Rooiribbok Ram
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Rooiribbok Ram
More Mede Jagters
Ek deel graag met julle my Rooiribbok Ram wat ek laas naweek gejag het in die Oos-Kaap.
Ekt hom met my 243 Win geskiet op 256m met 'n 100gr PmP patroon.
Die jag was my eerste jag in die Oos-Kaap se berge en ek moet sê dis ongelooflike harde werk maar tog seker van die lekkerste jag wat mens kry - Ek sal twee keer dink voor dat ek weer 'n Bosveld jag reel, die tipe van jag is baie meer uitdagend maar tog so belowend.
Ek het boonop so gelukkie gekry, die Rooiribbok Ram se horings meet 7 1/8 en Rowland Ward vir die bok is 6" - Ek is baie bevoorreg om die Ribbok te kon jag.
Groete,

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Rooiribbok Ram
Bruno, baie mooi bok en seker van die beste vleis sover ek onthou is RW 6 5/8"
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Rooiribbok Ram
Dankie Frederik ek waardeer! Ek was ook onder die indruk dat die minimum 6 5/8 was vir Rooiribbok, maar ek was ingelig deur Andre van Rooyen Taxidermy dat Rowland Ward die minimum verander het na slegs 6"Frederik wrote:Bruno, baie mooi bok en seker van die beste vleis sover ek onthou is RW 6 5/8"
Hier is die link waar mens bevestiging kan kry rakende die nuwe minimum.
http://www.rowlandward.co.za/content/de ... &SubPage=2
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Rooiribbok Ram
Pragtige dier en omgewing!! Baie geluk. Bosveld-jag is gewoonlik veel makliker (as jy natuurlik eers die opspoorwerk gedoen het) as in daardie Oos-Kaapse rante. Elke deel van die land het natuurlik sy eie uitdagings en bekoring as dit by jag kom.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Rooiribbok Ram
Bruno dankie vir die nuwe nuus oor die minimum dit beteken my ou ribbok trofee kwalifseer nou. Hy is tans by Safari Outdoor PTA lekker stomp dik horings.
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Rooiribbok Ram
Baie geluk met daai brokkie goeie nuus, ek sal hom bietjie gaan uitcheck by Safari in Pta, ek kom nogals gereeld daar!Frederik wrote:Bruno dankie vir die nuwe nuus oor die minimum dit beteken my ou ribbok trofee kwalifseer nou. Hy is tans by Safari Outdoor PTA lekker stomp dik horings.
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Rooiribbok Ram
Baie mooi! Watter deel van Oos-Kaap was julle?
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Rooiribbok Ram
Dankie, dit was naby Steynsburg gewees, ook nie te ver van Burgersdorp af nie, baie koppies in daai wereld, die tuiste van net so baie ribbokkeGreyGhostGear wrote:Baie mooi! Watter deel van Oos-Kaap was julle?
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Rooiribbok Ram
Minimum was altyd 6&7/8.
Die meet metode het egter verander dat die onderste sagte pad nie meer gemeet word nie. In die laaste druk van RW was minimum nogsteeds 6&7/8 wat Januarie gepubliseer is
Ek wonder of daai nie n fout op hulle webtuiste is nie.
Geluk met n mooi bok. Ek het self al ribbok baie lekker by Burgersdorp gejag

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Rooiribbok Ram
Baie geluk aan die jagter, pragtige bok.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1995
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Rooiribbok Ram
Mooi man! Ek het in daai wereld groot geword.
Daai bokkies het my al laat bloed sweet...
Daai bokkies het my al laat bloed sweet...
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Rooiribbok Ram
Baie mooi maat - hoop hy word gestop
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Rooiribbok Ram
Dankie Kerels, ja ekt altyd gedink ek is redelik fiks maar die jag het my laat besef om berg te klim is nie jou maat nie! Maar dis ongelooflik lekker as mens sukses behaal na so harde dag in die veld.Mellies270 wrote:Mooi man! Ek het in daai wereld groot geword.
Daai bokkies het my al laat bloed sweet...
-
NicoO
- Sr. Member

- Posts: 289
- Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm
Re: Rooiribbok Ram
Baie geluk dis n baie mooi ribbok! 
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Rooiribbok Ram
Ek gaan teen einde Junie ook Steynsburg se koers om springbokke, blesbokke, koedoes en ribbokke te jag. Hoop die weer speel saam, aangesien die wind in daardie streek kwaai kan pla in die wintermaande. So 'n ribbok of wat in die rante en 'n koedoe sal 'n bonus wees.
Wie van julle weet hoe die veld se gehalte op die oomblik daar is en is die wild in goeie kondisie?
Hoor graag van die manne wat onlangs in daardie streek gaan jag het.
Wie van julle weet hoe die veld se gehalte op die oomblik daar is en is die wild in goeie kondisie?
Hoor graag van die manne wat onlangs in daardie streek gaan jag het.
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Rooiribbok Ram
More Kerels
Na die wagtydperk van 30 dae het ek toe my rooiribbok ram geregistreer by Rowland Ward. Let asb op dat die nuwe meetmetode die pulp onder aan die base van die horing nie in ag neem nie, dus ook hoekom Rowland Ward se minimum verminder het na slegs 6 duim (Sonder die Pulp)
Sien aangeheg my Rowland Ward Sertifikaat met nuwe meetings na die 30 dae droogtydperk.
Na die wagtydperk van 30 dae het ek toe my rooiribbok ram geregistreer by Rowland Ward. Let asb op dat die nuwe meetmetode die pulp onder aan die base van die horing nie in ag neem nie, dus ook hoekom Rowland Ward se minimum verminder het na slegs 6 duim (Sonder die Pulp)
Sien aangeheg my Rowland Ward Sertifikaat met nuwe meetings na die 30 dae droogtydperk.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Rooiribbok Ram
Brno308
Wonder nou net of jy jou 308 by die huis vergeet het?
Mooi bok!
Wonder nou net of jy jou 308 by die huis vergeet het?
Mooi bok!
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Rooiribbok Ram
HeHeHe... PWV ek het hierdie keer die 308 se klein boetjie bietjie gevat om te gaan jag sy naam is mos 243.PWV wrote:Brno308
Wonder nou net of jy jou 308 by die huis vergeet het?
Mooi bok!
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Rooiribbok Ram
Mooi maat en geluk
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Rooiribbok Ram
Baie geluk, bitter mooi bok
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner