Statement of Results?????????????????

Post Reply
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Statement of Results?????????????????

Post by Philip J »

Naandsê almal.

Ek sien dié nou op 'n paar plekke en ek verstaan nie so lekker wat die implikasies is vir my nie.
Ek verstaan van beeste en trekkers en stukkende ysters, maar al die hoogsgleerde Engelse terme maak my kop plat ???

Wat beteken dit in gewone taal vir my wanneer ek volgende keer my lisensies en/of bevoegdheidsertifikaat moet hernu?

Wie kontak ek om die resultate in die hande te kry?
Ek het destyds net die skriftelike toets afgelê toe die ou groen lisensies verander het. Moet ek dus nou van voor af 'n bevoegdheids kursus doen of hoe maak ek nou?

HELP ASSEBLIEF TOG
Groetnis
Philip
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by Ashley »

Naand Philip

Ek glo om nou te hernu sal vereis dat jy die toets weer afle, of gedeelte daarvan. Jy gaan maar by jou naaste geakrediteerde instansie moet hoor.

Daai Statement of Results is n papier wat mens nou standaard saam met jou sertifikaat kry as jy slaag. Dis maar net n opsomming wat sê wat jy als in die toets gedoen het;
Die wet, vuurwapen hantering teorie, vuurwapen hantering prakties.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by Philip J »

Dankie vir die antwoord Ashley.
Sal dan so maak.
Groetnis
Philip
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by jamalley »

Die nuwe vereistes wat aan die DFO'S deurgegee is, was nog altyd in die Wet en Regulasies vervat, maar na die inwerkingtrede van die Wet, het daar 'n bottelnek effek ontstaan, wat tot gevolg gehad het dat Brig. Bothma opdrag gegee het dat slegs die opleidings instansie se sertifikaat aanvaar kan word vir die uitreiking van Bevoegdheidsertifikate.

Let op die bepalings van Artikel 9(2)(q) en (r) gelees met die Regulasies.

Wanneer daar gepraat word van 'n opleidings sertifikaat verwys dit na die sertifikaat wat bevestig dat jy:

1. Die nodige Kennis van die Wet het - Art 9(2)(q)van Wet 60 van 2000; en
2. Dat jy die nodige opleiding en vaardigheid het om 'n handwapen/haelgeweer/slotaksie geweer/semi outomatiese vuurwapen/voorlaaier veilig en behoorlik te hanteer-Art 9(2)(r) van Wet 60 van 2000

Dit is belangrik om daarop te let dat alle opleidings instansies, oorspronklik by POSLEC SETA geregistreer moes wees, wat later verander is na SASSETA.

Die doel van hierdie instansies/beheerliggame was om te verseker dat die gehalte en standaard van opleiding voldoen aan die Wet op Standaarde.

Elke geakkrediteerde instansie, waar elkeen van ons, ons opleiding ontvang het, moes namens ons aansoek doen om 'n POSLEC SETA of later SASSETA sertifikaat en dieselfde aan jou oorhandig het.

Dit is ook egter waar dat SASSETA aan die einde van hulle tydperk as beheerliggaam, nie meer in staat was om aan die behoeftes te voldoen nie en dus nie meer SASSETA sertifikate uitgereik het nie.

As gevolg van SASSETA se onvermoe om die werk te doen is PFTC is deur die Minister aangewys as die beheerliggam vir vuurwapen opleidingsinstansies (Profesional Firearm Training Council) en het hulle die werksaamhede van SASSETA oorgeneem.

Alle geakkrediteerde opleidings instansies, is dan ook genooi om by hulle te registreer.

Anders as SASSETA wil dit voorkom asof PFTC baie meer op die bol is en waar SASSETA 'n sertifikaat uitgereik het, voorsien hulle aan persone wat die opleiding suksesvol by 'n PFTC geregistreerde opleidings instansie voltooi het 'n PFTC puntestaat (SoR)

Die effek van die nuwe riglyne aan die DFO'S beteken die volgende:

-Dat alle persone wat nou vir die 1ste keer aansoek doen vir 'n bevoegdheidsertifikaat, nie alleen sy opleidings sertifikaat van die opleidings instansie moet indien nie, maar ook verplig is om 'n POSLEC SETA of SASSETA sertifikaat of PFTC puntetstaat in te dien; en

-in terme van Artikel 10(A) 2, kan die Registrateur egter op grondige rede by die hernuwing van 'n bevoegdheidsertifikaat aanvra vir bewys van behoorlike opleiding in terme van Artikel 9(2)(q) & (r); en

-Indien jy in besit van 'n POSLEC SETA of SASSETA sertifikaat of PFTC puntestaat is, hoef jy jou nie te bekommer nie.

Sou jy egter nie sodanige in jou besit het nie, sal jy heelwaarskynlik dit van jou opleidings instansie moet aanvra, indien hulle ge-akkrediteer was, altenatiewelik jou kursusse moet oordoen.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by Philip J »

Dankie Jamalley. Ek sal vanaand loer wat op my sertifikaat staan.
Dankie vir die baie volledige antwoord. Ek waardeer dit baie.
Groetnis
Philip
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by Philip J »

Middag jamalley.

Jammer dat ek lastig is, maar ek wil net DOODSEKER maak.
Die is 'n foto van die onderkant van die sertifikaat waarmee ek uitgereik is.
Behoort dit voldoende te wees in die toekoms as dinge bly soos dit nou is?
By voorbaat dankie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Philip
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by NEGE3 »

Phillip dit lyk vir my of die Sertifikaat jou slegs gaan vrywaar van die Wet gedeelte. Jy moet ook sertifikate kry vir die verskillende vuurwapens of eenheids Standaarde.
Jy kan egter ook wel aanspraak maak op die sg RPL prosedure waar jou vorige ondervinding in jou guns kan tel. Jy sal wel die eksamens moet doen waar 'n assessor jou kan bevoeg verklaar.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by Philip J »

Dankie oom Koos.
Groetnis
Philip
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by Ashley »

Hier is n voorbeeld van n fasiliteit wat die verskeie "unit standards" aanbied vir elke vuurwapen.

http://bronyx.co.za/bronyx_group_010.htm
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by Philip J »

Baaaaaaaie dankie almal.
Groetnis
Philip
User avatar
HeinrichPrinsloo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 314
Joined: Mon Apr 16, 2012 3:09 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by HeinrichPrinsloo »

My sertifikate het ook die "Results" op hul geprint
Don't get confused between my personality and my attitude

My personality is who I am, my attitude depends on who you are
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Statement of Results?????????????????

Post by jamalley »

Philip 3, ek stem saam met Nege 3, jy kort nog sulke sertifikate aangaande die verskillende tipes wapens (handwapen/haelgeweer/slotaksie geweer/swartkruit/semi automaties) - neem kennis dat jy nie almal nodig het nie, net vir die wapens wat jy besit.
Post Reply