Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2327
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse Manne,

Van die week af kry burgers van ons land sms'se om hulle te herinner dat hulle wapen lisensies verval het. Sommige van die lisensies het reeds al in 2013 verval (spesifiek gemik op handwapens aangesien jaggewere 10 jaar geldig is). Dit is baie goeie initiatief van die Sentrale Vuurwapen register maar sal se dit is effe laat.

Ek sou eder voorgestel het dat dit 120 dae voor die verval van die lisensie uitgestuur word om te verseker dat die burgers binne die wet se reels en regulasies val. Al wat ek kan voorstel vir almal op die Forum is maak duidelike nota van die verval van lisensies!!! As mens tegnies daarna kyk kan CFR op verval van lisensie die houer 60 dae gee om ontslae te raak van die wapen of tewel kan n mens onwettig in besit wees wat n man jare se pyn en pitte kan kos.

Daar is totale warwoel en chaos in die mark agv die sms wat uitgegaan het!!!!Speel eder veilig!!
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by Pvdw »

Een van my kolegas het dit vangad ontvang.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2154
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by Koos Barnard »

Ek het ook so 'n sms ontvang. Die ding is net, ek het daardie pistool meer as twee jaar gelede aan 'n wapenwinkel verkoop. Gelukkig het ek die bewyse. CFR is steeds helse deurmekaar
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2327
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by JAGTERSREG-JRM »

Koos Barnard wrote:Ek het ook so 'n sms ontvang. Die ding is net, ek het daardie pistool meer as twee jaar gelede aan 'n wapenwinkel verkoop. Gelukkig het ek die bewyse. CFR is steeds helse deurmekaar

Oom Koos wat dit heel moontlik beteken is dat die handelaar nooit die wapen op hulle name oorgedra het nie (sommige manne het geen haas met dit nie, ek sit self met n wapen wat al n jaar terug aan n handelaar verkoop is op my naam). En om alles te kroon het ek in 2006 n 38 ingehandig vir vernietiging by saps (die oudjie was baie gevaarlik die loop het heeltyd los gekom) hierdie wapen wys ook nogsteeds op my naam.

Manne moet ma wakker wees met die lisensie hernuwings
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by Eugene »

Kobus, ek sit hier met dieselfde senario. Ons plaaslike DFO beweer dat die manne net moet aansoek doen vir die hernuwing, dit sal deurgaan en dit mag moontlik wees, maar.....

As jou lisensie verval het, beskik jy nie oor 'n geldige lisensie nie en kan jy nie daardie wapen besit nie. In die 2 maande wat jou aansoek hangende is, het jy 'n probleem en as daar iets gebeur in daardie tyd (soos 'n rooftog of aanval waar jy jou wapen gebruik), kan die gevolge vir jou lelik raak...

As jy nie betyds hernu het nie, boek die wapen eerder by 'n handelaar in en doen oor aansoek. Dit sal die veiligste wees, in my opinie, veral as jou lisensie al 'n jaar of wat terug verval het.... Ek is uit ondervinding, agterdogtig as die SAPD skielik 'n vriendelike hand uitsteek en sê: "moenie worry nie, niks sal gebeur nie....."

Ek het vir my kliente met 'n plaaslike handelaar gereel om teen 'n klein fooitjie, die nodige berging en papierwerk te doen van mense wat se lisensie verval het en nie hernu het nie. Dan doen hulle basies net oor aansoek.
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by Jean Marais »

Ek gaan hierdie keer my handwapen as jagwapen hernu. Is dit 'n baie moeilike proses
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by Eugene »

Jean, ek weet nie of jy dit as 'n jagwapen kan hernu nie, maar jy sal waarskynlik kan oor aansoek doen as jagwapen.
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by Jean Marais »

Dankie Eugene. Ek dink jy's reg. Sal maar gou gaan uitvind.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2327
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by JAGTERSREG-JRM »

Eugene wrote:Kobus, ek sit hier met dieselfde senario. Ons plaaslike DFO beweer dat die manne net moet aansoek doen vir die hernuwing, dit sal deurgaan en dit mag moontlik wees, maar.....

As jou lisensie verval het, beskik jy nie oor 'n geldige lisensie nie en kan jy nie daardie wapen besit nie. In die 2 maande wat jou aansoek hangende is, het jy 'n probleem en as daar iets gebeur in daardie tyd (soos 'n rooftog of aanval waar jy jou wapen gebruik), kan die gevolge vir jou lelik raak...

As jy nie betyds hernu het nie, boek die wapen eerder by 'n handelaar in en doen oor aansoek. Dit sal die veiligste wees, in my opinie, veral as jou lisensie al 'n jaar of wat terug verval het.... Ek is uit ondervinding, agterdogtig as die SAPD skielik 'n vriendelike hand uitsteek en sê: "moenie worry nie, niks sal gebeur nie....."

Ek het vir my kliente met 'n plaaslike handelaar gereel om teen 'n klein fooitjie, die nodige berging en papierwerk te doen van mense wat se lisensie verval het en nie hernu het nie. Dan doen hulle basies net oor aansoek.

Eugene

Ek het self bietjie hond se gedates oor hierdie een. Daar is n slang in die gras en voel hulle doen hulle voetwerk vir n rede.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by MJK »

Kobus, jy het epos van my af

Groete Marius
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2327
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Vuurwapen lisensie wat verval het:CFR Sms

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Saps stuur vir almal uit, asook die lisensies wat binnekort verval.MAAR hulle stuur n sms uit dat hulle reeds verval het. Glo n probleem met hulle stelsel.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply