke blikkie op 500 meter raak te skiet is seker nou al realiteit. Jy skiet seker nou seker vir die O in Coke.

Groete
schalk
Ja....... Coke blikkie op 500m is haalbaar onder gunstige omstandighede en ek het dit darem al reggekry (alhoewel eers met die 3de skoot!).

Oor my langtermyn doel van coke blikkie op 1000m..... Ek moet erken ek het die bar bietjie hoog gestel daar. :P Dis seker nie onmoontlik nie, maar dis nog nie tans vir my haalbaar nie. Nog BAIE oefen voor ek daar kom en sal perfekte dag moet kies! ;)

Maar ja, practice makes perfect! Een van die dae dalk..... 8)
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by tau »

Ek het gister my nuwe oefen gong gaan probeer en dit werk vrek lekker. Dit is 'n 600x 600 vierkantige gong met 'n 20cm gong in die middel. Lekker om op te oefen en dan te sien waar val koeels hoe verder jy wegbeweeg. Ek het op 200m, 330 en toe 480m. Ek het die groep op 480m geskiet en daarna het ek die 20 cm gong op dieselfde afstand 3 keer na mekaar geklop. Die wind het sommer lekker van links gepomp en gewoonlik sien mens net stof agter die gong en jy weet nie rerig hoe hoog of laag die koeel geval het nie.

Ek is nou nie 'n opgevoede LA skut nie, maar self vir my met my maplotter setup was dit nogals maklik om die gongs raak te skiet nadat ek die wind en val kon sien op die groot plaat.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/500mgong_zps652b9ec0.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/500msetup_zps6c7c2688.jpg
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Eugene »

Netjies Tau! Ja, backing help baie om te kan sien waar jy mis. Soms is mens net 5mm na links of regs weens die wind en sonder backing gaan jy nie weet watter kant is jy af nie!
Aim small, miss small
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Kalahari »

Netjies my vriend, ek moet self nog so iets beplan sodat ek ook kan sien waar ek skiet , want die laaste tyd is dit nie op die gong nie >:(
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Hein (Haan) »

Mooi gedoen Tau lyk na n lekker plek om te skiet daai.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Chevvy SS »

Netjies Tau en 'n goeie plan daardie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by tau »

Haan wrote:Mooi gedoen Tau lyk na n lekker plek om te skiet daai.
Dit is my "happy place" wat jy nie sien nie is dat my Motocross baan ook daar onder die skietbaan lê. Ek ry hier grondverskuiwings masjiene en my motorfietse en dan kan ek mal gaan met my gewere. Ongelukkig verander die landskap elker jaar tweekeer as hulle myn dan moet ek my skietbaan oormaak en my mx baan. Ek kon altyd net tot 450 skiet sonder om op of af te skiet, maar na die laaste myn sessie het ek nou die 480 m baan.
Chevvy SS wrote:Netjies Tau en 'n goeie plan daardie.
Oom ek het dit hier gesien en toe die Vrn500 plate laat sny en stands self gebou. Vir manne soos ek wat nie duur teleskope met baie verstellings besit nie of self nie kompeterend wil skiet nie werk die groot plaat lekker om jouself op teiken te kry.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Eugene »

Ek het gistermiddag gou gaan seker maak dat my lading ooreenstem met my ballistic app en het die volgende 5 skoot groep geskiet:

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/611142_zps050cc7ac.jpg

Afstand: 500m
Kaliber: 6.5x284
Koeel: 140gr Nosler CC
Spoed: 2805 ft/s

DA: 7000
Temp: 83'F
Wind: 3mph uit 4 uur

Die eerste vier skote was mooi bymekaar en meet 1.117" of 0.203 moa.

Toe ek egter sien die eerste 4 is mooi bymekaar, toe pak die senuwees my en alhoewel ek eers 'n rukkie gevat het voor ek die 5de een geskiet het, het ek dit steeds opgeneuk....

Al 5 skote saam, meet 3.737" of 0.643 moa
Aim small, miss small
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by swc-tr »

Mooi Eugene.

So ek verwag 'n voltal van jou more op die 500m gonge! >:D
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by cassie_calvinia »

seker maar daai verf met 'n hammer afgekap
HOU HOM DAAI DIKTE
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Eugene »

swc-tr wrote:Mooi Eugene.

So ek verwag 'n voltal van jou more op die 500m gonge! >:D
Schalk, ek wens! Ek is maar 'n choker as ek tussen ander mense skiet... :-[ Gelukkig kon my span hierdie jaar daai stigma afskud en die beker huis toe bring, so dalk kan ek ook! 'n Blinde duif moet ook op 'n stadium 'n pit optel... ;)
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Capt. Yoda »

Eugene wrote:Ek het gistermiddag gou gaan seker maak dat my lading ooreenstem met my ballistic app en het die volgende 5 skoot groep geskiet:

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/611142_zps050cc7ac.jpg

Afstand: 500m
Kaliber: 6.5x284
Koeel: 140gr Nosler CC
Spoed: 2805 ft/s

DA: 7000
Temp: 83'F
Wind: 3mph uit 4 uur

Die eerste vier skote was mooi bymekaar en meet 1.117" of 0.203 moa.

Toe ek egter sien die eerste 4 is mooi bymekaar, toe pak die senuwees my en alhoewel ek eers 'n rukkie gevat het voor ek die 5de een geskiet het, het ek dit steeds opgeneuk....

Al 5 skote saam, meet 3.737" of 0.643 moa
Dink ek het nou net onthou ek is besig volgende naweek. Baie mooi gedoen Eugene
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply