Bietjie spog

Post Reply
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Bietjie spog

Post by Vlakvark Soldaat »

Ek, my vrou en ons twee stoutgatjies het die naweek bietjie opgery na Swartwater/Tom Burke toe vir n familie wegbreek/jagtrippie hahahaha. Die groot doel was om die seuns aan die veld en meerendeels jag bloot te stel. Luan is 4 jaar oud, en Matteo is 2.

Hier is so paar fotos van die naweek. Beide seuns het met die .22 en silencer geskiet op n jakkals teiken.

Die natuur het vir my n mooi rooibok ram gegee, waarna albei boggers gehelp het om die bok te laai, kleinboet het toe sy middag slapie gaan vat, terwyl ouboet gehelp het om te slag. Beide seuns het my so trots gemaak met hul reaksies op die geweer skoot van my .243 en die dooie dier.

Die horings word n skedel montering met n collage van ons naweek se fotos. Die pote van die bok word n klein koffie tafeltjie vir die seuns, en die vel n mat vir die een se kamer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Vlakvark Soldaat on Thu Aug 13, 2015 11:53 am, edited 1 time in total.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Bietjie spog

Post by ruaanb »

Kosbaar!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Bietjie spog

Post by FHM »

Pragtig ou maat - regte 2 terrs lyk dit my... ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Bietjie spog

Post by Frederik »

Geniet die tyd hulle groei met 'n hengse spoed onthou nog hoe my seun toe hy 5 jaar oud was 5 jaar terug toe ek mooi blouwildebees geskiet het.
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Bietjie spog

Post by Vlakvark Soldaat »

Haha ja nee, dankie. Twee laaities, so ek gaan reguit hemel toe!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Bietjie spog

Post by FrancoisW »

Dis die lekkerste tye daai en die fotos vertel dit. Oulike hoe hulle met hulle hande agter die rug staan.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Bietjie spog

Post by DawieKotze »

FrancoisW wrote: Oulike hoe hulle met hulle hande agter die rug staan.
Ek veronderstel hulle word van kleins af geleer dat mens versigtig moet wees naby die skietgoed en nie sommer net vat nie!! ;D ;D

Onbeskryflike en waardevolle oomblikke saam met laaities!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Bietjie spog

Post by theedge »

Wat n voorreg - baie netjies maat
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Bietjie spog

Post by koos 2 »

Pragtig !!!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Bietjie spog

Post by BRNO (Pierre) »

FrancoisW wrote:Dis die lekkerste tye daai en die fotos vertel dit. Oulike hoe hulle met hulle hande agter die rug staan.
Ek wou ook opmerk, maar as dit n teken is soos by my dogtertjie, is daai mannetjie die groter plan maker (lees stront maker) van die twee.

Bie geluk met n wonderlike naweek.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Bietjie spog

Post by Vlakvark Soldaat »

Jy weet dit! Hahaha slaan die spyker op sy kop... Klein Matteo maak soms dat mens hom sommer regtig op die kop wil bykom hahaha.

Manne sonder om emosioneel te raak, maar ja, kinders is soveel vreugde, en dis lekker om die memories met enige iemand te deel. Ek weet my ma sou hulle netso genoet het, sy is 2 maande voor ouboet se geboorte vermoor...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Bietjie spog

Post by Plaashaas »

Baie nice VS.

Ek is mal oor die foto waar die mannetjie "slag".

Hou so aan en maak van hulle manne!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Bietjie spog

Post by win270 »

Ai, dis tragies van jou ma ... 'n Kleinkind sonder 'n Ouma mis verskriklik baie.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Bietjie spog

Post by JacquesT (Stompe) »

Welgedaan. Hoop maar net dat ek die selfde liefde eendag by my toekomstige kinders kan kweek. Moet sê ek, dink nogals gereeld daaraan dat hoe sal ek dit hanteer as my kinders nie dieselfde liefde het nie. Dis maar seker die rede dat mens hulle bloot stel op 2 jarige ouderdom. Jy het goeie rede om 'n trotse pa te wees.

Baie jammer om te hoor van jou ma, dis tragies.
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Bietjie spog

Post by Vlakvark Soldaat »

Yes dis n feit, op twee het ouboet al mooi met die .22 gemik, kon al alleen met sy quadbike ry, en n relatiewe gholf hou gee. Maar met die liefde wat jy vir jou eie kinders het, sal jy hulle ondersteun in enige sport wat hul op besluit. Obviously probeer mens maar die fondasie gee van jou eie hobbies...

Dankie, waardeer.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Bees
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am

Re: Bietjie spog

Post by Bees »

Een van die dae gaan hulle vir jou baie geld kos in ammunisie!
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550

____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___ ^-^
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Bietjie spog

Post by Vlakvark Soldaat »

Ja, ammo en bokke! Maar ek dink dis n voorreg!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Bietjie spog

Post by twinhunter »

Dink dit is een van die oomblikke wat 'n Pa en Seun altyd kan troef.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5144
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Bietjie spog

Post by Pvdw »

;D ;D daai klein knapie is beswaarlik so groot soos die jak op die teiken ;) .

Myne was noudie dag so groot nou vang hy graad op Potch die jaar. 8) My al paar rand aan ammo en bokke gekos ook maar ek betaal dit met 'n smile.
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Bietjie spog

Post by Vlakvark Soldaat »

'Knapie' is n baie oulike beskrywing teenoor die drie letter woord wat ek hulle soms noem...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Post Reply