2015 Jag - Bandelierskop

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

2015 Jag - Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Ons was die naweek bietjie daar in die Bandelierskop omgewing vir ons jaarlikse jag.

Dit was 'n vreeslike lekker jag saam met goeie vriende en my gesin. Die boer was baie aangenaam en het uit sy pad gegaan om ons gemaklik te kry en mens is van die plaas weg met 'n nuwe vriend.

Donderdag middag het ons begin stap opsoek na koedoes, my oudste (5 Jaar) wou saam so dit is maar baie stadig deur die bos om hom nie te moeg te kry nie. Na so twee ure se hard soek loop ons toe 'n mooi jong koedoe bul raak langs die lyn draad op so 200 meter. Die skoot loop en die bul staan op sy agter pote en daar gaan hy. My seuntjie is baie bly en dit kos mooi praat om hom net stil te hou. Na so 80 meter se spoor sny kry ons toe die bul en 'n baie verligte jagter.

Ek dink wat dit baie spesiaal gemaak is dat my seuntjie dit saam my kon deel, en besef het dat skiet nie maklik is nie. Ek kon darem die volgende oggend ook 'n mooi vleis koei skiet onder 'n hak-en-steek uit.

Die bokke was 160kg en 85kg. Die Rhino 165gr soft het goed presteer op die bul (net jammer ek het hom daar vergeet).
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2351
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by henried »

Lekker man!
Mooi foto daai met die son so agter jou.
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

henried wrote:Lekker man!
Mooi foto daai met die son so agter jou.
Dankie Henried, ja dit is 'n mooi een om groot te maak en in my braai kamer te hang.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by FrancoisW »

Kan dink daai mannetjie was uit sy vel gewees. Baie mooi foto
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by Boesman10 »

Degenad wrote: Die skoot loop en die bul staan op sy agter pote en daar gaan hy.
Kan jy vir my se of dit 'n hart skoot was? As die bok so op sy agterpote staan is dit gewoontlik 'n hart skoot of 'n bek skoot.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by spekieries »

My wêreld daardie. Jag elke jaar daar by my neef. Geluk mooi koedoes.
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Boesman10 wrote:
Degenad wrote: Die skoot loop en die bul staan op sy agter pote en daar gaan hy.
Kan jy vir my se of dit 'n hart skoot was? As die bok so op sy agterpote staan is dit gewoontlik 'n hart skoot of 'n bek skoot.
Nee dit was 'n long skoot, maar het van die slag are ook net gevang. Ek was bietjie benoud toe ons die spoor vat want daar was niks bloed nie, eers op so 50 meter die eerste long bloed begin kry. Skoot was plank dwars en die koeel het in die anderkantste blad been vas geslaan. So ek was baie verlig toe ons die long bloed kry, hy het alles binne toe gebloei en niks na buite. Dink nie dit was die Rhino se skuld nie, meer dat ek bietjie die afstand verkeerd gehad het. Daarom was ek bietjie hoog in my skoot plasing.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1995
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by Mellies »

Mooi man!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by Hilux01 »

Degenad

Lekker man goeie werk en dis twee mooi koedoes daai
Hopelik is my mannetjie ook n jaar of 3 saam my in die veld
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Hilux01 wrote:Degenad

Lekker man goeie werk en dis twee mooi koedoes daai
Hopelik is my mannetjie ook n jaar of 3 saam my in die veld
Dankie Hilux01.

Moet se dit het maar moeilik gegaan net voor ons die Koedoe gekry het. Die man was amper huilerig moeg, maar toe die skoot klap was hy weer op sy beste. Hy het nou al sy eie storie oor die hele gebeurtenis. Sit en luister hom so gistraand, wonder al of ek daar was :)
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by Hilux01 »

Ek kan net dink
Die manne sien dinge en ervaar dinge anders as ons - die belangrikste is daai deelneem en saam beleef
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by koos 2 »

Baie geluk ou maat !!!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by theedge »

Baie mooi maat geluk
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by dawiec »

baie netjies en geluk!
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2015 Jag - Bandelierskop

Post by DanieDegenaar »

Dankie almal.

Die is een van die jagte wat verseker altyd by my sal bly. Net altyd jammer dis so vining verby. Maar die biltong hang en ek kan met elke stukkie weer die jag in my kop oor doen.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
Post Reply