Ons het die afgelope naweek n lekker trip in Ellisras gedoen en moet se dit was baie lekker.
Die meeste van ons het gegaan om n mooi Rooibok-ram te gaan klop. Hier en daar n Waterbok, koedoe en n paar varke.
Vrydag oggend vroeg uit die bed, lekker koffie en geselsies oor die mooi bokke wat kan terug kom koelkamer toe is ons oppad na die kamp waar ons gaan jag. Ek en my pa jag vir rooibok en die ander jag in ander kamp vir koedoe en waterbok.
Ek skiet 7X57 gelaai met Nosler 150 Acc. En my pa Sako 308 180 PMP
Ons was skaars in die veld toe kap ek my rooibok 50m van my af. Dit was letterlik 5 min. Wat n gevoel is dit nie om die weergalm te hoor deur die bos die voels wat raas en die bok wat witpens in die lug le. Dis besonders.
Die Bok het op die Ou end 22 3/8 ( Dis maar n vlak draai ) gemeet en 35kg uitgeslag.
My pa het kort na my ook n mooi ram gekry skaars 30m van hom af en die bok mooi in die kuiltjie geskiet. Sy bok het 37kg uitgeslag maar het nie die horings gemeet nie.
PS. Jammer vir die fotos se kwaliteit. Dit is selfoon fotos.
Ons sien uit vir die volgende trip wat om die draai is.
Beste groete
Pieter

