Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by tau »

Die slegste ding van 'n jag is die eerste dag terug by die werk, veral as dit lekker was. Die simpel grappies, die ou stories van die vorige paar jare, die oomblikke van ekstase en skok. Daai perfekte kopskoot of die minder perfekte blad skoot.

Vir my is ons vriende jag elkejaar 'n hoogtepunt. Mens vergeet baie maklik dat almal nie jag en skiet mal is soos die meeste Jaracalers nie. Party mense se geweer is net 'n tool vir hom. Hy jag want hy wil in die veld wees, saam sy vriende kuier of vleis vir die huis bymekaar maak. Kyk almal hou van die perfekte skoot, maar vir party mense is dit minder belangrik en soms vergeet die jag informasie versotte tussen ons(lees:ek) dit.

Soos enige opregte geweer behepte is my geweer keuse op elke jag vir my 'n vreeslike ding. Wie gaan saam en wie bly. Kyk gewere het gevoelens en so moet ek verseker dat ek elke outjie in my kluis kans gee om sy tyd(voete in sekondes om tegnies korrek te wees) in die son te gee. Net soos toe ek 'n kind was glo ek my speelgoed van ouds wat deesdae vervang is met wapens(nee CFR ek dink nie wapens is speelgoed nie ek vergelyk nou net hier) het gevoelens as hulle nie gebruik of aandag kry nie en dan begin hulle vreeslik sleg skiet, selfs mis of hulle kwes bokke. As jy wel gereeld skietbaan toe gaan en die wapens die kans gee om bloed te trek gaan die geweer se selfvertroue op en so ook die vermoe wat julle twee as kombinasie in die veld het.

EK los toe met 'n swaar hart my Remington 700 7mm Rem Mag by die huis, almal weet dit is die beste geweer wat ooit gemaak is, net soos die Wp in rugby die beste is en almal dit weet. En begin voor die jag met my Ruger Alaskan .375 Ruger te woeker. Kyk jy oefen nie met die mannetjie se jag rondtes nie, want dit is DUUUUUR Barnes 270gr TSX teen net onder die R1000/ 50 skiet hulle dieselfde gaaitjie deursnee as Impala 300gr solids wat minder as die helfde van die prys kos. Ongelukkig kry ek na twee vonkposse geen antwoord vanaf GS custom nie. Hulle HV 200gr koeels werk baie goed en skiet darem heelwat “platter” as die 270gr Barnes.

Voor die jag bevind ek myself tweekeer op my skietbaan op ons plaas met die .375 Ruger opsoek na antwoorde oor hoeveel val die koel op 200m en verder. Vinnig raak dit duidelik my Ruger met die swaarder koeels val sommer 3 duim op 200m as ek op 100m die teleskoop Zero. En 300m is dit so baie ek besluit 300m = Bok se skof hoogte mik om die Motor vetrek (Engine room anglisisme) op 'n BWB of RHB te tref, maar ek besluit dat ek eerder nie anderkant 200m met die roer wil skiet op diere nie. Enige jagter weet mos mens beplan jou skote soos jy wil voor 'n jag, so ook horing lengte en uitslag gewig van die verlangde spesie. EK zero my geweer op 200m en skiet sommer so paar gonge lekker om die vertroue te bou. Die middag van die jag se vertrek vat ek in ‘n oomblik van swakheid my 6.5x57 Syetr fullstock saam, net ingeval ek my bokke klaar skiet en daar is nog jagtyd oor, dan kan ek Springbokke gaan skiet.

Ons vertrek Woensdag middag 18:00 vanaf Worcester, vyf manne in ‘n Hilux en my jagwaentjie agterna. Ons ry mooi tot by die Drie suster’s N1/N12 split waar die Polisie ons aftrek en vertel ons moet N12 ry aangesien daar dienslewering betogings by Hanover is. Ons vat die N12 tot by Britstown waar ons afswaai na De aar, Phillipstown en laaste Petrusville. Ons gids kry on shier en net na 02:00 Donderdag oggend is ons in die bed.


Donderdag oggend skiet ons vining ons gewere in. Snaaks hoe meeste van die wapens heelwat hoer skiet as teen die kus. Ons is teen 11:00 in die veld. Die manne wat Elande soek gaan na eenkant van plaas en Hartbees manne na anderkant van plaas. Nie lank nie en ons kry BWB ek en my gids gaan agter hulle aan en kyk of ons nie nader as 120m kan kom nie. Die eienaar is streng en wil nie he dat BWB verder as 120m geskiet word nie. Ons bekruip die BWB met die wind van die kant en ons prober om naby hulle te kom vir ‘n veilige skoot. Ek verbeer op 140m ‘n skoot met so ligte bewe op my van min slaap en groot opgewondeheid oor die jag. Ek kies om eerder nie te skiet nie, ek ken van BWB wat gekwes is soek. DIE SIEK DIER MET DIE LOOD TE KORT. Ek is slimmer ek skiet Barnes koper koeels die lood tekort gaan my nie vang nie. Ongelukkig besluit die BWB om hulle uit die pad te vat en verdwyn oor die rand. Ons bekruip oor groot yster klippe en van bos na bos om nader aan die 120m merk te kom. EK besef met eens ek is rustiger en besluit op 164m ons is nou agter ‘n bos en die BWB begin terug te wei in die wind in. Hulle kom dus nader aan ons, maar nie direk nie, maar op ‘n hoek. Toe die grootste koei in die trop stil gaan staan is ek reg en tik die Ruger Alaskan the sneller. Die skoot val op die merk, maar soos wildebeest spring sy op, draai om en vat die pad. EK herlaai dadelik en toe sy half stadig beweeg skiet ek weer. Bo-oor. Sy hol so 100m en gaan staan weer. Ek skiet sonder om te dink en die skoot vang haar lag in die brisket. Die afstand is nou nader aan 250m en sy spring weer op. 4de skoot op die lyf. BWB het my in die adrenalien in gestoot.
Al my jare se ondervinding al die vorige bokke wat suksesvol geval het en die wat nie geval het nie gaan verlore in my kop. Die BWB is weg. Ek draai na die gids. EK besef my eerste skoot was perfek hoe kan die bok weghol?????
Ons stap nader die radio knetter. Wie maak oorlog. EK sweet. Hoor al hoe word ek uitgehaal oor ek met ‘n .375 BWB kwes. EK behep met herlaai en geweer informasie. Plaas ek minder dink oor kalibers en meer oor bloed spoor vat in die veld…..

Ons stap oor die rand opsoek na die trop se stof. Daar le sy, morsdood vrek. Die eersteskoot was perfek. Hart en longe geslaan. Die Barnes 270gr TSX teen 2540fps het los deur die bok gesing. Die tweede skoot het die brisket net geraak en die 3de skoot het die maag geslaan. Met eens herleef ek alles. Ek moes na die eerste skoot stil gesit het en die boek kans gegee het om te gaan le en vrek. Toe raak ek opgewonde en verander ‘n eenskoot jag in 4 skote mini oorlog. Ek erken en besef weereens BWB is een van my gunsteling jagte. Jy raak benoud voor en tydens die jag. Arm-man se buffel doen sy naam gestand. Toe sy later geslag word sien ons die eersteskoot was goed en gelukkig het die ander twee skote net sagte weefsel gevang en niks vleis skade gemaak nie.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%2015_zpsopkcmzvm.jpg

My BWB koei die eerste skoot kan duidelik gesien word.

Die res van die dag het ek myself toegespits op Eland jag. Ons het lekker ver geloop agter hulle aan, maar ongelukkig het die wind tweekeer opgekom en gedraai en ons posisie wegegee. My laaste oomblik was om te sien hoe hulle oor ‘n koppie en toe in die vlak verdwyn. EK het op die hoogte gesit met die son en wind in my gesig en besef dit is genoeg vir eendag.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%2012_zpsughldizd.jpg

Die elande verdwyn in die vlakte onder ons.
Die res van die jag geselskap skiet ‘n Eland, 2 hartebeeste en ‘n BWB.

Dag twee.

Ons is teen 07:00 by die plaas se hek. Vandag is ons nie so moeg soos gister nie en on sweet bietjie meer van die kondisie waar ons jag. EK wil bitter graag my Eland mooi skoon skiet. EK is gefokus en het sommer net vining die oggend ‘n skoot op ‘n teiken geskiet om te sien waar skiet my .375. Perfek, geen verskonings van my kant af nie. Ek jag vandag weer op die berg van die plaas. Ons is te voet agter die bokke aan, maar moet pasop om nie te naby aan die dam se wall te skiet nie, daar dra jy jouself dood om die bokken aby ‘n pad te kry. EK en my jong gids wag met die wind van voor vir die bokke om nader aan ons te wei. Ons besef die wind draai weer soos die vorige dag elke nou en dan. Ons beweeg soos klispringers aan die sykant van die bokke in. EK sien ‘n kromhoring koei. Net waarvan ek hou. Die bokke kom nader en ek besluit om te gaan le agter my roer plat op die grond. Bipod oii stewig op ‘n klip. Die bokke beweeg nog en ek kan nie skiet nie. Toe die koei soos in my drome besluit om al die bokke verby te gaan en heelvoor aan die trop tot stilstand te kom. My gids wou nog die afstand vir my gee toe tike k die sneller. Die bok se rug trek krom en sy hol weg. Na 100m ploeg sy neer. Teen die tyd da tons by haar kom is sy dood. My skoot se lyn is reg, maar so bietjie hoog. Die bok is baie mooi. Uiteiendelik gebruik ek my .375 op ‘n Eland. Afstand was 142m en die Barnes koeel het weereens deur die bok gefluit.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%20201513_zpsfiobn0ua.jpg

My krom horing Eland koei. Die bokke in die area is redelik lig en sy slag maar 160kg uit.
Ons laai die bok en gaan terug na die slaghuis. Ek ry op die bakkie rond na middag en wil nie rerig my Hartebees met my .375 skiet nie, maar mens vat mos maar die anse wat die veld jou gee. Ons is agter ‘n trop aan te voet, maar hulle is vreeslik senuwee agtig en ons kom nie naby genoeg nie. Ons prober later weer om nader aan ‘n trop met ‘n mooi groot ou koeie te kom. Ons kom op so 298m op ‘n walletjie wat my een helse lekker le posisie gee om te skiet. Die bokke staan plankdwars en ek voel rustig. EK weet die 270gr Barnes sal sy werk doen net agter die blad, die eland en BWB kan getuig. EK kompenseer baie vir die afstand en sit die krishaar op die skof van dei Hartebees. Die skoot klap. Sy maak haar rug krom, maar haar voorbene wil nie, na 80m ploeg sy neer. Dit is my eerste Hartebees wat ek skiet. Van te vore het ek nog net ander mense se kwesbokke dood geskiet. Sy is in goeie kondisie en die skoot perfek deur die hart. Haar linker voorbeen het ‘n baie ou merk op waar sy van tevore gewkes is en die wond genees het.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%2014_zpsjdyioj94.jpg

My Hartebees koeie. 58kg uitgeslag. Dit is die uitgangs wond van die 270gr Barnes TSX.

To be continued.....
Last edited by tau on Mon Aug 17, 2015 10:31 am, edited 2 times in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by Geno »

Lekker John!
Mooi geskiet, en lekker vertel!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by henried »

Geluk, mooi geskiet.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by PWV »

Tau
Lekker storie en lekker om te lees!
Skat jy het goeie punte op skool gekry vir skryfwerk.
Stem net nie saam met die "beste geweer wat ooit gemaak is", nie! :)
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by Chevvy SS »

Lekker tau!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by Gawie(13mm) »

Jy skiet en skryf nie te vrot vir 'n man wat nie kan spel nie. ;D

Baie geluk maat. Ek is no sommer ++>:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by tau »

Gawie(13mm) wrote:Jy skiet en skryf nie te vrot vir 'n man wat nie kan spel nie. ;D

Baie geluk maat. Ek is no sommer ++>:
Kyk ek het nou al seker 10 keer ge-edit vir spelfoute :laugh: :laugh: :laugh: Die aandag afleibaarheids probleem help nie baie vir iemand wat skryf nie. Sin konstruksies vlieg ook sommer die ruit uit. Veral as ek opgewonde raak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by OupaZA »

Dankie vir die storie, leka gelees en mooi geskiet!
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by tau »

Die Saterdag oggend was vir my half vreemd. EK het al my bokke geskiet op die jag, maar met 'n ekstra dag in die veld het ek tog besluit om die budget maar aan te jaag. EK het my getrou Steyr 6.5x57 geneem in op die voet van 'n koppe gaan sit. Die plan was om maar te wag vir Springbok oooitjies om verby te kom gedurende die dag. EK skiet genoeg Springbokke deur die jaar, maar dit is steeds lekker vir my om hulle te jag.

Ek het net voor midddag ete my eertsekans gekry op 'n ooitjie op 230m en kon haar met 'n mooi kopskoot plattrek. Die res van die trop het wegbeweeg en op so 400m begin wei. Die eienaar wil nie he mens moet ver skiet nie, so ek het gewag om te kyk of die bokkie nie wou nader kom nie. Intussen het my bipod se swivel uit die kolf getrek en ek het maar tydelik stelling ingeneem oor so paar klippe. My gids het die meters afgetel soos die bokke nader gekom het. Die trop het uit 5 bokke bestaan 1 standaard Springbok ooi, 1 wit ooi en 2 swart rammetjies. Toe sy op 301m was my SF gestel, 4 clcks op vir drop en my le plekkie op die klippe perfek. Toe die springbok op 300m kom laat sak sy haar kop em te vreet en dit was die perfekte oomblik en die 6.5x 57 het saamgestem en ek kon die bok reg boop die kop skiet. Sy het in haar spore geval. Ek het net daar besluit ek is klaar gejag. Toe ons by haar kom besef ek eers dit is 'n split Springbok. Ongelukig is die skedel relatief flenters, maar ek het die kuip gevat so miskien gebruik ek dit later op ander horings.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%207_zpsffa9ypsl.jpg

My twee springbokkies

Van die ander manne het ook lekker gejag.

Stefl se Hartebees en BWB
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%209_zpsab1lnxpz.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%203_zpsu66vskju.jpg

En dan vam die andermanne se bokke.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%208_zpsqoupiiha.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%202_zpsdsnxggb8.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok%202015%206_zpsjii3qcma.jpg

ONs het aan die einde
2 x Eland
5 x BWB
3 x Hartebeeste
3 x Springbokke geskiet

Karoo Biltong jag en Noordkaap beroepjagskool is albei Mynhard Herholdt se besighede. Die jong Gidse was baie goed en die blyplek belaglik netjies, ingerig en mooi. Ek kan werklikwaar vir hulle 10/10 gee vir die hele opset. Die veld is bietjie oop vir stapjag as jy getalle wil afhaal. Ons het soms bietjie met die bakkies bokke gesoek en dan van die voet gejag. Soms het dit 'n langstap geraak, en anderkere makliker en voel jy so bietjie soos 'n kortpad jagter.



Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by ruaanb »

Nou het ek lekker gelees dankie geluk met 'n lekker jag.
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by StefL »

Tau, altyd lekker om saam te jag en die storie na die tyd te lees!
Een ding wat ek nie van hou nie is as ek die storie lees wil ek weer daar wees en ek weet ek kan nie!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: Amok Bokke - Panorama Penarie 2015-

Post by StefL »

Lekker saam gekuier
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
Post Reply