Bosvark
-
NicoO
- Sr. Member

- Posts: 289
- Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm
Bosvark
Nou die aand 19:13 gaan my telefoon af met n sms. Die varke is op die voer. n Minuut gaan verby en Wynand bel en se hy het ook sms gekry hy is oppad. Ek en my vrou was besig om pot te maak, toe gryp ek net baadjies, geweer en is uit by die huis. Toe ek by die garage stop toe is 3de foto al gestuur, en hulle eet lekker! Wynand stop en ek laai net gou oor en ons is oppad! Ons stop so 500m van voerplek af, trek skoene uit en die 4de foto kom deur. My adrenalien pomp lekker. Ons bekruip die voerplek, wind waai mooi. Ons stop so 80m van die plek af en luister. Knnoockkk klap daai neute, hulle is nog daar! Ons bekruip stadig nader, Ek kom in posisie, Knnoocccckkkkk klap die neute nogsteeds. Ons staan bo op n wal, die neute le onder n gauva boom so 30m onder ons. Da is n tonnel gekap deur die lantanas na die voerplek toe. Ek tel die 243 op, deur die night vision teleskoop sien ek dadelik 2 varke, da is 4 in die trop. Soos dit moet wees staan die beer plankdwars en da staan n jonger varkie skuins voor hom met sy boude na ons toe. Ek sit kruis laag op sy blad en druk die skoot af so uit die vuis uit. Na die skoot hoor jy net varke hardloop, hulle stop na so 60m. Ons hoor een vark skop da onder in die bos. Na so paar sekondes is dit stil. Die ander varke verdwyn geruisloos in die nag, Wynand se bosvarke het vlerkies hulle raak net weg. Ons loop terug bakkie toe, en ry tot by voerplek. Nou begin die soek. Die bos is vreeslik ruig dis lantanas en lang gras wat deurmekaar groei. Al manier om da te beweeg is om self op jou maag te le en binnie die tonnels te kruip. Na so 10min kry ek n druppel bloed teen n grassie. Ons albei vat n tonnel en seil soos slange da rond. Ons kry nie nog bloed nie en kan ook nie eintlik spore sien da binne nie. Na so 30min se ek vir Wynand ek gaan terug da wa ons daai bloed druppel gekry het. Ons begin weer in daai omgewing, in die nag is mens se bearings bietjie deurmekaar in daai ruigtes. Na so 5min kry ek bloed, meer as die eerste bloed, ek vat die tonnel en die bloed raak mooi. Ek kruip voor en Wynand agter my. Die bloed is nou baie, dit gaan maklik na so 30meter se seilery split die tonnel waar in ons is in twee. Die bloed is weg niks links nie en niks in die regter tonnel nie. Ek skyn met die flits en die volgende oomblik sien ek hom le! Hy het net reguit gegaan deur die bos, nie n tonnel gevat op sy laaste nie. Eks baie verlig en vreeslik bly! Dis n masjien van n vark! Mens kannie opstaan daar in daai tonnels nie, ons albei draai om, ek stoot die vark van sy kop af Wynand trek hom aan n agterpoot so op ons pense gaan dit stadig! Uiteindelik is ons uit die tonnels, laaste hekkie is die wal uit met die vark! Bosvark jag is bitter lekker! Kom Sms 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Bosvark
Pragtige vark!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
NicoO
- Sr. Member

- Posts: 289
- Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm
Re: Bosvark
Baie dankie!
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Bosvark
Mooi ou vark baie geluk.
-
NicoO
- Sr. Member

- Posts: 289
- Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm
Re: Bosvark
Baie dankie Frederik! Ja hy was n ou skim.
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Bosvark
Baie mooi Bosvark daai Nico.
Waar in die land het jy hom geskiet?
Waar in die land het jy hom geskiet?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
NicoO
- Sr. Member

- Posts: 289
- Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm
Re: Bosvark
Baie dankie julle! Hy is hier in die Tzaneen omgewing geskiet. Limpopo Provinsie
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Bosvark
Wow....baie mooi "varkietjie" Nico!
-
NicoO
- Sr. Member

- Posts: 289
- Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm
Re: Bosvark
Baie dankie Dawie! Dit was baie lekker!!
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Bosvark
Goeie werk
Maak dit sommer ekstra spesiaal as die storie ook so mooi loop
Maak dit sommer ekstra spesiaal as die storie ook so mooi loop
- OupaZA
- Hero Member

- Posts: 588
- Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Re: Bosvark
Klink na groot pret!! baie geluk...
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Bosvark
Mooi ou vark baie geluk.
-
NicoO
- Sr. Member

- Posts: 289
- Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm
Re: Bosvark
Baie dankie julle 
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock