Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Ben Remington »

Goeie naand aan almal...

Die hele storie begin so amper 'n jaar gelede toe ons by 'n vriend braai op 'n lekker koue wintersaand....my seun Myburgh op daardie stadium 5 jaar oud staan en vergaap hom aan 'n vriend se paar koppe teen die muur....onder andere 'n mooi springbokram. Dis toe wat my vriend vir hom sê hy kan op sy 6 de verjaardag vir hom so een kom skiet. Ek sal 'n lang storie kort maak....ons het op die .222 besluit en die oefenry het begin so 4 maande voor sy verjaardag....vol grootte springbokteikens is opgestel eers op 50m. Ons het hom gemaklik gemaak en ek het vir hom gesê hy moet skiet waar hy dink die regte plek is....en met 'n traan in my oog het ek gesien dis 'n hartskoot....3 dae voor die skiet het hy 3 skote omtrent tennisbal deursnee geskiet op 100m ...almal op die bruin streep in die hart area. Ek het geweet hys reg en ons was oppad veld toe...hy het die 2 mooi bokke geskiet op 85m en 90m met Nosler Ballistic Tip 55gr....beide skote in die hart. Seker die lekkerste jag nog wat ek op was. Geluk my ou groot maat...ek is trots op jou.
Hier is paar fotos.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150211_175227_zpsahqzi282.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150211_175934_zpsukpblskn.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150221_122021_zpsovs2scpk.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150221_122505_zpsunqmotuj.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150221_122444_zpsknvytj1k.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/Myburgh%20Springbuck%202%20019_zpsoxpeqvbo.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/Myburgh%20Springbuck%202%20001_zpsrpa58roa.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/Myburgh%20Springbuck%20030_zpsr4izuj0o.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/Myburgh%20Springbuck%20020_zpsoe0hwfjv.jpg
Last edited by Ben Remington on Sun Mar 15, 2015 8:34 pm, edited 1 time in total.
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by .223 JAGTER »

Bakgat grootman kyk net daai smile
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by VdWalt »

Daai smile se alles!!
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by JacquesT (Stompe) »

Jis dis wonderlik. Baie geluk aan pa en seun. Dis absoluut 'n seening om dit saam jou seun te kan doen.
User avatar
StadBobejaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Fri Mar 06, 2015 9:44 am

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by StadBobejaan »

Baie geluk grootman, mag dit die eerste van sommer nog baie lekker jag trips saam pa wees.
If at first you don’t succeed, call it version 1.0 and move on.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Jake1 »

Mooi gedoen!
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Reghardt »

Well done!!!
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Rudie »

Goeie werk jongman. Baie geluk aan albei van julle.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by theedge »

Baie geluk.... Daai smile se alles.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by alecjohnson »

Ag wat n goeie storie! Dit was nie lank gelede toe ek soos daai jongman begin het nie. Daai smile is priceless! Dis seker die lekkerste jagbuddy om te he! Baie geluk Myburgh! Mag daar nog vele wees! En baie geluk Bennie!
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Ben Remington »

Baie dankie aan almal...
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by GreyGhostGear »

Fantasties! Mooi bokke en mooi gedoen.
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Finfan »

Dis sommer bakgat. Mooi fotos, mooi ramme, mooi skote, trotse pa!
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by toelie »

Baie geluk mooi verhaal
stan man

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by stan man »

dit wys jou maar net weer.
in alle opsigte was die "jonkman" reg vir die jag . n geduldige pa het baie tyd en effort in gesit om die maat geweer fiks te kry, en in die tussentyd het die matie homself voorberei om sy eerste dier te kon jag. myns insiens is daar nog n groot etiese jagter gevorm. dit is vir my bitter lekker om so n storie te kan lees,en dit laat my omwillekeurig terug dink aan my drie kinders se eerste jagte. ek het letterlik n traan in die oog gehad met elke eerste jag.(ag man ek kan dit maar se;(PA HET GETJAnk van trots)
baie geluk bennie en se vir die kleinman die manne op die forum is bitter trots op hom.
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by matewis »

Wat 'n voorreg! Baie geluk aan die bulletjie en geluk ook aan Pa wat hom reg leer en tyd insit!

Ook 'n baie mooi gebaar deur die vriend wat so groot geskenk gegee het, dit sal die res van daai mannetjie se lewe hom bybly!
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by FrancoisW »

Hierdie is verseker n band tussen 'n pa en seun wat vir ewig sal voort leef. Dis sulke oomblike wat "priceless" is en enige man n traan in die oog gee.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Louis Kriel »

Dis nou n mooi storie, baie geluk. So moet jagfotos mos lyk!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by ruaanb »

Wat 'n voorreg. Self besig om my klong te leer.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Riaan Kriel »

Baie geluk daar. Dit is mooi gedoen en mooi ramme ook...
User avatar
NetEk
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by NetEk »

Ag nee man. Nou sit ek en pik 'n traan vir Myburgh se part. Geen vir hom 'n groot druk. Mooi meneer beide pappa en seunskind welgedaan.

Kan nie wag om self eendag my laaitjie se eerste bok te post nie.
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Ben Remington »

Baie dankie aan almal...ek sal vir my ou maat al sy boodskappe gee.

Groetnis
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by Chevvy SS »

Baie geluk julle 2! Dis 'n hartstorie hierdie.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by joe rocket »

Geen geld kan hierdie ondervinding koop nie. Hoe sê hulle:" priceless". ' n Baie mooi springbok baie geluk!
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1650
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Myburgh se 6 de verjaardag geskenke....

Post by BeesBreet »

Baie geluk julle... die fotos vertel n mooi verhaal. Ek onthou nog hoe ons ook op lek sakke moes staan om te kyk.
Post Reply