Gebede versoek

Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Gebede versoek

Post by Frikkiedbr »

Baie sterkte Carl, julle is in ons gebede.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Gebede versoek

Post by Piet Pille »

Sterkte Ruaan/ Carl in hierdie moeilike tyd, ons dink aan julle
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gebede versoek

Post by Carl »

Dankie manne vir julle intree. Ek kan vanoggend getuig dat gebed werk.My pa se hartversaking is redelik gevorder, soveel so dat jy nie die gewone hartklop hoor, net 'n suising. Menslik gesproke is sy tyd op aarde min, maar vanoggend is hy ontslaan die longonsteking is reg en sy nierfunksie is beter.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Gebede versoek

Post by ruaanb »

Amen!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Gebede versoek

Post by Jean Marais »

Dagsê manne. Dit gaan nie goed met ons een eienaar hier by die werk se vrou nie. Sy't verlede week 'n groot rugoperasie ondergaan, en na die tyd heeltyd gekla van pyn en lamheid in haar bene. Gisteraand weer teater toe, en toe ontdek hulle 'n groot "versteende" bloedklont, wat al die moeilikheid veroorsaak het. Na hulle dit verwyder het, het dit sommer baie beter gegaan, maar ons het sopas verneem dat sy nou 'n hartaanval gekry het, agv 'n bloedklont deur die hart.

Kan ek asb vra dat julle vir die familie sal bid. Haar naam is Annelie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Gebede versoek

Post by PWV »

Jean, in so 'n geval moet ons bid dat ons Vader die dokters se hande sal sterk!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Gebede versoek

Post by Jean Marais »

PWV wrote:Jean, in so 'n geval moet ons bid dat ons Vader die dokters se hande sal sterk!
Mag dit so wees oom PW, mag dit so wees...
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Gebede versoek

Post by BRNO (Pierre) »

Jean Marais wrote:Dagsê manne. Dit gaan nie goed met ons een eienaar hier by die werk se vrou nie. Sy't verlede week 'n groot rugoperasie ondergaan, en na die tyd heeltyd gekla van pyn en lamheid in haar bene. Gisteraand weer teater toe, en toe ontdek hulle 'n groot "versteende" bloedklont, wat al die moeilikheid veroorsaak het. Na hulle dit verwyder het, het dit sommer baie beter gegaan, maar ons het sopas verneem dat sy nou 'n hartaanval gekry het, agv 'n bloedklont deur die hart.

Kan ek asb vra dat julle vir die familie sal bid. Haar naam is Annelie.
Sterkte Jean. Ek weet julle ouens daar in die kantoor is baie na mekaar.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gebede versoek

Post by Eduard Venter »

Markus 11:24 "Daarom se ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees."

Sterkte en ek bid saam. Ek glo die Here sal na ons gebede luister en die verskil maak.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Gebede versoek

Post by Jean Marais »

Ek gee graag terugvoer oor Annelie. Manne, ons dien 'n lewende God. Dit gaan soveel beter met haar dat die asemhalingsondersteuning verwyder is. Sy kan nog nie praat nie, want met die pype is haar stembande maar sensitief, maar sy skrywe boodskappies neer en kommunikeer met gebare, en die bloedklont op die long is weg.

Nou bid ons vir spoedige herstel. Dankie dat ek op jul knoppie kon druk.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Gebede versoek

Post by henried »

Te mooi...Te lekker.
Bly om die nuus te hoor.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Gebede versoek

Post by Marc »

Uitstekende nuus
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Gebede versoek

Post by ruaanb »

Uitstekende nuus
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Gebede versoek

Post by PWV »

Geloof...!!
User avatar
DANROB
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Wed Aug 19, 2015 8:36 am

Re: Gebede versoek

Post by DANROB »

Gerhard,

Ek is jammer om te hoor van jou Pa,
al ons gebede vir hom en jou familie en gesin,

In die naam van Yahshua Messiah vra ons vir genesing, Gees Siel en Liggaam
Daniel Robberts
La Cockshoop 297
+264 81 262 2000
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gebede versoek

Post by Eduard Venter »

Goeie naand. Ek vra asseblief dat julle bid dat dit die naweek reen op ons plaas. Dit is nogal droog by ons en ons moes al meer as die helfte van ons beeste verkoop die jaar. Ek het ook gebid en ek glo Jesus het klaar die wolke gestuur om die droogte te breek. Nie net op ons plaas nie maar ook die ander boere in die omgewing, veral in noordwes waar dit nog heelwat slegter gaan.

Jakobus 5:16-18

"... Die gebed van n gelowige het n kragtige uitwerking. Elia was n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reen nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereen nie. Toe het hy weer gebid, en die hemel het reen gegee en die aarde het sy oes gelewer."

Dankie, ek sal sondag laat weet hoeveel dit gereen het.

Hulle voorspel wel ligte reen maar niks wat die gras gaan laat groei nie. Maar gelukkig hoef ons nie te vertrou op die weervoorspelling nie, maar die Almagtige wat die wolke stuur na waar Hy wil.

Ek glo regtig die Here gaan die boere hierdie jaar help met n baie goeie jaar.

Dankie.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Gebede versoek

Post by Williel »

Eduard, ek hoor jou versoek en dra dit op in gebed. As Windhoek nie reen kry die seisoen nie is ons sonder water teen Jul 16. Ek weet Gabarone kry al iets soos 4 uit 7 dae water. Wat jou erg raak is om so na aan die natuur te leef en die dierre elke dag in die oee moet kyk.

Sterkte
Groete, Willie
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gebede versoek

Post by Eduard Venter »

Dankie en sterkte ons glo en vertrou Windhoek sal ook geseen word met die nodige reen.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gebede versoek

Post by Carl »

More mede gebeds manne. Hier by ons is die gebede beslis verhoor. Ons het die laaste 2 dae die meeste lente reën in baie jare gehad. Die veld gaan mooi begin. God voorsien wonderlik.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Gebede versoek

Post by matewis »

Ons harte is saam boere oor groot dele van ons land dankbaar vir die reen wat Hy gestuur het. Die wat nog wag weet dat Hy sal voorsien op Sy tyd.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gebede versoek

Post by Eduard Venter »

Ons reen het ook begin soos ons gebid het. God is goed. Rooihartbees wat die naweek by ons geskiet is, is spekvet gewees al is daar amper niks kos in die veld nie.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Gebede versoek

Post by ruaanb »

Amen!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Gebede versoek

Post by DawieKotze »

Kom ons bid ook dat dit gou sal reën in die Vrystaat waar dit bitter droog is. Baie boere trek swaar daar.

Groete

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Gebede versoek

Post by henried »

ruaanb wrote:Amen!
Amen.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gebede versoek

Post by Carl »

Middag manne
Ek ek het my pa gisteraand besoek. Hy is in Nylstroom so tussen die see (dit was net te koud en grou) en sy bosveld geliefde. Ongelukkig vir hom is hy nie sterk genoeg vir die laaste deel tot in Alldays nie. Kan ek julle vra om vir hom in julle gebede te dra. Bid spesifiek vir
* berusting en vrede
* verligting van lyding
* vir die laaste stuk van die pad, dit is nie meer vêr nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply