Ek het gedink ek wil dalk sommer hierdie met julle deel. Ek besluit toe gisteraand na dat die Stormers so op hulle nuus geval het om 'n paar rondtes te laai aangesien die wind gunstig sou wees vanoggend hier in Port Elizaneth om 'n paar skote te gaan skiet. Ek trek toe bietjie my CZ 550 Lam Var (.308) nader en begin als skoon maak en regkry vir die bsigheid. Ek laai toe sommer 'n paar rondtes 155gr Nosler CC en ook 155gr Hornady A-Max'se. Ek weet my geweer skiet heel goed met die 155gr Nosler CC, maar ek sukkel toe nog so bietjie met die A-max. Ek laai toe sommer soos volg:
Nosler 155gr CC: S335
5 x 41.5gr
5 x 42.5gr
Hornady 155gr A-Max: S335
5 x 41.5gr
5 x 42gr
5 x 42.5gr
Ek staan 6h op vanoggend oppad skietbaan toe ddar aangekom was daar aanvanklik min mense, maar met eens sak die manne toe. Ek het so gevoel almal begin weer hulle roere regkry vir die jagseisoen wat voorlê. Hier volg my resultate:
Ek wil net noem dat die groepe se meet gedoen is op die 4 skoot groep indien die FLYER uitgegooi sou kon word.
Nosler 155gr CC - 41.5gr
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3286_zpsqkgrv5mk.jpg
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3289_zpswnqlzhej.jpg
Soos julle kan sien neek ek dit toe op met die een FLYER (Dit was my heel eerste skoot).
Die 42.5ge Noslers wou nie groepeer nie.
Die A-max 41.5gr wou nie mooi groepeer nie (1.5 duim groep maar sny nie)
Hornady 155gr A-Max - 42gr
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3290_zpshk1bi5gu.jpg
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3291_zpsdmlmgun1.jpg
Hier weereens een skoot wat die groep opneuk. In hierdie geval was dit die laaste skoot.
Hornady 155gr A-Max - 42.5gr
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3287_zpsoj1rhebu.jpg
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3288_zpsdqg5szrk.jpg
Daar skiet ek weer 'n FLYER.
Ek weet die was maar net die driver agter die geweer wat nie sy BMT gebring het nie, maar ek is steeds baie tevrede met die groepe. Ek is nie iemand wat myself sal weg gee as die beste papier skut nie. Ek het hierdie groepe ook sonder 'n knaldemper geskiet. Ek wou sommer net my dag by die baan met julle deel.
Ek moet dan net ook by sê dat daar baie opinies is op die forum, maar my opinie.....308 is maar net 'n lekker roer
Groete/Lekker aand
Reghardt

