Jag Fotos - 2015 seisoen (vir almal)

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Jag Fotos - 2015 seisoen (vir almal)

Post by Carl »

Dit lyk my die manne begin vroeg jag. Daar is reeds so effe koeligheid in die lug vroegoggend. Gooi julle fotos vir die nuwe seisoen.

Ek het die rooibokkie Vrydag gekry. Hy het rustig gestaan en vreet in die pad. Die afstand was 150m toe bekruip ek nader deur die bos. Die pad maak lekker bultjies, wat dooie grond skuiling gee. Toe ek gemaklik raak agter die geweer gaan lê hy. Net sy kop steek uit waar hy in die koelte lê. Ek het rustig geraak en die penkop skuins agter hom kans gegee om weg te wei. Hy het reguit na my gekyk.

Toe die skoot loop kon ek die kenmerkende plof geluid op die voorkop hoor en sien hoe hy omdop. Die Silent Hunter het perfek gewerk. Ek het bly lê en behalwe vir die penkop was daar toe nog 10 groot ramme met blink vet lywe wat rustig wegstap oor die pad. Die KD het perfek gewerk.

Ek dink hierdie bok is die een wat ek geskiet het met die heel minste stres - geen adrenalien ;)

https://lh4.googleusercontent.com/-HmFBMaJEGHM/VRke1F1PlZI/AAAAAAAAFsc/ymuWsjRM3sc/w960-h540-no/2015-03-30%2B11.15.44.jpg

Die kookvleis is reeds afgekook, die rugstring in braai pakkies en die biltongvleis wag net vir koeler dae.
243W
Nosler BT 95gr + Lapua dop
S365 lot 72 42gr
2990vps (24")
TPL 2.815
Last edited by Carl on Tue Mar 31, 2015 9:56 am, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Jag Fotos - 2015 seisoen (vir almal)

Post by Swede »

Geluk Carl altyd lekker as 'n man so ' bok kan jag ;D . Terloops jy se die Silent Hunter het perfek gewerk, gee bietjie besonderhede deur asb, soos lading, grein, TPL ens. ;)
Post Reply