Goeie more almal.
Nadat ek dit post van E-Bird gelees het het ek goed gedink om my jagtog te kom deel.
Ons het vir my skoon fam. gaan kuier in Perth Desember. Almal het geweet van die ou wat kom kuier wat jag en skiet_mal is. So het hulle toe gereel dat ek n paar kangeroo "roo"s" gaan skiet en ook sommer help met fox skiet ook.
Die plaas waar ons op geskiet het is n melk plaas van 1000ha en hulle het n ongelooflike groot probleem met die kangeroos wat die beeste se gras opvreet. Die eienaar van die plaas het ons in kennis gestel dat die ongediertes ongeveer 14ha gras per dag opvreet. Dit klink amper te veel om waar te wees maar as n man kan sien hoe baie daar is verstaan ek helemaal.
Dit het letterlik gelyk soos miere wat uit n nes kom. Daar is 1000de van die goed.
Ekt hulle ook gevra wat hulle doen om dit te beheer en die antwoord was " we try to shoot them all "
Die vleis van die kangeroos word verkoop aan n besigheid wat hondekos maak. Dit lyk soos salami rolle wat hulle maak vir hul honde. Die bietjie honde wat daar is.
Hoofsaaklik gebruik hulle net die sterte daarvoor. Die res gaan vir n groot gat waarmee hulle die foxes lok.
Om lang storie kort te maak is ons op die bakkie met lig en geweer in die grasvelde in! Ruger 223 M77. Eks aangeraai om net kopskoot te skiet aangesien die roo die bloed in sy lyf dra as jy lyfskoot skiet en in die bosse gaan vrek. Skaar 2min toe val die eerste een maar dis die kleiner spesie. 10min later teen n rivier waar die groot goed uithang , kap ek n groot een. Hy is so lank soos ek. Kon hom nie opte lom bo my vas te hou nie. Hulle se steeds daar is baie grootter as dit. Ons jagtog was baie vinnig kort geknip toe die vrouens nie meer daarvan hou nie. Hulle gese dis nie mooi om die groot springhase so te sien nie.
Op die ou end was dit n groot belewenis om so iets te kon doen in n ander land.
Saam my fotos sit ek ook een van die visvang trips se visse op! Die rooies proe soos nog en die qeenie was n lekker fight met ligte gewig stokkie.
Lekker dag
Groete
Pieter
Australia vakansie
- PJB
- Full Member

- Posts: 208
- Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am
Australia vakansie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- PJB
- Full Member

- Posts: 208
- Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am
Re: Australia vakansie
Hiers die visse
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Australia vakansie
lekker man! lyk na groot pret!
- toelie
- Hero Member

- Posts: 928
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Australia vakansie
Baie nice sal ook laaik om so rot eendag te kap
- Blouwdraad2
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm
Re: Australia vakansie
Black-sam dit lyk lekker!
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Australia vakansie
Baie geluk!!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13619
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Australia vakansie
Lekker man, ek sal dam self graag so paar van daai hase wil skiet!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Australia vakansie
Kangaroo vleis smaak eintlik heel lekker, het vir my 'n effense lewer smaak.
Hulle sê die stert is die lekkerste. Blykbaar is die beste manier om die stert gaar te kry, om dit vel en al tussen die kole te gooi, as die hare afgebrand is, is dit etenstyd!
Die ozzie wat my stukkie vleis gaar gemaak het, het dit net ge'tssst tssst op 'n olie gesmeerde warm pan.
Jy kan dit gerus probeer!
Hulle sê die stert is die lekkerste. Blykbaar is die beste manier om die stert gaar te kry, om dit vel en al tussen die kole te gooi, as die hare afgebrand is, is dit etenstyd!
Die ozzie wat my stukkie vleis gaar gemaak het, het dit net ge'tssst tssst op 'n olie gesmeerde warm pan.
Jy kan dit gerus probeer!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Australia vakansie
Was al 2 keer in Oz. Ek lees baie op een van hul jagforums, maar ons vriende in Perth is nie jagters of skieters nie. So om kontak te kry met 'n skietplek daar is nie so maklik nie. Die weste van die land het ook nie so baie skietplek soos verder oos nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- PJB
- Full Member

- Posts: 208
- Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am
Re: Australia vakansie
Dit is baie waar! Ons het spesefiek in die Weste gegaan of sal ek se Suide! Albany was die plek!
Groete
Pieter
Groete
Pieter