Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
DWB wrote:Dit sal nie ideaal wees om met ou army ammo te jag nie.
Jy soek sagtepunt ammunisie
Ek stem saam ek sal maar net oefen met die weemag ammo. ek het baie lank laas oop visier geskiet. Ek sal bietjie die 174gr hornadys try en kyk wat hulle maak.
fanie.myburgh wrote:Broadbandboer, Ek wou nou ook dieselfde se.... Ek het laas jaar 'n .303 wat ek by my oupa gekry het ook oopvisier gehou.. Ek het 'n paar weermag rondtes wat ek mee kan oefen.
Is hier manne in die Bende wat met .303 skiet? Wat se patrone gebruik of laai julle? Hopelik kan ek ook deel raak van die bende in die winter..
Groete
Fanie
Hallo Fanie. Ja man, die 303 manne is volop op die forum. Om jou vraag te antwoord oor ammunisie, 174 grein Hornady Ronde neuse en S335 loop soos pap en kaiings!
Ek het verlede jaar die voorreg gehad om eienaar van n 303 No4 Mk1* te word, steeds in sy oorspronklike vorm. Baie groot pluspunt van die wapen is dat hy steeds die Parker Hale gaatjievisier op het. Val gaatjievisiere ook onder hierdie onderwerp of is ek nou waar ek nie hoort nie?
Rondom ammunisie laai ek 174gr Frontier Spartans voor S335 kruit. Dis n spesiale roer wat vir my sentiment het, so ek skiet nie heeldag en aldag met hom nie. Hy het darem verlede jaar sy eerste bok, n rooihartbees, platgetrek. Hierdie jaar is daar of n gemsbok of n rooihartbees op die spyskaart.
Indien die gaatjievisiere nie onder hierdie onderwerp pas nie ra ek om verskoning. Sit maar die flikker aan en gaan verby.
Saterdag middag het ek en my vrou gou na ‘n dam gaan kyk. Sy het bestuur en ek het agterop gestaan. Oom Tripod het my onlangs gehelp om ‘n lading te kry vir die 125gr Kriek jagkoeëls in my 6.5x58 en ek was baie gretig om hulle te gaan toets. Terwyl sy stadig in die paadjie gery het, het ek ‘n vlakvark gesien, afgeklim en vir haar gewys om aan te ry. Die vark het gelukkig op die bakkie gefokus, wat my die geleentheid gegee het om versigtig nader te gaan. Op ongeveer 60m het die Portugees gepraat.
Vlakvark 07.03.2016.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Julle manne wat so vroeg in die jaar al julle rekeninge oopmaak maak my jaloers
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Suikermuis; ek het nou amper gedink jy het my mauser se vark foto gesteel.
Ek het die varkie met dieselfde geweer as jy geskiet.
Nogal n groot ooreenkoms tussen die 2 fotos.
Groete.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Ek het die laaste paar maande weer tyd gekry om my 9,3x62 A-graad en die Gibbs .450-.400 3&1/4” veld toe te vat. Ek gaan in 2020 sovêr moontlik probeer oop visier jag waar ek kan.
Baie mooi diere daai PB. Maak my sommer baie jaloers. Dink ek moet my 9x57 mauser afstof en 'n trippie bos toe reel net vir hom. Hy is ook nog oop visier.
Dis n Obendorf mauser. Dit was my pa se grootwild geweer wat hy in die laat 50s en vroeè 60s in wat nou die DRC is gebruik het. Dit was maar n nood leer bid geval want dit was die enigste kaliber groter as 7x57 wat hy kon kry waarvoor hy genoeg amunisie kon kry. Buffel en leeu was volop en hy moes gereeld probleem diere wat naby die myn waar hy gewerk het "uitgesorteer" het.
My een 303 is my oop visuur skiet yster. Ek het ongelukkig nog net makoue en kolganse met hom keskiet. Ek het egter eendag amper 'n groot fout begaan:)
Ek sien 'n groep kolganse vlieg en in die kamp oorkant my gaan sit. Ek skat hulle op so 400m en ek wil die kans vat op die grootste een in die middel. Nou op daai afstand maak die visuur die hele gans toe. Ek lê toe aan skiet. En toe word die gans 'n springbok. Die bok het gelê en na my kyk. Gelukkig is dit toe 350m en nie 400 nie. Ek kry darem die 500m gong hier by ons so 3 uit elke 5 skote raak.
Groete Ben
Carlc wrote: Sat Mar 07, 2020 10:16 am
Dis n Obendorf mauser. Dit was my pa se grootwild geweer wat hy in die laat 50s en vroeè 60s in wat nou die DRC is gebruik het. Dit was maar n nood leer bid geval want dit was die enigste kaliber groter as 7x57 wat hy kon kry waarvoor hy genoeg amunisie kon kry. Buffel en leeu was volop en hy moes gereeld probleem diere wat naby die myn waar hy gewerk het "uitgesorteer" het.
Carl dis werklik n lekker geweer om te hê, en goed dat hy in die familie bly. Ek kan aan min kalibers dink wat meer underrated is as die 9x57. As ek n A of B graad Mauser by my versameling kan voeg doen ek dit môre. Daar was onlangs n geboor-en-tapte een op gunafrica, maar ek vermoed hy het n nuwe kolf ook. Nie wat n ou soek nie.