1ste Oos-kaap jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

1ste Oos-kaap jag

Post by fanie.myburgh »

Manne ek deel met julle die.

Ek en 'n vriend (Dirkie) is sondag uit Somerset-wes uit en my pa en broer uit upington uit. Ons het mekaar in Cradock gekry by 'n ander vriend van my. Nadat ons maandag ons jag lesensie gekry het, is ons uit veld toe. My pa het somer vinnig n rooi ribbok ooi geskiet oppad veld toe. Die geluk was aan sy kant, want ons het onsself op gestap in die berge en terwyl hy die bakkie vorentoe trek skiet hy somer nog 2 ribbokke. Dirkie het darm ook die sy ribbok gekry op die stap. Ek en my broer moes toe maar lee hande die dag afsluit, maar dit was nogsteeds 'n ongelooflike jag gewees.

Dinsdag oggend uit na n ander plaas vir takbokke en kudu's. Met die inkom op die plaas het ons paar takbokke gesien teen die hang van die berg, ek het gese ek sal maar n skoot vat, 1ste skoot was op 430m, die skoot was bietjie laag en agter die blad en die bok het so endjie gehardloop en weer gaan staan, op 480m het ek die opvolg skoot geskiet. Die bok het so 3 tree gegee en neergeslaan. My die afslag het ek gesien die 1ste skoot was mooi deur die longe, maar ons wou nie die kans vat nie, die 2de skoot was n hartskoot.

Die wind het ons toe gepla die res van die dag en die takbokke en kudu's was skaars, ons het toe darm nog so paar ribbokke geskiet die dag. My pa en broer het nie hulle takbokke gekry nie, so volgende jaar gaan ons weer terug vir n takbok of 2.

Deel paar fotos met julle. Dit was n ongelooflike lekker jag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by fanie.myburgh »

bietjie van die view
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by fanie.myburgh »

ons het die koue met so dag gemis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by win270 »

Regtig lang skote en goed gevaar! Oos-Kaap jag is my eersdaags beskore.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by ruaanb »

netjies Fanie, sommer 'n paar lang skote daar.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by GreyGhostGear »

Mooi gegooi Fanie, was julle toe by oom Hennie? Groetnis..
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by Frikkie Coetzee »

Die berge op die eertse foto van die tweede post. Kyk mooi. Ek waai vir jou van daar af.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by koos 2 »

Baie geluk !!!
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by fanie.myburgh »

Ek weet nie presies waar ons geskiet het nie die vriend het gereel en ons somer uitgevat ook. Die takbok was al een wat lang skoot was, die kort skote hier oor n klip en uit die vuis uit het ek mis geskiet. haha. sal volgende jaar vir my n ligter geweer saamvat want ek dra myself dood aan myne.en oefen uit die vuis teskiet.

Gromit, ek sal volgende keer jou laat weet dan kom se ek halo.

Dankie.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: 1ste Oos-kaap jag

Post by win270 »

Om uit die vuis vinnige en netjiese skote te skiet in die jagveld was nog altyd 'n besondere vaardigheid wat my beindruk.
Post Reply