Langafstand groepering fotos

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13520
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Capt. Yoda »

++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by JPS »

Capt. Oblivious wrote:Ek hou van na n klein gong skiet.So 15-20mm gong is baie lekker vir my en dit help my om bitter klein groepe op 500m+ te skiet.











Almal wat nie in die 15-20mm is nie is mis en hy wys nie
Sjoe, skiet julle manne Superlegue Saterdag?

Julle gaan dan mos kook met die V Bulls ++>:
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Arnold »

Ek het gister gou n nuwe scope gaan instel en vinnig n paar skote verder as 100m geskiet

260AI - 123gr SMK
Het nie gechrono nie maar skat die spoed was hier by 3100 fps (uit vorige data)
Scope was die SWFA 10X42.
//images.tapatalk-cdn.com/15/04/12/c21a6b5fcd0782d20a1d86b59254ab0c.jpg
Ek is nogal beindruk.met die scope. Weer was sleg en die agv van mis het ek nou nie gekyk hoe hy vergelyk met van my ander scopes se beeld nie.

5 skote, 437m
Amper niks wind so ek het nie toegelaat vir wind nie. 2 Mils elevasie
998 mb
//images.tapatalk-cdn.com/15/04/12/6ea679bd4da4f43405676f8f726cb95e.jpg

4 skote, 441m
Wind het opgetel en begin stoot na so 10 mph van links na regs en ek gooi toe die laaste 4 rondtes in die teiken se rigting.
2 Mils elevasie, 0.7 Mils wind
998 mb
22 grade C
60 % Humiditeit
//images.tapatalk-cdn.com/15/04/12/510ceb428fda8580ca26a2e86e3d82eb.jpg

Altwee groepe was uit die lê posisie met n bipod as voorste rus en n sakkie agter. Groepe is nie great nie en so bietjie kleiner as 0.75 MOA maar ek is tevrede en veral omdat dit maar die eerste uitstappie met die scope was.

Gong is 300x300mm
Last edited by Arnold on Sun Apr 12, 2015 5:15 pm, edited 4 times in total.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by JPS »

Arnold,

Ek kan net die link sien en nie die foto's nie? Is dit dalk omdat ek op ipad kyk?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Arnold »

Lyk my hy doen dit as jy fotos vanaf tapatalk opsit. Sal gou op dropbox laai en die links gebruik.

..
..
..

Tapatalk en die forum se BBC code om n foto te wys verskil.
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by LRLaubscher »

Gister bietjie gaan speel.
635m
Lugdruk 1022hPa
15*C
Humidity 80%
3-5mph left wind
Setting:
15MOA elevation
1-1/4left windage

Het drie skote geskiet op twee veskillende gongs-selfde afstand. Wind kondusie het intussen verander.
Skiet tans met 130gr Norma Gold medal target punte, moly coated teen 2920ft/sec
image.jpg
image.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by douw »

Sjoe!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Arnold »

Netjies maar dit is bietjie stadig vir daai lang loop van jou. Gooi n paar vuurhoutjie koppe in die dop dat hulle vinniger kan hardloop ;)
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by LRLaubscher »

Arnold wrote:Netjies maar dit is bietjie stadig vir daai lang loop van jou. Gooi n paar vuurhoutjie koppe in die dop dat hulle vinniger kan hardloop ;)
Arnold,

Waar reken jy moet die lang pyp loop met die 130gr pille?
Last edited by LRLaubscher on Sun Jun 14, 2015 9:54 pm, edited 1 time in total.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Arnold »

Jy kan hulle seker hier by 3100fps rond stoot?
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by LRLaubscher »

Skiet hom daar waar hy werk. Nog nie so hoog gedruk nie.
Moet dit meskien n kaans gee >:D
Maar jy wen maar 4" wind skuif op 1000m.
Wat sê QL saldie druk wees teen daai spoed, en wat is die Barrel time?
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Arnold »

4" is 4" minder waaroor jy hoef te worry.

Jy moet hom maar skiet waar jy en hy gelukkig is.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Fritz »

Arnold wrote:4" is 4" minder waaroor jy hoef te worry.

Jy moet hom maar skiet waar jy en hy gelukkig is.
Ja en die voller dop sal dalk veroorsaak dat hy beter waterlyn hou op 1000m. Of dalk skiet hy NOG beter, maar daai is klaar so goed soos wat mens kan kry in my boeke
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Jaco v Zyl »

Hallo
Ek en oom ferdie(oom op foto) het saterdag ons eerste uitstappie op 1000m gehad,vorige verste wat ons nog geskiet het was 750 m.
Ons het die baie geniet.
Ons skiet albei 6.5x55, ek skiet 139 gr lapuas teen 2790 ft/s en hy skiet hornady 140 gr match teen 2750 ft/s .
Ek het 29 moa op gestel van 300 m zero en wind het ons tussen 2 en 3 moa afgemik.My eerste skoot was regs verby, en oom ferdie se eerste skoot was kort.Daarna het dit beter gegaan.
My groep is 5 skote aan regterkant en meet 290 mm, dus basies 1 moa.Oom ferdie se 2 skote meet 38 mm, hy wou ni n derde skiet nie.(nie sleg vi n oom in sy sewentigs nie)
Groete
Jakoos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
marco

Re: Langafstand groepering fotos

Post by marco »

Baie netjies... lekker om met n tweede skoot daai plaat te hoor sing
User avatar
wolfie47
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun May 03, 2015 3:05 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by wolfie47 »

Ek sal kan saamleef met so groep op daai afstand. Ja vir n oom van daai ouderdom moet ek my hoed afhaal jammer hy het nie net nog een geskiet nie. Wens dis vir my beskore om op daai ouderdom nog so te kan gooi.
Well done julle!!
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Flip Fouche »

Baie mooi Oom Ferdie en Jaco.Laat weet as julle weer gaan.

Groete

Flip

NS Oom Ferdie Mag skiet.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Pinkes »

Wil ook graag my fotos ook hier post!!!!
Pinkes wrote:Dagse Charles.

Kaptein het my laatweet van die draad en gese ek moet jou bietjie vertel van die Sendero,so gaan maar probeer.

Dit was my eerste geweer wat ek gekoop het en was ook skepties maar baie op die internet gelees
en toe maar besluit om te koop.Ekt die eerste 2 jaar altyd net 180gr punte geskiet en die jaar besluit om
swaarder te gaan. En toe gaan die wereld vir my oop! Soos gese die 180gr het altyd so 0.5moa geskiet en nou dat ek die swaarder punte begin skiet is dit aansienlik beter. As jy nie swaar punte skiet nie is dit seker nie nodig vir 26''
loop nie.Maar ekt net gesien die 300wm wil swaar punte gooi. Ekt my recoil lug sommer self gebed en die sneller
op 1.5lbs gestel. Om die sneller so lig te stel het ook baie gehelp. Ek het nou 3 Senderos wat in die kluis staan
(22-250 en 264WM) en hulle akkuraatheid is ongelooflik!!!Ek was die naweek gevra watter een sal ek kies..dis
baie moeilik maar na ek die swaarder punte begin skiet het moet ek se ek is weer van voor af verlief op my
300BMG,soos Kaptein hom noem.

Ek kan die geweer vir jou defnetief aan beveel vir sy akkuraatheid en die overall package is daar min "van die rak af" factory gewere wat sy waarde vir geld gaan klop. 26" dik loop,akkuraatheid, B&C kolf met aluminium bedding en wereld
bekende aksie wat se parte vol op is...wat is daar nie om te like nie.Nie eers gepraat van sy looks nie!!(hoop Remington gee my geld vir die advertensie :P )

Ek heg 'n paar fotos vir jou.

3skoot groep op 550yards..
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/0157B4D1-0477-4223-9F3B-18619188EEB5_zpscn6vrsqw.jpg

Waar ons gesit het saterdag en wag vir 'n vark.
Die blou kolle is waar ek tarentale op 515yards en 585yards geskiet het. Die rooi kol is waar die vark gestaan en
gevrek het,765yards.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/50F2B36F-E69E-4A98-9DF8-C2218C7AA6EE_zpszh9eb0mn.jpg

Foto met die vark en die Sendero 300WM
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/79880DAA-13E8-4B72-B6BE-C3E427D86FB5_zps37tahjqz.jpg

Skoot was bietjie hoog op die skouer maar die Amax het hom net daar gedrop!
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/3C77B74A-5845-490D-8F44-457C11228A85_zpsn5tdjgac.jpg

Nog 'n foto van die groot vark.Kon hom net nie weeg nie maar dit was groot.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/9BBF590D-3207-4073-AEB6-5060A056D5BA_zpsgpk9trpp.jpg

Hoop dit maak jou keuse makliker!

Groete
P
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Hein (Haan) »

Mooi gedoen Jaco
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by JPS »

Lekker Pinkes,

Lino se sondero skiet net so lekker, hy het net GRS kolf opgesit en Mojet silencer op en moet se dit is duidelik hoeveel meer energie die 300wm het wanner ons jag teenoor die 260 Rem as vergelyking.
Hi skiet nou 185 bergers maar keel is al bietjie gebrand so hy kyk nou na 210 gn bergers.

Watter koeëls gebruik jy nou, het dalk misgelees maar sien nie?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13520
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Capt. Yoda »

JPS wrote:Lekker Pinkes,

Lino se sondero skiet net so lekker, hy het net GRS kolf opgesit en Mojet silencer op en moet se dit is duidelik hoeveel meer energie die 300wm het wanner ons jag teenoor die 260 Rem as vergelyking.
Hi skiet nou 185 bergers maar keel is al bietjie gebrand so hy kyk nou na 210 gn bergers.

Watter koeëls gebruik jy nou, het dalk misgelees maar sien nie?

Jan hy skiet nou 208gr Amaxe.

Pinkes ek hou van hoe jy die vark op daai ander man se bakkie sit sodat jy nie die 45 hoef te was nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by JPS »

Dankie, ja nee jag self lang afstand met die Amaxe
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Fritz »

Dirk jou 300 skiet soos 'n droom. Daai 550m groep is ongelooflik!! En dit met 'n lekker koeël soos die 208gr A-max ook nog. Hoop jy en kaptein kom maak weer draai in Potch die naweek.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Pinkes »

Ja manne moet se die 208Amax het die 300wm van my heeltemal verander!!

JPS,ek wil graag my 264wm ook so ver skoot gee om te sien of die 140gr Custom Comp 'n vark kan laat val,
maar ek glo nie ek gaan dit in die 6.5CM(wag vir liksens) prober nie. Ek is nie 'n man wat wil kanse vat en dan kwes nie!Maar
glo die 264wm het genoeg poeier!!

Fritz,die naweek gaan nie vir my werk nie.Maar jy moet daai African Long Range my laatweet oor asb!
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by 308Win »

Die groep is geskiet met my 1980's RSA enkelskoot. 308 natuurlik.
S321(238) 44.4gr
TPL 70.5mm
PMP slagdoppie
Lapua dop
'n Ou boksie PMP 155gr HPBT (lot88) wat ek in 'n ou krat ontdek het.
Spoed 850m/s

Temperatuur :28grade
1MOA dwarswindjie.
Skietafstand: 475m vanaf tweepoot. 'n Volle 10 MOA opgestel met die teleskoop op 100m ingestel.
Die skote wat ek ingekleur het was nie deel van die 2 afsonderlike 5 skote-in-'n-ry groepe nie.
As ek die skoot links laag nie meet in die linkerkantste groep nie is dit 76mm. Die 5e skoot maak die groep oop na 99mm.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply